Die kwart-voor-sewe-lelie onderaan p.96- middel p. 99 vanaf 'Peter was nie in die portaal nie...' Flashcards
Hoekom was Peter nie daar met haar aankoms nie?
‘n Vreeslike sneeustorm het hulle getref, die lughawe is gesluit, die paaie was onbegaanbaar en die treine het nie geloop nie.
Vergelyk Iris se aankoms by die hotel met die herontmoeting wat sy haar voorgestel het.
- Sy het haar ‘n romantiese herontmoeting voorgestel, wat dit allesbehalwe was. Niemand het die deur oopgegooi en haar naam geroep nie,
- Peter was nie daar om haar te omhels en met ope arms te verwelkom nie; daar was nie eers ‘n boodskap nie.
- Die ontvangsklerk was stug.
- Die hotelkamer was leeg en gemeubileer in hotelkleure
- Daar was slegs twee enkelbedjies en die meubels was funksioneel en afgeleef - glad nie ‘n romantiese toneel nie.
Haal ‘n woord uit die stuk aan om haar gemoedstoestand te beskryf
Neerslagtig
Watter rol speel die ruimte (in die aangehaalde gedeelte)?
Die ruimte skep ‘n bepaalde stemming en beïnvloed die hoofkarakter se gemoed. Die hotelkamer is funksioneel gemeubileer en toon tekens van verwaarlosing (die kassies se lak is afgekrap en die Gideonsbybel het varkore). Dit is allesbehalwe ‘n romantiese atmosfeer wat geskep word.
Gee ‘n sinoniem vir ‘stug’ (p.96)
Onvriendelike, onbuigsame
Hoe tree Iris later pure Pollyanna op teenoor die norse hotelklerk?
Sy probeer sy norsheid positief verander deur voor te stel dat hy vriendeliker is met die hotelgaste.
Watter stylfiguur is die volgende: ‘Ek was omring van verligte stalagmiete waarvan die hoogste, skerp punte in die wolke verdwyn nie’ (p.98)
Metafoor
Watter stylfiguur is die volgende: ‘Dit was soos ‘n kraalmuur om my relatief lae hotel’ (p.98)
Vergelyking
Watter stylfiguur is die volgende: ‘Ek het my naam genoem en sy aangebode hand geskud. (Stel moordenaars hulle so formeel aan hul slagoffers voor?)’ (p.99)
Ironie
Hoe gryp die Engel in tydens haar ontmoeting met Joe?
Iris was agterdogtig, maar die Engel sê dat sy nie alle mense moet wantrou nie.