Gedig: Gebed om leiding Flashcards
Watter stemming verwag jy in die gedig wanneer jy die titel lees?
‘n Stemming van eerbied
Dit is immer ‘n gebed waarin die leiding van God afgesmeek word.
Wat vind jy vreemd aan die onderskrif van die gedig as jy dit saam die titel lees?
‘n Mens raak bewus van die digter se stem in die onderskrif, terwyl die spreker in die gedig ‘n predikant is en die inhoud van die gedig die inhoud van sy gebet bevat. Die digter vergoelik die inhoud van die gedig in die onderskrif deur te sê dat dit nie ‘n aanval op “enige spesifieke gemeente” is nie.
Watter elemente van die gebed kom voor in die gedig?
Die Here word aangespreek
Watter elemente in die gedig is vreemd aan ‘n gebed?
Die spreker stel homself amper aan die Here voor in sy gebed en wel as iemand wat spog met sy eie belangrikheid.
Sy onbeskeidenheid, verwaandheid en vals trots is “vreemd” aan die taal van gebed.
Wie is die spreker in die gedig?
‘n Predikant
Waarom is hy gelukkig in sy huidige gemeente?
Hy ontvang baie seën op sy werk in die vorm van materiële voordele.
Wat is die funksie van die dubbelpunt in versreël 3?
Na die dubbelpunt noem hy “seëninge” op sy werk.
Op watter manier manipuleer die spreker die seëninge wat hy ontvang?
Hy besoek slegs “geselekteerde testamente”, met ander woorde hy doen slegs huisbesoek by diegene wat die kerk in hul testamente begunstig.
Watter ironie kom voor in die eerste strofe?
‘n Mens verwag dat die seën waarvoor ‘n predikant dankbaar sal wees die seën sal wees van siele wat vir die Koninkryk gered is, maar hierdie predikant tel as sy “seëninge” die duisende rande wat in die kerk se fond inbetaal word deur welgestelde lidmate.
Watter rol speel die rym in hierdie ironie?
Die rymwoorde “werk” en “versterk” lig die ironie uit deur dat die werk van die predikant nie die lidmate se geestelike lewe versterk nie, maar die beursie van die kerk.
Watter vorm van beeldspraak kom voor in “geselekteerde testamente”?
Metonimia
Waarom is die gebruik van Metonimia funksioneel?
Dit ontmenslik die gemeentelede tot voorwerpe wat slegs belang het as gewers van geldelike bydraes en dit beeld die gebrek aan ware liefde en medemenslikheid van die predikant uit.
Wat is die funksie van die dubbelpunt in versreël 6?
Na die dubbelpunt noem die spreker hoe die lidmate vir hulle sorg.
Wat is die funksie van die aandagstreep in versreël 8?
Die aandagstreep vestig die aandag op die verklaring van wat die “goeie dade” behels.
Watter stylfiguur kom voor in versreël 7?
Oordrywing/hiperbool
Wat is die funksie van die oordrywing?
Dit beklemtoon die onnodige oordaad van geskenke wat in meer as die behoeftes van die predikant en sy gesin voorsien.
Wat is die funksie van die enjambement in versreël 7?
Die oorloop van die een reël na die volgende suggereer die “oorvol” vrieskaste.
Wat maak rooiwyn wat “sewe jaar gerus het” so ‘n teken van “goeie dade”?
Goeie rooiwyn moet verouder sodat die karakter daarvan tot sy volle reg kan kom. Hier word dus beklemtoon dat die geskenke nie onbeduidend is nie.
Hoekom gebruik die spreker die woord “gerus”, eerder as die meer gebruiklike “gelë” vir die rooiwyn?
Dit hang saam met sy bombasme en breedsprakigheid en sluit aan by die verwysing na “sewe” - op die sewende dag na die skepping het God gerus.
Watter ironie kom voor in die tweede strofe?
Die “goeie dade” en “genade” verwys na kos en drank wat die predikant ontvang, nie na die Christelike gawes wat hy as bediener van die Goddelike Woord moet uitdeel en verkondig nie.
Watter argument voer die spreker in die derde strofe aan om die Here te oortuig waarom hy op Stellenbosch behoort te bly?
Sy kinders moet universiteit toe gaan en dit is gerieflike as hulle sommer uit die huis uit kan studeer aangesien die koshuise duur en vol is.
Waana verwys die “goue gans” in reël 14 metafories?
Dit verwys na die inkomste van die sewe studente wat by hulle pastorie kamers huur.
Wat is ironies aan die gebruik van die “goue gans” metafoor?
Dit is ‘n metafoor met ‘n materialistiese assosiasie - dit spreek van gierigheid en hebsug (sien die sprokie), eienskappe wat nie pas by ‘n Christelike lewensbeskouing nie en dus veral nie by ‘n predikant nie.
Dink jy die feit dat die spreker in die eerste tennisspan speel en dat hulle al drie jaar na mekaar wen, ‘n goeie motivering is vir die Here om sy beroep in heroorweging te neem?
Nee,
‘n Goeie tennisspeler per se het niks te doen met die verkondiging van Gods Woord nie. En indien die predikant sy tennis sou gebruik om te getuig, sou die wenmotief van geen belang gewees het nie.