Gedigte: Die huis luister Flashcards

1
Q

Verduidelik wie die spreker en die aangesprokende is.

A

‘n Huis is aan die woord en praat met die bewoners daarvan.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Bespreek hoe die beeldspraak in die titel in die gedig self voortgesit word.

A

Die personifikasie van die huis wat “luister” in die titel, raak duidelik wanner die huis in strofe 1 met ‘n “binne-oor” vergelyk word en beskryf hoe hy “hoor” hoe die bewoners stry en baklei. Die uitgebreide metafoor word in strofe 2 voortgesit wanner die huis die mense aanspreek met “luister”, en verduidelik hoe hulle konflik hom struktureel vernietig
Die personifikasie en metafoor in “elke nag se oorskulp” in die slotversreel rond die uitgebreide metafoor en die gedig netjies af.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Bespreek 2 redes waarom “roesemoes” ‘n doeltreffende woordkeuse is.

A

Dit sluit aan by die chaotiese en negatiewe interaksie tussen die mense.
Die woorddeel “roes” in “roesemoes” sluit aan by die huis se venterrame, wat agv die mense se trane “roes” (strofe 2), dws die negatiewe uitwerking wat die mense se geroesemoes op hul omgewing het.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Verduidelik die betekenis van “skoor/soek met die goor hede” - strofe 1

A

Om skoor te soek beteken om moeilikheid te soek
Goor hede beteken onaangename hede/lewe
Die suggestie is dus dat die mense se onaangename omstandighede tot die konflik tussen hulle bydra, en andersom.
Hulle is dus vasgevang in ‘n bose kringloop.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Lewer kommentaar op die eerste woord in Strofe 2

A

Die woord “luister” maak dit duidelik dat die huis die spreke is wat die huisbewoners aanspreek. Die huis vra dat die mense moet doen wat hulle nie met mekaar doen nie - hulle luister juis nie na mekaar nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Wat is die funksie van die herhaling van die lang aa-klanke in strofe 2?

A

“bewaar… kraak … raak” - beklemtoon die woorde en dien as binding
In “jare se trane laat my rame roes” verbind dit die woorde klankmatig en dra dit by tot ‘n vloeiende ritme.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Evalueer die effek van die woord “eggo’s” - strofe 2

A

Dit beklemtoon die hoeveelheid konflik tussen die mense en die uitwerking daarvan - die gevolge kring veel wyer uit as net hulle onmiddelike bestaan.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Bepreek die funksie vandie v-alliterasie in reel 9.

A

Die v-alliterasie in “te veel vloeke” beklemtoon die woorde en verbind dit klankmatig.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Bepreek die betekenis van die eerste reel van strofe 3.

A

Die konflik tussen die huisbewoners het uiteindelik ‘n destruktiewe invloed op hulle en op hul omstandighede en omgewing - alles verweer saam.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Verduidelik hoe “my dakplate en julle gebede” (strofe 3) by die werkwoorde in die volgende versreel aansluit.

A

“My dakplate en julle gebede” word gevolg deur die werkwoorde “fluister en knal”, wat suggereer dat die dakplate fluister (personifikasie) en die gebede knal (metafoor), wat die beskrywing al hoe treffender maak.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

By watter woorde vroeer in die gedig sluit “oorskulp” in die slotversreel aan?

A

“binne-oor”
“hoor”
“luister”

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Bespreek die beeldspraak in die slotversreel.

A

Die personifikasie in “elke nag se oorskulp” gee aan die nag die eienskap om te kan hoor en dui aan dat die nag die tyd is waneer die gebede en hulproepe gehoor word. Die metafoor in “oorskulp” dui op die skulpvorm van die buitenste deel van die oor. Hierdie metafoor sluit aan by “luister” in die titel en “binne-oor” in reel 1 en rond die uitgebreide metafoor netjies af.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly