Gedig - Last grave at dimbaza Flashcards

1
Q

Lewer kortliks kommentaar op die titel

A

Die titel verwys na die Britse dokumentêr oor die trekarbeidstelsel en gedwonge verskuiwings, en vermoedelik na Beauty Douglas se graf

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Bespreek die kontras in strofe 1

A

Die koue winternag (en die mense se moeilike lewensomstandighede) vorm ‘n kontras met die warmte waarmee die babadogter in die wêreld verwelkom word.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Wat is die funksie van die alliterasie in reël 4?

A

Die k-alliterasie in ‘koerante kaal klip’ beklemtoon die koue en die mense se armoedige omstandighede.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Verduidelik die betekenis van reël 5 en 6.

A

Die woorde ‘nuuskierige hande’ skep die indruk dat mense kom help het met die geboorte, maar dat sommige dalk net uit nuuskierigheid gekom het. Die ‘tien ander gesiggies’ dui moontlik op tien ander kinders in die huis - dalk omdat verskeie gesinne saam in een huis gewoon het.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Watter drie tegnieke word in reël 7 ingespan om die ma se vreugde oor haar baba te beklemtoon?

A
  • Die gebruik van die uitroep (‘a’),
  • die a-assonansie (‘a… oplaas’) en
  • die herhaling van “‘n dogter” beklemtoon die ma se vreugde oor haar baba.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Verduidelik kortliks na watter briewe in die gedig verwys word en wat elkeen se doel was.

A

Brief 1: Die ma se brief aan die pa om hom van die geboorte van hulle babadogter in te lig,
Brief 2: Die pa se brief aan sy vrou in reaksie op die nuus oor die baba
Brief 3: Die brief aan die pa met die nuus van die baba se dood.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Ontleed die woorde ‘ek het beeste gebaar’ (reël 16).

A

Dit is ‘n metafoor en ‘n idiomatiese manier om na die geboorte van ‘n dogter te verwys - wanneer die dogter eendag trou, sal die bruidegom se familie die bruidsprys met beeste betaal.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Watter twee moontlike betekenisse kan aan ‘die mielies klaar’ (reël 18) geheg word?

A

Die mielies is gedaan (wat by die vrou se armoedige omstandighede sal aansluit).
Of: Die mielies is klaar geplant (wat by die vrou se lewenswyse sal aansluit).

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Bespreek die doeltreffendheid van reël 20 en 21.

A

Die feit dat die man se hart tussen kliplae ‘oopgeskiet’ en toe na bo ‘opgeskiet’ en ‘oopgevou’ het, is ‘n geslaagde metafoor wat aansluit by sy werk diep onder die grond in myne waar klippe met dinamiet losgeskiet word. Die man se borrelende vreugde kry dan uiting in die brief wat hy huis toe skryf.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Lewer kommentaar op die feit dat die pa sy brief per lugpos eerder as per landpos gestuur het.

A

Dit wys hoeveel hy vir sy nuwe dogter en sy vrou omgee, want hy wil hê die brief moet hulle so gou moontlik bereik. Alhoewel hy arm is, is hy bereid om ekstra te betaal om die brief gouer by sy bestemming te kry.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Wat sê die woordkeuse van ‘teruggevind’ (reël 33) vir ons?

A

Die brief het moeilik by hom uitgekom

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Bespreek wat daartoe bydra om die gedig se slot so treffend te maak.

A

Die skerp kontras tussen ‘was born’ en ‘died’ en die direkte manier waarop ‘she died’ gestel word, maak dit besonder treffend.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly