Die kwart-voor-sewe-lelie p11-13 vanaf 'Voor haar op die werkblad...' Flashcards
‘Voor haar op die werkblad het ‘n skaapboud gelê en sy was verstrooid besig om deur die speseryrak te soek na die soutsubstituut’. Watter woord in bg. sin beskryf Ma?
verstrooid
‘Voor haar op die werkblad het ‘n skaapboud gelê en sy was verstrooid besig om deur die speseryrak te soek na die soutsubstituut’. Waag ‘n voorspelling omtrent Ma se kookvernuf uit bg. sin
Sy het nie selfvertroue in haar eie vermoëns as kok gehad nie
‘Sy was verlig, soos sy altyd gelyk het as die aand se kos aan die gaar word was’ (p.12) Wat lei jy hieruit af?
Ma is nie ‘n stereotipiese kookster nie.
Sy is nie gepla met tradisionele ‘ma-dinge’ nie.
Watter stylfiguur is die volgende en hoekom is dit funksioneel? ‘Sy het die skerp mes uit die laai gehaal , sy lem al hol van die slyp sodat hy na ‘n sekel gelyk het’.
Metafoor. Sy lem was al so hol, dat hy rond soos ‘n sekel was. In Ma se hande was die mes ook ‘n veel lomper werktuig as kombuisgereedskap.
Met watter twee gemengde gevoelens het Ma altyd huishoudelike take aangepak?
Vrees en selfversekering
Evalueer die volgende uitspraak op p.12: ‘Ek en my susters moes versigtig grootmaak aan ons ma’.
Hier was Ma as ‘n nie-stereotipe moeder uitgebeeld. Sy maak nie haar kinders groot nie, hulle maak haar groot.
Met wie word Ma op p.13 vergelyk? Hoekom is dit so ‘n gepaste vergelyking?
Iemand wat ‘n bus verpas het en nog steeds agter die bus aanhardloop.
- Sy het die bus verpas wat bestuurs-, kook- en huishouvernuf betref, maar probeer dit nog op haar manier najaag - sonder om dit werklik te bemeester.
Wat beteken Iris se naam volgens die aangehaalde gedeelte?
Dis die naam van ‘n Griekse godin wat die hoëre gode bedien het.
Waaruit kan jy aflei dat Ma, soos altyd, met ‘n halwe oor na Iris se interessante mededeling oor haar naam geluister het?
Sy praat van die iris as ‘n mooi blom wat net in die lente blom, wat wys dat sy nie na Iris geluister het nie.