Sonsverduistering Flashcards

'n Ontleding van die gedig "Sonsverduistering" deur PJ Philander

1
Q

Van watter tegniek maak die spreker in die eerste kwatryn gebruik om die stadige, ononderbroke beweging van die maan te beklemtoon?

A

Die lang klake, soos in “Langsamerhand geruisteloo skuif…”
Ook die enambemente: al die reels moet sonder onderbreking gelees word
Trouens, die hele oktaaf bestaan uit een sin.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Hoe kry die digter dit reg om in die eerste kwatryn die son en skadu direk in kontras met mekaar te plaas?

A

Die eerste sinsdeel eindig met die woord “son” (uitsteltegniek)
Die klem val op die “vlek” (in die rymposisie) en op die woorde “dreigend swart”.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Wat is die funksie van die kommas in versreel 5?

A

Die woord “swygsaam” word ingesluit deur kommas. Die effense pouse veroorsaak deur die kommas beklemtoon of hef die woord uit.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Waarom sou die donkies die kortste pad huis toe kies?

A

Die donkies is haastig en vrees die donker.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Wat is die funksie van die punt aan die einde van versreel 8?

A

Met die punt word die lang sin in die oktaaf beeindig. Dit sluit die natuurbeskrywing af.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Watter woord in die eerste tersine simboliseer sonde?

A

“skaduwee”

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Die hele gedig is aanmekaar geskryf, maar tog word daar van die strofes gepraat. Wat onderskei die strofes van mekaar en hoe is al die strofes saamgestel?

A

Die rymskema skei die strofes:

Eerste kwatryn: abab
Tweede kwatryn: cbbc
Eerste tersine: efg
Tweede tersine: efg

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Verduidelik in hoe ‘n mate die inhoud van die eerste kwatryn aansluit by die inhoud van die eerste tersine en die tweede kwatryn se inhoud aansluit by die inhoud van die tweede tersine.

A

Eerste kwatryn: Donkerte of skemerte as gevolg van die sonsverduistering.
Eerste tersine: Figuurlike donkerte oor die aarde as gevolg van die sonde.
Tweede kwatryn: Die skape en donkies haas hul na veiligheid.
Tweede tersiene: Ons as mense besef nie ons moet betyds “Huiswaarts”, dit wil se God, terugkeer nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Watter kontraste kry ons in hierdie gedig?

A

Son teenoor duister
donker teenoor lig
diere teenoor mense
instink teenoor rede

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Waarom kan ons se dat versreel 9 wending in die gedig meebring?

A

Dit is die wending of volta, tipies van ‘n Italiaanse sonnet. Van hierdie reel af begin die toepassing van die natuurbeskrywing in die oktaaf.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Watter woord in die laaste tersine betrek die leser by die toepassing dat hy homself ook daarin raaksien?

A

“ons”

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Noem twee verskille tussen die donkies en die skape.

A

Donkies: Hulle maak nie ‘n geluid nie; hulle gaan vinnig stal toe
Skape: Hulle bler, hulle gaan na die kraal

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Verduidelik wat “‘n streep donkies” impliseer

A

Hulle loop in ‘n ry agter mekaar.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Kan hierdie gedig as universeel beskou word? Verduidelik.

A

Die gedig se tema kan gesien word as universeel vir Christene wat glo dat ‘n mens jou betyds moet bekeer voor die oordeelsdag.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Gee ‘n samevatting van die beskrywing in die oktaaf.

A

Die verduistering van die son is besig om geleidelik plaas te vind en die skielike donkerte lei daartoe dat die skape en die donkies instinktief na die veiligheid van die kraal en die stal terugkeer.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Wat word in reels 9 tot 11 beskryf?

A

Alle mense op aarde verkeer in ‘n figuurlike skaduwee of donkerte.

17
Q

Wat word in reels 12 tot 14 beksryf?

A

Anders as die diere, besef die mense nie dat hulle ook, in die duisternis, na hul veilige tuiste moet terugkeer nie.
OF: Ons as mense besef nie ons moet, net soos die diere, betyds “Huiswaarts”, dit wil se, na God terugkeer nie.

18
Q

Bespreek die Titel

A

Die titel bestaan uit twee dele wat in kontras met mekaar staan: son teenoor duister of verduistering.
Dit is dus ‘n voorbeeld van ‘n teenstelling of antitese: son teenoor duister of verduistering. lig teenoor donker
En dit is ook simbolies: die lewe teenoor die dood. God teenoor die bose, of ‘n lewe sonder God. Die woord “verduistering” dui aan dat dit ‘n proses is wat besig is om plaas te vind. Dit impliseer ook dat die duister besig is om oor te neem; dit begin oorheers.

19
Q

Hoe skakel die titel met die eerste kwatryn?

A

In die eerste kwatryn word beskryf hoe die sonse lig stadig, geluidloos, verminder. Dit loop op tot by ‘n klimaks of hoogtepunt in reel 3 in die woorde “dreigend swart”.

20
Q

Lees die oktaaf hardop deur. Watter klanke is oorheersend en watter stemming of atmosfeer word daardeur geskep?

A

Die lang vokale: die aa-, ui-, oo- en ee-klanke word gehoor.
Hierdie assonansie, soos in “geruisloos skuif” en in “oorhaastig stalwaarts” lei daartoe dat die woorde stadig gelees word. Dit help om ‘n rustige atmosfeer te skep.

21
Q

Watter vorm van beeldspraak is:

A

k