Mis - Bl.32-33 Miem se vyfde spreekbeurt Flashcards
Gabriël is die naam van een van die aartsengele wat as ‘n bode van God en ook as bewaker van die Paradys beskou word. Bepaal of dit enigsins insiggewend is dat Miem se man se naam Gabriël is. (2)
Ja, want Gabriël in die solder is, soos ‘n engel, letterlik verhewe bo sy gesin. Miem sien hom ook as ‘n bewaker en glo hy sal hulle beskerm indien dit nodig sou raak.
Evalueer of Miem se indruk van Gabriël as persoon akkuraat is (4)
- Sy romantiseer Gabriël deur hom as ‘n idee, sagmoedige, edele man te beskou wat net ‘n ‘bietjie swartgallig’ is
- Gabriël kan eerder as ‘n ongebalanseerde swakkeling beskou word
- Dit gaan heel moontlik teen haar Calvinistiese grein om haar man, wat veronderstel is om haar meerdere te wees, in ‘n negatiewe lig te beskou.
Wanneer die konstabel hoor dat Gabriël permanent in die solder bly, is hy baie geïnteresseerd daarin of daar ‘n solderdeur na buite is. Hoe reageer Miem op sy vrae? (2)
Sy dink die konstabel verdink haar man van die meisies se verdwyning en sy vra hom ontsteld om die huis te verlaat
Wanneer die konstabel hoor dat Gabriël permanent in die solder bly, is hy baie geïnteresseerd daarin of daar ‘n solderdeur na buite is. Hoe verduidelik die konstabel sy belangstelling wanneer hy sien hoe Miem reageer? (2)
Hy sê dat hy werklik bekommerd oor hulle veiligheid is en bang is dat iemand dalk die solderdeur kan oopbreek, vir Gabriël oorrompel en hulle dan aanval.
Wanneer die konstabel hoor dat Gabriël permanent in die solder bly, is hy baie geïnteresseerd daarin of daar ‘n solderdeur na buite is. Verklaar die redes waarom die konstabel so geïnteresseerd is daarin of daar ‘n deur na buite is of nie. (2)
Hy wil seker maak dis veilig om sy plan uit te voer om Meisie saam met hom weg te neem.
Identifiseer en bespreek die funksie van die ironie in die vroue se versoek dat die konstabel daar moet bly
Geeneen besef dat die konstabel die een is wat verantw. vir die vorige verdwynings was en dat Meisie die derde verdwyning gaan wees nie.
In hierdie uittreksel steek Meisie haar vinger vir die derde maal in die drama raak. Watter sprokieskarakter se vinger is ook met ‘n naald geprik? (1)
Sneeuwitjie se ma
In hierdie uittreksel steek Meisie haar vinger vir die derde maal in die drama raak. Identifiseer twee ander ooreenkomste tussen Meisie en die sprokieskarakter wie se vinger ook geprik was (2)
Soos sneeuwitjie, is Meisie bleek en wag op ‘n prinsbevryder
In hierdie uittreksel steek Meisie haar vinger vir die derde maal in die drama raak. Hoekom dink jy, weier Meisie om ‘n vingerhoed te dra? (2)
- Miskien is dit die enigste terrein waar sy haar ma kan teenstaan en haar eie wil kan laat geld
- Miskien wil sy haarself blootstel aan moontlike seerkry
In hierdie uittreksel steek Meisie haar vinger vir die derde maal in die drama raak. Evalueer of dit van enige betekenis is dat Meisie haarself drie maal raaksteek. Verduidelik. (3)
- Drie is die magiese getal - die getal wat die wonder kan laat gebeur
- Die wonder van Meisie se bevryding vind inderdaad op die betrokke aand plaas
- Die gebruik van drie versterk ook die sprokieskarakter van die drama
Ontleed en bespreek die funksie van die manier waarop die verwysings na ‘sien’ in hierdie uittreksel by die res van die drama aansluit. (3)
- Die konstabel gee voor dat hy nie kan sien nie, hoewel hy inderdaad kan sien
- Hy ‘sien’ ook ander mense se blindheid vir hulle breër omstandighede raak
- Die ander karakters, veral Miem en Gertie, glo hulle sien die bose raak, maar intussen is hulle siende blind en is heeltemal onbewus daarvan dat die ‘bose’ in hulle midde is