Gedig: Kwatryne Flashcards
Skryf 3 aanhalings uit die kwatryn neer wat aandui dat die spreker geduldig moet wees.
“lank reeds gegrimeer”
“wag”
“oplaas”
Waarvoor wag die ek-spreker? Verklaar.
Hy wag om sy rol te gaan vertolk, dit wil sê om sy roeping uit te leef, om dit waarvoor hy bestem is, te doen.
Waarom is fermeler woorde, soos “aanskou”, “oplaas” en “vertolk” gepas in die kwatryn?
Die Skepper word aangespreek en formeler taalgebruik is dus gepas.
Skryf 4 opeenvolgende woorde neer wat op die Skepper se magsposisie dui.
“dat u my toelaat”
Waarom is dit sinvol dat die spreker in die eerste persoon praat?
Die mens se belewing as die individu kom so meer oortuigend voor.
Waarom skryf die digter die “O” ook met ‘n hoofletter?
Taalkundig moet die ‘n klein lettertjie wees, maar dit beklemtoon die Skepper, die Regisseur, se grootheid verder.
Hoe weet jy die die “U” in beheer ook in die kwatryn op God dui?
Dit is ‘n hoofletter
Waarop sou die volgende handelinge kon dui:
dat die décor afgehaal en dat die kostuums uitgetrek word?
‘n Toneel, speelvlak, rol, ‘n lewe
is voltooi
Skryf 2 redes neer as bewyse dat die spreker twyfel oor die beloning vir die mens se moeisame lewe.
Die voegwoord “As” dui op die moontlikheid van uiteindelike applous, maar dit impliseer ook onsekerheid hieroor. Die spreker vra ook die Regisseur of die spelers vir hul moeite en geduld betaal gaan word. Dus is hy nie seker daaroor nie.
Watter religieuse verwysing kan aan “die laaste maal” gekoppel word?
Die Laaste Avondmaal deur Leonardo da Vinci, die skildery van die laaste maaltyd van Jesus saam met sy dissipels.
Waarop sou die “applous… vir die laaste maal” kon dui?
die einde, die dood
Haal 5 woorde uit die toneelwêreld aan
klug akteur reëls skerms souffleur
Watter stylfiguur word in die eerste reël van Kwatryn 12 gevind?
Inversie
“soms” behoort laaste te staan
Waarom is dit “heel onverwags” dat ‘n akteur soms sy woorde vergeet?
Akteurs leer altyd hul woorde baie goed en oefen dit in.
Haal ‘n woord aan wat aandui dat dat sy konsentrasie verbreek is.
“versteur”
Hoe weet ons dat die akteur beangs en paniekbevange is?
Hy loer “links en regs” na die coulisses.
Hy weet skielik nie waar die souffleur is wat hom moet help nie.
Watter woord dui die wending aan?
Maar
Wat is ‘n akteur se emosionele toestand as hy sy woorde vergeet?
Hy verbreek of bederf die toneelspel en is natuurlik ontstig, ontsteld en verleë.
Skryf een woord neer wat daarop dui dat ‘n mens nie alles in jou lewe vooruit kan beplan nie, want die lewe is onvoorspelbaar.
“onverwags”
Wat is die dieper betekenis van “hierdie klug”?
Dit is die lewe.
In watter opsig verskil die lewe van ‘n toneelspel?
In die lewe is jy op jouself aangewese, daar is nie iemand wat altyd gereed staan om vir jou voor te sê wat jy moet sê of doen nie.
Die “reëls” wat die akteur moes geken het, kan verwys na die norme en beginsels waarvolgens ‘n mens behoort te lewe.
Hoe sluit hierdie kwatryn aan by die bundel van “Die Verlate Tuin”?
Die kerntema, naamlik die verlore Paradys en die eensame mens wat graag na sy vroeëre geluk wil terugkeer, word hier aangeraak. Die eensame akteur besef dat hy nie op ‘n souffleur vir onderskraging kan staatmaak nie. Uiteindelik is die mens maar ‘n enkeling met sy eie eensame begeerte na geluk.
“Ofskoon die saal se ligte nie meer brand”
Skryf ‘n ander woord neer vir “ofskoon”
hoewel of alhoewel
Wat impliseer dit dat die saal “se ligte nie meer brand”?
Die vertoning moet begin: die kollig is nou op die akteurs.
Of as dit verwys na al die ligte, beteken dit die opvoering is verby, en op ‘n dieper vlak, so ook die lewe.
Wie is die “menigeen” “aan die verhoog se kant”?
Die akteurs of die mense.
Waar is die wending in dié kwatryn?
Na die dubbelpunt.
Wat is die mens se kernvraag?
Is ek van belang?
Die mens wonder ook of hy in beheer van sake is of word sy lewe deur ander, groter magte beheer sodat hy soos ‘n blote pion in ‘n skaakspel is.
Wat is tipies van die derde, rymlose reël?
Dit vloei as ‘n enjambement oor in die slotreël.