Mis Vraag 7 Flashcards
Bespreek en evalueer die verandering wat in die konstabel plaasgevind het.
Met die omruil van sy uniformbaadjie vir ‘n hofnarbaadjie verander hy van ‘n blinde gesagsfiguur en verteenwoordiger van reg en geregtigheid na ‘n siende toweragtige, magiese figuur…
Het die konstabel se aard werklik verander
Nee, as konstabel en as nar is daar ‘n dualisme van goed en kwaad vir hom.
Verduidelik waarom dit belangrik is dat Meisie se voorkoms genoem word
- Aannemingsrok en is kaalvoet, soos die ander meisies wat verdwyn het
bevestig dat konstabel ook vir hul verdwyning verantwoordelik was
Bespreek en ontleed die ironie in die feit dat Meisie haar aannemingsrok dra
Ritueel: As volwasse lid van kerk aanvaar
Meisie dra vir haar bevryding uit haar beklemmende, “Christelike” lewe.
Stem jy saam? Die konstabel in sy rol van hofnar bevestig homself hier in die slot as rituele bevryder
Die hofnar-konstabel lei Meisie uit die benoude neerdrukkende omstandighede na bevryding
Sy deel haar hunkering na die sirkus met hom
Haar drang na bevreiding is versterk en hy kan haar subtiel op haar weg daarheen begelei
In watter opsig kom Meisie ooreen met ‘n tipiese sprokieskarakter
Sy wag nes ‘n sprokiesprinses op die prins om haar van gevangenskap te bevry
Vgl ook die ooreenkoms met Rooikappie en die wolf (konstabel)
Vergelyk hoe die konstabel met ‘n sprokieskarakter ooreenkom
Konstabel is nie net die prins wat die prinses red nie, maar ook soos die wolf wat “beter kan sien en ruik”
Konstabel Snuf-in-die-neus
Ontleed die ironie in twee uitsprake in die drama aangaande blindheid
Miem se uitspraak: Dis die sirkusbesoekers se verdiende loon as een van hul dogters die slagoffer word, ironies word haar eie dogter uiteindelik slagoffer
Gertie se oordeel dat ‘n mens ‘n man met ‘n regop houding kan vertrou, is ironies, as dit ten slotte bly dat die regop man die ontvoerder is
Evalueer of daar sprake is van tradisionele ontknoping na die klimaks in die slot
Nee, Toneelstuk eindig met klimaks - vrywillige verdwyning van Meisie (verteenwoordigend van ‘n omkeer in haar persoonlikheid)
Innerlike konflik in meisie, (benoude en waardes van ma vs. bevryding van sirkus) van die begin af duidelik
Geen ontknoping, geen afloop van spanning
Die slot is oop en Meisie se lot onseker,