Mis - bl.15-17 - konstabel se laaste spreekbeurt Flashcards
Beskryf kortliks die ruimte waarin die toneelstuk plaasvind (2)
Die ruimte is die kombuis van ‘n armoedige plaashuis.
Waarom kan die konstabel se woorde ‘wat ek nie al kon uitsnuffel nie!’ as dubbelsinnig beskou word? (2)
- Enersyds beteken dit hy kan skelms goed uitsnuffel
- Andersyds verwys dit na sy vermoë om jong meisies wat uit hulle omstandighede wil ontsnap, te kan uitsnuffel
Evalueer van watter belang die konstabel se aankoms by hierdie huis binne die struktuur van die toneelstuk is (4)
Sy koms kan as die motoriese moment beskou word, want dit laat die spanning in die verwikkeling begin opbou en lei uiteindelik tot die klimaks wanneer die konstabel hom aan Meisie openbaar en ook tot Meisie se verdwyning daarna.
Ontleed die konstabel as karakter soos wat jy hom in hierdie uittreksel leer ken (4)
- Die konstabel is ‘n raaiselagtige karakter
- Baie selfversekerd en charismaties (maak hom gewild)
- Sy teenwoordigheid het duidelik ‘n groot impak op die vroue
- Sy demonstrasie van sy verskerpte reuk- en gehoorsin stel hulle op hul gemak en laat hulle veilig en ontspanne voel
Haal ‘n verwysing na die titel uit die uittreksel aan en verduidelik hoe dit daarby aansluit
Die gebruik van die woord ‘mis’ in die konstabel se woorde ‘As ek dit nie mis het nie…’ sluit aan by een van die betekenisse van die titel Mis, naamlik ‘verkeerd’.
Vergelyk Miem, Gertie en Meisie se reaksies op die konstabel se ‘uitkenningsparade’ en sy verduideliking van hulle reuke (6)
Miem: is verbaas oor en gerusgestel deur sy vertoon van kundigheid
Gertie: is onmiddellik onder die indruk van sy talent, maar wanneer hy beledigend is oor die geur van ‘n oujongnooi, is sy afgehaal en suur
Meisie: is verwonderd oor sy vernuf en gevlei deur die feit dat hy haar as ‘juffrou’ aanspreek en haar geur met die van ‘n blom vergelyk
Lewer kommentaar op die verwysing na die volmaan (2)
Die feit dat dit volmaan is, versterk die magiese sprokies-element in die toneelstuk
Identifiseer en bespreek die funksie van die figuurlike betekenis van die konstabel se woorde ‘Die adder seil vinniger deur die gras’ (3)
- Sy woorde suggereer dat die bose, wat die adder verteenwoordig,, op hierdie volmaanaand vinniger beweeg as andersins
- die gevaar is dus nader aan die vroue as wat hulle besef