Gedig: Die Skedel Lag al Huil die Gesig Flashcards

1
Q

Van watter finaliteit kan die spreker nie wegskram nie?

A

Die dood

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Watter woord dui aan dat sy nie weet wanneer sy sal sterf nie?

A

Eendag

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Met watter gesindheid sal sy eendag die dood tegemoet gaan?

A
  • Uitdagend, sy sal dit trotseer
  • Met ‘n laggende skedel.
  • Met ‘n wrange soort sin vir humor.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Watter verband is daar tussen “laggende skedel”, “sin vir humor”, en “mevrou Ples” in reels 2, 3 en 4?

A

‘n Grynslag

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Hoe sal jy nou die “laggende skedel” se lag beskryf?

A

‘n Grimlag
Spotlag
Hoonlag

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Waarvan word die skedel ‘n simbool?

A

Dood
Verganklikheid
Sterflikheid

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Waarom sal die spreker nie, soos mevrou Ples en die bloubok eendag na haar dood in ‘n museum se glaskas uitgestal word nie?

A

Hulle was albei iets besonders: mevrou Ples is ‘n unieke vonds en die bloubok het reeds uitgesterf.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Wat bedoel sy met haar uitspraak in reël 7; “ ‘n Seldsame dier is die mens nou nie juis”?

A

Die mens is nie iets besonders of die moeite werd om te bewaar en uit te stal nie, want hy is nie ‘n skaars genoeg spesie nie. Daar is juis te veel mense op aarde.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Die voegwoord “Tog” skep, net soos “nietemin” of “nogtans” sekere verwagtinge. Bespreek hierdie stelling deur na reël 8 te verwys.

A

Nadat sy verklaar het dat die mens niks besonders of seldsaam is nie, wil sy daarop wys dat die mens baie slim is - anders as ‘n dier of mevrou Ples.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Benoem die beelspraak in reël 8 en 9: “ons met ons innerlike uurwerkvernuf”.

A

Metafoor

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Wat word met hierdie beeld bedoel?

A

Die mens het ‘n innerlike besef van tyd
Die mens werk ddeur tyd aangejaag om te presteer
Die mens se verstand is ‘n ingewikkelde meganisme, wat wonderlike dinge tot stand kan bring
Die mens is tot geweldige presiesheid in staat, soos ‘n horlosie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Watter =2 soorte beelspraak kom voor in “groot swaaiende hyskraangebare” in reël 3?

A

Metafoor en personifikasie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Waarom is die beelspraak in die vorige vraag so gepas?

A

Die swaaiende hyskraanbewegings word direk met reusegebare vergelyk. Hiermee verkry die hyskraan self as’t ware menslike status. Dit is ‘n baie treffende beeld, omdat die reusehyskraan ‘n verlengstuk van die menslike vernuf word, soos ‘n reusehand wat ‘n yslike groot gebou op sy regte plek neer kan sit. Dis ‘n letterlike illustrasie van die omvang van die geweldige menslike prestasies.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Haal die werkwoord in reël 12 aan en verduidelik waarom dit ‘n voorbeeld van ‘n oordrywing of hiperbool is:

A

Die werkwoord “neerplak”.
Dit is onmoontlik dat selfs die grootste hyskraan ‘n wolkekrabber kan oplig en iewers gaan “neerplak”, dit wil sê neersmyt.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Reëls 8-12 gaan oor die mens se vernuf in die boubedryf. Wat word in die sin van reëls 12-18 beskryf?

A

Goudmynbedryf

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Watter eienskap van die mens word deur die adjektief “grabbelende” beskryf?

A

Gierigheid

Die mens se navorsing gaan dus in die eerste plek om geld te maak.

17
Q

Hoe sluit die beeld in reëls 14-15 aan by die beeld in reël 10?

A

Nes by die “hyskraangebare”-beeld, is dit ‘n metafoor, asook personifikasie.

18
Q

Bespreek die geslaagdheid van die beeld. Verwys na reël 14-16: “om ons arms diep/ soos skagte te sink en die grys erts / te gryp en op te trek”

A

Die myaksie (hyser, toerusting en myners) word as ‘n reusearm voorgestel wat ondergronds reik en rondtas na die gouderts, dit gryp en optrek. Die mynaksie word dan ook vermenslik deur die personifikasie. Die menslike vernuf word weereens letterlik deur die beeld geïllustreer.

19
Q

Verklaar waarom dit gepas is dat reël 14 op die woord “diep” eindig en dat reël 15 met “soos skagte” begin?

A

Die enjambement illustreer of visualiseer die afdaal na die dieptes.

20
Q

Watter effek het die g- en r-klanke in reëls 15 tot 17?

A

Die harde en skerp klanke pas by die betekenis van die reëls: die harde arbeid om die gouderts uit te haal en tot ‘n fyn stof te vergruis.

21
Q

Watter tipe halfrym word aangetref in die woorde “dwarsdeur dolomiet” (reël 14)

A

d-alliterasie

22
Q

Wat sou die funksie van bogenoemde halfrym wees?

A

Dit dien as bindmiddel; die harde eksplosiewe d-klank suggereer ook die harde dolomiet of klipbanke waardeur geboor en gegrawe word.

23
Q

Hoe pas die gebruik van die woord “korfagtig” in by reël 18? en watter beeldspraak is hier ter sprake?

A

Die goudstawe word dig opmekaar gestapel soos die selle in ‘n byekorf. Dit is weer ‘n metafoor.

24
Q

Hoe pas “korfagtig” in by die res van die gedig?

A

Die mens is die hele tyd besig met bedrywighede in die wêreld, soos die bye in ‘n byekorf. Die ooreenkoms tussen bye en die mens se bedrywighede is opvallend: beide werk van nature, op ‘n koorsagtige wyse en baie noukeurig.

25
Q

Let op die netwerk van klanke wat verder herhaal word: byvoorbeeld: “staaf op staaf korfagtig”

A

Die klanke is ook dig gepak soos die kosbare goudstawe.

26
Q

Waaroor gaan die laaste sin in hierdie strofe?

A

Uraanverryking

27
Q

Waarom word die uraan verryk?

A

Die uraan word verryk sodat ‘n atoombom daarvan gemaak kan word.

28
Q

Wat kan afgelei word uit die twee woorde “onherhaalbaar” en “allerlaaste” ten opsigte van so ‘n ontploffing?

A

Die finaliteit van vernietiging. Wat verloor word, sal nie weer opgebou kan word nie.

29
Q

Waatom is die gebruik van die bywoord “skoon” ironies?

A

Skoon is ‘n positiewe woord, maar word hier gebruik om die totale vernietiging te beskryf.
Dus is dit ironies.

Dit is ook ironies dat kernkrag beskou word as “skoon” energie, in vergelyking met byvoorbeel energie uit steenkool, maar in hierdie geval word dit ironies gebruik in die betekenis van “heeltemal”

30
Q

Watter 4 woorde word in die drie sinne van die tweede strofe gebruik om die mens te beskryf?

A

Slim
Sterk
Merkwaardig
Wonderbaarlik

31
Q

Wat sê hierdie woordkeuse op die oppervlak van die spreker se houding teenoor die mens en sy prestasies?

A

Die mens is uitsonderlik en het buitengewone vermoëns wat hom in staat stel tot verstommende prestasies.

32
Q

Lees weer strofe 2. Is hier ‘n effe verskuilde gesindheid van die spreker teenwoordig? Verduidelik watter gesindheid en hoe die leser veral daarvan bewus word.

A

Ja
Die spreker is met die opnoeming van die mens se verstandelike vermoë en skeppingskrag besig om dit te bevraagteken en fynweg te bespot.
Die leser kan dit ook in die stemnuanses hoor.

33
Q

Wat bedoel die spreker met “Ag ja” en “wonderbaarlik” as die wetenskaplike prestasies daarmee beskryf word?
Reken jy dis gepas?

A

Die “A ja” kan die indruk skep dat dit selfbewonderend bedoel word.
Hierdie wetenskaplike uitvindings gaan omtrent die verstand te bowe. Dus is dit verbasend. Maar vir die spreker lê die ironie daarin dat die mens selfvernietigende dinge skep.
Alles wat ooit bereik is, kan onherhaalbaar weggevee en skoongebrand word deur ‘n atoombonontploffing. Die “A ja” kan dus ook gesien word as ‘n gelate, byna siniese sug.

34
Q

Wie is die skedel wat ten slotte laaste lag?

A

Die dood.

35
Q

Waarom huil die gesig?

A

Die spreker treur daaroor dat die mens, in sy strewe na ontwikkeling, ook die kiem van ys eie ondergang en selfvernietiging dra.

36
Q

Hoe pas hierdie gedig in by die titel van die bundel: “Van vergetelheid en glans”?

A

Die mens aspireer na roem, die glans, maar versink uiteindelik tog maar in die vergetelheid, die dood.