Die kwart-voor-sewe-lelie p.9 - eerste 4 reels p.10 Flashcards

1
Q

Watter soort verteller is hier aan die woord? Bespreek die funksionaliteit van hierdie soort vertelling binne Die ‘kwart-voor-sewe-lelie’ en die aangehaalde gedeelte. (4)

A
  • Dit is ‘n EERSTEPERSOONSVERTELLER of EK-VERTELLER. Iris vertel die verhaal uit haar eie gesigshoek
  • Die ek-verteller is die beste soort verteller om IRIS SE EMOSIES en GEVOELENS te beskryf
  • Dit is ‘n goeie keuse vir Die ‘kwart-voor-sewe-lelie’ omdat hierdie roman so pertinent op Iris se gevoels- en verbeeldingswêreld fokus
  • Dit is besonder effektief in die aangehaalde gedeelte omdat dit vir die leser voel of die verteller HAAR EIE GEBOORTE VAN BUITE af beskou
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Hoekom, dink jy, kan die hoofkarakter voel dat haar geboorte nie ‘n belangrike gebeurtenis was nie? (4)

A

Niemand het ‘n ophef van die nuwe baba gemaak nie:

  • die dokter was dadelik na haar eerste skree al weer op pad na die volgende bevalling,
  • haar ma het dadelik aan die slaap geraak,
  • die kraamsuster het gesê dat dit ‘nog ‘n dogter’ was en was haastig om haar te was
  • haar pa was by die kantoor.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

‘Niemand het nog ooit regtig na my geluister nie.’ Watter afleidings maak jy dadelik omtrent die hoofkarakter? (2)

A

Van haar eerste skree af het niemand na haar geluister nie.

Vandag is daar nog steeds niemand wat na haar luister nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

‘Niemand het nog ooit regtig na my geluister nie.’ Hoe word jou afleidings hieruit (omtrent die hoofkarakter) later bevestig deur Iris se susters se reaksie op die nuwe baba? (1)

A

Haar susters was ook nie beïndruk met die nuwe baba nie. Hulle het net die volgende dag kom kuier om Ma te sien en hul leeslesse hardop vir haar te lees.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

‘Dit was volmaan …’. Watter sinistere aktiwiteite en idioom assosieer jy met ‘n volmaan en hoe bring jy dit met die hoofkarakter, Iris, in verband?

A
  • Abnormale gedrag soos wolwe wat in die rigting van die maan tjank
  • Die idioom is: met die maan gepla wees en beteken om effens mallerig of van lotjie getik te wees
  • Iris kan vir ander mense as effens vreemd of selfs mallerig voorkom
  • Verder kan haar gesprek met die Engel as ‘n sinistere aktiwiteit beskou word. (Peter se pa sien dit wel so)
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

‘Omdat Pa nie gerook het nie, kon hy nie soos ‘n karakter in ‘n strokiesprent in die wagkamer op en af loop en die asbak stadig maar seker met stompies vul nie.’ Watter stylfiguur kom hier voor en hoekom is dit funksioneel?

A

Vergelyking. Enersyds sluit die storieboekkarakter aan by die karakters wat Iris in haar verbeeldingswêreld optower. Andersyds is dit funksioneel om die politiek korrekte sosiale konvensie te ironiseer.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Bespreek Pa se afwesigheid by die geboorte as ‘n ironisering van politiek korrekte sosiale konvensies.

A
  • Deesdae is dit nie net die mode nie, maar word ook as sosiaal korrek vir ‘n man beskou om sy vrou elke tree op die bevallingpad by te staan.
  • Die man gaan saam na voorgeboortelike klasse en tydens geboorte staan hy langs sy vrou se bed vir emosionele bystand, om deel te wees van die hele proses en dit op foto’s te verewig.
  • Iris se pa was so sosiaal onkorrek as moontlik: hy was glad nie daar nie - nie eers in die wagkamer nie. Hy was nie emosioneel betrokke nie, maar besig met werk.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Bespreek die volgende stelling: Hier word ook die draak gesteek met die hedendaagse groot klem op omgewingsvriendelikheid.

A
  • Deesdae word daar groot klem geplaas op omgewingsvriendelikheid
  • Ons moet so vriendelik moontlik teenoor ons omgewing wees deur dit so skoon en mooi moontlik te hou
  • Iris is, nes ander babas, in die uiterste omgewingsvriendelikheid gebore.
  • Vgl. die skerp lig wat haar oë seergemaak het, die wurgende ervaring en mens kan jou die bloed, slym, ens. voorstel.
  • Omgewingsvriendelikheid is dus nie altyd moontlik nie
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

‘Dié keer is dit ‘n donker enetjie’. Ontleed die verskillende betekenisse van ‘donker’ soos dit hier gebruik word.

A

Die baba het bruin of swart hare en miskien ‘n olyfkleurige vel gehad, maar ‘donker’ kan ook ‘duister’ of ‘onverstaanbaar’ beteken. Daar is die suggestie van ‘n gekompliseerdheid of onverstaanbaarheid t.o.v. haar karakter.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly