Mis - Bl.46-middel bl.48 laaste spreekbeurt van konstabel Flashcards

1
Q

Hoe het dit gekom dat die konstabel van sy tant Hannie begin praat het? (2)

A

Gertie het hom gevra of sy hom aan sy ma of aan tant Hannie herinner

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Ondersoek die opsig waarin die konstabel in sy vertelling oor tant Hannie die rol van magiese bevryder speel. (4)

A
  • In sy uiters sensuele vertelling oor sy tant Hannie lei hy Gertie deur ‘n soort bevrydingsritueel
  • Sy glo dat sy soos tant Hannie lyk en leef haar in so ‘n mate in die rol in dat sy selfs van haar bloes ontslae raak
  • Sy neem gewillig deel aan die konstabel se fantasiespel en beleef vir die duur van die oomblik die innerlike en seksuele bevryding waarna sy as oujongnooi smag
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Bespreek kortliks watter funksie Miem se huis aan die begin van die toneelstuk vir Gertie verrig. (2)

A

Gertie vlug daarheen omdat dit vir haar ‘n toevlug is teen die dreigende onheil in die dorp.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Verduidelik die paradoksale rol wat hierdie ruimte tydens die vertelling oor tant Hannie vir Gertie speel. (skynbare teenstelling) (3)

A
  • Die armoedige, belemmerde ruimte word vir Gertie ‘n plek van bevryding.
  • Vir ‘n kort rukkie transformeer sy in ‘n begeerlike tant Hannie
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Evalueer en bespreek of die transformasie wat tydens die konstabel se vertelling in Gertie plaasvind, blywend is. (3)

A

Nee, wanneer sy Miem se voetstappe in die gang hoor, vlug sy vervaard. Wanneer sy terugkeer, is sy weer haar ou self.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Bespreek watter rol die konstabel in hierdie uittreksel t.o.v. Miem speel. (3)

A
  • Hy word vir haar ‘n biegvader teenoor wie sy erken dat sy, ten spyte van haar uiterlike krag, onderdrukte verlangens na ‘n man ervaar
  • Hy is ook ‘n manlike held wat nie net hulle veiligheid waarborg nie, maar ook haar fantasie oor ‘n huwelik vir Meisie kan bewaarheid
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Identifiseer en bespreek die inligting omtrent Gabriël wat hier bekend word. (3)

A
  • Hy het sewe jaar tevore, tydens die Groot Depressie, sy grond verloor
  • Hy het net genoeg geld gehad om hulle huidige lappie grond te koop
  • Die finansiële terugslag was vir hom te veel en hy het hom teruggetrek in die solder, waar hy sedertdien is.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Watter fantasie koester Miem in verband met Gabriël? Bespreek. (3)

A

Sy glo hy sal van die solder afkom die dag dat Meisie trou.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Ontleed die funksie van die sirkusmusiek. (3)

A
  • Dit beklemtoon die kontras tussen die eksotiese sirkus, wat ‘n simbool van bevryding is, en die armoedige, beklemmende huisie en bestaan van Miem en Meisie
  • Dit herinner ook aan die tydelike bevryding wat Gertie tydens die vertelling oor tant Hannie ervaar het
  • Die sirkusmusiek dien deurgaans as herhalende ruimtelike motief
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly