Mis bl. 28- bo-aan bl.30 Meise se sede spreekbeurt Flashcards
Hoe het dit gebeur dat Meisie en die konstabel alleen is? (2)
- Miem het Gertie saam met haar uit die kombuis geneem sodat Meisie en die konstabel mekaar kan leer ken
- Miem hoop die konstabel sal in Meisie belangstel
Identifiseer die ‘dit’ waarna Meisie in haar vraag verwys (‘Het u dit al gesien?’) (1)
Sy verwys na die sirkus
Na haar vraag aan die konstabel is Meisie skielik skaam. Verduidelik waarom. (2)
Sy het entoesiasties oor die sirkus uitgevra en sy is nie gewoond daaraan om entoesiasme te toon nie, veral nie oor die sirkus wat verbode terrein vir haar is nie.
Ondersoek die konstabel se karakter soos dit in hierdie uittreksel duidelik word (4)
- Hy is oorredend, verleidelik en manipulerend
- Hy gebruik sy blindheid en die feit dat hy ‘n vreemdeling is, om op Meisie se gevoelens te speel en haar gemaklik daarmee te laat voel om met hom oor vertroulike/verbode sake te praat.
Ontleed die rol van die neweteks vanaf die begin van die uittreksel tot aan die begin van Meisie se lang spreekbeurt (4)
- Die neweteks gee belangrike inligting oor die tempo en volume van die karakters se woorde (bv. ‘sag en vinnig’)
- Watter gevoelens deur hulle woorde oorgedra word (bv.’opgewonde’, ‘bang’)
- Die neweteks help om die regte stemming te skep en dit help met karakterbeelding.
Vergelyk hoe die name Meisie en Margareta by verskillende aspekte van Meisie se omstandighede en persoonlikheid pas (5)
- Die naam Meisie is amper identiteitloos en slegs ‘n aanduiding van geslag
- Dit pas by Meisie as gedienstige dogter
- As Margareta is Meisie ‘n individu wat die moed het om self besluite te neem
- Wanneer die konstabel haar as Margareta aanspreek, ontdooi sy
- Sy WORD Margareta en kan hom van die wonder van die sirkus vertel. Vir die duur van haar vertelling word sy bevry van Meisie wat, onder die diktatuur van haar ma se eng Calvinisme, nie oor die sirkus mag praat of eers daaraan mag dink nie.
Verduidelik ‘n voorbeeld van innerlike konflik wat in die uittreksel duidelik is (2)
Meisie weet sy is nie veronderstel om met die konstabel oor haar besoek aan die sirkus te praat nie, maar sy wil graag besluit om dit te doen.
Identifiseer en ontleed die TEMA in die drama wat deur Meisie se sirkusverhaal betrek word (5)
(NB: Tema verskil van Titel!)
- Die tema van bevryding
- In sowel Meisie as Gertie is daar die hunkering na bevryding uit hulle morbiede omstandighede
- In Meisie se vertelling gaan dit oor die bevryding van die meisie uit die kis en die bevryding van die voëls uit die kou
- Meisie het haarself ook tydelik bevry deur na die verbode sirkus te kyk en deur met die konstabel oor haar ervaring te praat