Mis Bl.40-bo-aan bl.42 Miem se vierde spreekbeurt Flashcards

1
Q

Stem jy saam met die volgende stelling? Verduidelik. ‘Miem wil om selfsugtige redes hê dat Meisie trou.’ (2)

A

Die stelling is waar. Miem dink eerstens aan die moontlikheid dat Gabriël uit die solder sal afkom wanneer Meisie trou en dat sy hom dus weer sal kan sien.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Waar is Meisie en die konstabel aan die begin van hierdie uittreksel?

A

Hulle is na buite om Gabriël se slopemmer te gaan leegmaak

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Ondersoek en bespreek of Gertie regtig bekommerd daaroor is dat die konstabel en Meisie kan koue vat buite (3)

A
  • Nee, Gertie roep ‘skielik skel en hard’ deur die venster toe Miem na ‘n moontlike huwelik tussen die konstabel en Meisie verwys
  • Sy is nie bekommerd dat die twee kan koue vat nie, maar hou nie van die gedagte dat hulle so lank saam buite is nie
  • Sy is jaloers op die aandag wat Meisie kry
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Die sirkus funksioneer as leitmotiv in Mis. Verduidelik wat leitmotiv is. (2)

A

‘n Leitmotiv is ‘n tekselement wat telkens in die loop van ‘n werk herhaal word sodat dit besondere betekenis het.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Evalueer wat die sirkus vir die volgende karakters verteenwoordig: Meisie (3)

A
  • Vir Meisie is die besoekende sirkus met sy sensuele verleidinge, sensasie en toweragtige draaiorrelklanke die teenvoeter vir haar mis-like aardse bestaan
  • Die sirkus bied die moontlikheid van bevryding uit haar eng, saai bestaan
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Evalueer wat die sirkus vir die volgende karakters verteenwoordig: Miem (3)

A
  • Vir Miem is die sirkus simbool van dekadensie (agteruitgang) en die bose. Slegs mense sonder skaamte besoek die sirkus
  • Meisie mag nie oor die sirkus praat nie, selfs nie daaraan dink nie, want ‘om te dink is om te doen’
  • Die sirkus is dit wat potensieel die moraal van haar dogter kan ondermyn
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Evalueer wat die sirkus vir die volgende karakters verteenwoordig: Gertie (3)

A
  • Gertie het, as oujongnooi, ‘n soortgelyke hunkering as Meisie na die sirkus
  • Dit is ook vir haar ‘n bevrydende ruimte uit haar benouende oujongnooi-bestaan
  • Sy ervaar die sensasionele menslike fratse as opwindend, alhoewel sy dit nooit aan Miem sal erken nie
  • Sy kyk ook onbeskaamd na die perde met die half-geklede vroue, die narre en die dwergie wanneer sy die straat oorsteek
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Identifiseer drie bewyse daarvan in hierdie uittreksel dat Miem ‘n tipiese matriarg is wat haar huishouding met ‘n ysterhand regeer (3)

A
  • Sy berispe eers vir Gertie wanneer sy die konstabel probeer beïndruk met haar oefeninge om warm te word
  • Dan raas sy met Meisie wat met die slopemmer gemors het en beveel haar om dit skoon te maak
  • In dieselfde spreekbeurt berispe sy haar man wat twee dae gewag het om die slopemmer te laat sak
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Lewer kommentaar op Miem se verwysing na die riete langs die riviere (2)

A

Sy bedoel dat die gevaar in die riete skuil, wat onbewustelik aansluit by die konstabel se van, naamlik Van der Riet

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Ontleed die ironie in Miem se woorde in haar laaste spreekbeurt in die uittreksel (2)

A

Dit is ironies wanneer Miem sê dat Meisie veilig by die huis is, want die ‘gevaar’, die konstabel, is saam met hulle daar

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly