Gedig - Sonsverduistering Flashcards
Bespreek die funksie van die lang vokaalklanke in reël 1.
Die lang vokaalklanke in ‘Langsamerhand, geruisloos skuif …’ beklemtoon die stadige vordering van die sonsverduistering.
Watter woord in die oktaaf dui aan dat ‘n ongewone natuurverskynsel plaasvind?
‘vreemde’
Lewer kommentaar op die parallel tussen die donkies en die skape.
Die donkies en die skape is onrustig oor die ongewone donkerte en keer instinktief terug stal/kraal toe - die donkies ‘swygsaam’ en die skape ‘blêr-blêr’.
Watter gevoel word deur die woord ‘hang’ in die sestet oorgedra?
Dit dra ‘n gevoel van bedreiging en gevaar oor.
Haal die volgende aan: ‘n metafoor uit die oktaaf
‘vlek van skadu’ of ‘sekelboog van son’
Haal die volgende aan: ‘n voorbeeld van klanknabootsing
‘blêr-blêr
Haal die volgende aan: ‘n teenstelling
‘skaduwee’ en ‘verduister’ teenoor ‘lig’
Bespreek die funksie van die alliterasie in reël 12.
Die d-alliterasie in ‘duisternis gedwee’ beklemtoon die woorde en ook die mens se gedwee aanvaarding van die kloof tussen hom en God.
Verduidelik die progressie wat tussen die twee tersines plaasvind
In die eerste tersine word daar na ‘gans die mensdom’ verwys, terwyl ‘ons’, wat veel nader en persoonliker is, sentraal in die tweede tersine is.
Ontleed hoe die beskrywings in die oktaaf en die sestet die tema ondersteun.
In die oktaaf word beskryf hoe die donkies en skape onrustig raak as gevolg van die sonsverduistering en dan instinktief terugkeer stal/kraal toe. In die sestet vorm die mensdom ‘n teenstelling met die plaasdiere, want die mens aanvaar gedwee die feit dat God se pad a.g.v. ‘n figuurlike duisternis nie sigbaar is nie, en het nie die ‘skaap se voorgevoel’ of glo dat dit verstandig sou wees om ‘Huiswaarts’ te keer nie.
Bespreek jou vertolking van die slot van die gedig.
Dit beteken moontlik dat die mens nie die insig het om hom in ‘n tyd van nood tot God te wend of na veiligheid te keer nie.
Verduidelik kortliks die uitwendige bou en rympatroon van die gedig.
Dit is ‘n Italiaanse sonnet wat uit ‘n oktaaf met twee kwatryne en ‘n sestet met twee tersines bestaan. Die beskrywing van die mens se optrede in die sestet vorm ‘n teenstelling met die optrede van die plaasdiere in die oktaaf. In die oktaaf kom omarmende rym voor.
Die rymskema van die gedig is abba/cddc/efg/efg.