Kwart-voor-sewe-lelie Langvrae Flashcards
Redes waarom Iris die belangrikste karakter is
- Hierdie roman fokus pertinent op Iris se gevoels- en verbeeldingswêreld.
- Die titel van die verhaal het betrekking op Iris wat op haar een blomtyd wag.
- Iris vertel haar eie verhaal vanuit haar eie gesigspunt.
- Die roman handel oor Iris se lewe, die mense in haar lewe en die keuses wat sy uitgeoefen het.
- Die leser leer Iris die beste ken.
- Die karakter/Iris verander as gevolg van innerlike konflik.
Iris se karaktereienskappe
• Iris kom soms besluiteloos voor aangesien sy op daardie een spesiale blomtyd in haar lewe wag.
• Sy sien haarself as ’n alleenloper wat nes Polder op oorskietkos (oorskiet-aandag/-liefde) aangewese is.
• Sy is ontevrede met haar uiterlike voorkoms alhoewel sy oorsee as ’n model aangesien word.
• Iris sien haarself as iemand wat ander moet dien, moontlik ’n martelaar, ’n Aspoestertjie of ’n dienares van
hoëre gode.
• Iris beskou haarself as skerpsinning aangesien die iris tog deel van die oog is.
• Aangesien Iris se susters se name nie in die woordeboek voorkom nie, het Iris meerderwaardig gevoel.
• Iris is die buitestaander in die familie wat vanaf geboorte as “anders” deur haar ma beskou is.
• Iris is verbeeldingryk aangesien sy vir haar ’n fantasiewêreld skep om van die alledaagse lewe te ontsnap.
• Iris is aanvanklik baie naïef oor seks en verhoudings en word deur Elsa gewaarsku om van haar “romantiese
drogbeelde” ontslae te raak.
Hoe Iris se karaktereienskappe met dié van Elsa kontrasteer
• Elsa is ’n nugter, praktiese mens wat meer in haar bankbalans as in die Richards van die wêreld belangstel.
Ö Iris verkies om in ’n droomwêreld te leef.
• Elsa het die huweliksonthaal prakties benader en het uitgewerk hoe lank die onthaal moes duur aangesien
die planne met die hotelbesprekings nie moes skeefloop nie. Ö Iris was ’n romantikus wat gevoel het dat ’n
bruid haar mond moes hou en verlief moes lyk.
• Vir Elsa was die lewe ’n goed gemerkte padkaart met roetes wat sy deeglik beheer het. Ö Iris het eerder die
lewe ingetuimel terwyl sy op daardie een volmaakte blomoomblik gewag het./Iris se lewe was ietwat
onvoorspelbaar.
• Elsa was krities teenoor Klara wat met ’n Fransman ’n verhouding gehad het. Ö Iris het dit as baie romanties
beskou aangesien liefde geen taal ken nie.
• Elsa was van mening dat ’n mens nie agter ’n man aanloop nie. Ö Iris het impulsief besluit om vir Peter in
Amerika te gaan kuier alhoewel hulle nie gereeld kontak gehad het nie (vae poskaarte).
• Elsa beplan saaklik en deeglik. Ö Iris is meer impulsief en tree volgens haar emosies op.
Jou gemotiveerde mening of Iris deur die loop van die roman as karakter ontwikkel:
• Iris groei van iemand wat ’n fantasiewêreld as baie belangrik beskou na ’n karakter wat die werklikheid
aanvaar.
• Iris groei tot die insig dat ’n naam net ’n naam is en dat haar toekoms en geluk nie van naamgewing
afhanklik is nie.
• Verder kom Iris tot die insig dat daar nie slegs een blomtyd in haar lewe is nie, maar dat die lewe uit
onsamehangende flardes/baie hoogtepunte bestaan.
• Iris ervaar die lewe met geduldige tevredenheid en kom tot die insig dat daar baie maniere is om te blom.
• Iris ondergaan ontwikkeling wanneer haar fantasiewêreld voor die werklikheid van Peter se teenwoordigheid
vervaag.
• Iris se innerlike konflik word opgelos en sy groei/verander.
Iris se ma
- Sy dink Iris het ʼn mooi naam
- Sy is tevrede en aanvaar dinge gelate
- Sy laat Iris haar tande met as borsel
- Dit bevestig ʼn aardsheid by Iris
- Sy is altyd daar vir haar kinders
- Sy leer Iris waardevolle vrou-wees lesse
- Sy is besorg oor die pa se cholesterol
- Sy fokus op eggenoot-wees
- Sy is nie inmengerig nie
- Sy wil Iris nie keer om Riekie te sien tydens die eksamen nie
- Sy het ʼn beleid van absolute vertroue
- Sy laat Iris en Peter gaan swem sonder klere
- Sy is lief vir plante
- Sy kweek die liefde vir plante by Iris aan
- Sy brei vir haar kleinkinders
- So leer sy tradisies vir Iris
- Sy is lief vir Polder
- So kweek sy ʼn liefde vir diere by Iris
- Sy is nie bevooroordeeld teenoor mense a.g.v. rasseverskille/afkoms nie
- Sy leef in haar eie wêreld
Johanna
- Altyd opgeruimd
- Leer vir Iris blymoedigheid
- Georganiseerd
- Maak dat Iris haar eie huishouding kan hanteer
- Wel ter tale
- Iris kan maklik met mense kommunikeer
- Sy is reguit
- Huiwer nie om Elsa oor haar katoenonderklere aan te spreek nie
- Het ʼn sterk persoonlikheid
- Iris takel New York vrou alleen
- Gesteld op voorkoms
- Iris word as model gesien
Bettie
- Sy is afhanklik
- Sy laat Iris besef dat daar meer in die lewe is
- Sy is bakleierig met Brian
- Sy laat Iris besef wat sy in Peter het
- Sy het ʼn swak selfbeeld
- Sy laat Iris al hoe sterker na vore tree
- Sy sukkel om met Brian se kinders oor die weg te kom
- Iris vind dit maklik
- Sy is neerhalend teenoor Brian sy laat Iris Peter soveel meer waardeer
Lewer kommentaar op die titel van die roman
• ʼn Kwart-voor-sewe-lelie is ʼn blom wat in Iris-hulle se tuin groei.
• Die bepaalde lidwoord in die titel verwys na die lelie.
• Dié blom blom slegs een keer per jaar.
• Iris vereenselwig haar met dié plant.
• Die blom word simbolies van Iris se lewe.
• Iris lewe ʼn doodgewone lewe maar sy is ook bestem om soos dié plant om te blom.
• Iris wag en hunker haar lewe lank vir haar ‘blomtyd’; haar oomblik van glorie.
• Iris leef in afwagting op haar groot blomoomblik. “Elke mens moet een keer in sy
lewe die regte ding op die regte tyd doen en só ʼn moment van volmaakte sintese
beleef.”
• Haar naam is nie net ʼn naam nie: dit is ook haar lewensfilosofie.
Die betekenisse van Iris se naam en die invloed wat dit op haar lewe het
• Perserig by geboorte soos dié soort Iris (flap).
• Deel van die oog: aanduiding van haar skerpsinnigheid en skerp sien.
• Griekse godin van die reënboog: in diens van die hoëre gode: Iris moet volgens
haar gesprek met Billy uitvind wie die hoëre gode is wat sy moet dien. Sy voel dat
sy gedurig besig is om mense te bedien.
• Embleem vir die fleur-de-lis (wapenskild).
• Word eeue lank in dekoratiewe kuns gebruik.
• Is op Frankryk se wapen.
Ander karakters se beskouings oor Iris se naam
• Johanna sê dat Iris elke dag vir hulle blom.
• Billy waarsku haar dat nie alle bolle tot bloei kom nie.
• Bettie sê dat dit net ʼn naam van ʼn blom is.
• Junior, Brian se seun, sê blomname is simpel en dat sommige irisse meer as een
keer per jaar blom.
Peter meen haar ouers moes haar nooit Iris gedoop het nie: dan sou sy nooit sulke
spesiale verwagtings gekoester het nie.
• Die Engel wys Iris daarop dat ʼn naam nie jou hele lewe, denke of besluite moet
beïnvloed nie en dat sommige mense net soos die lelie ongesiens blom, so
onverwags dat niemand dit eers opmerk nie.
Die ‘blomgeleenthede’ wat Iris ontvang
• Sy glo dat sy altyd gereed moet wees daarvoor.
• Sy moet nooit ʼn nuwe aanbod of ʼn potensiële geleentheid van die hand wys nie.
• Sy gaan werk by dr. Anders as tandartsklerk omdat sy werk wou hê wat nie haar
gedagtes besig hou nie. Sy meen dat dit dalk ʼn blomgeleentheid kan wees.
• In Frankryk vlug sy van die fotograaf wat haar as model wou gebruik.
• In New York wil Joe van haar ʼn model maak.
• Beide die stede is modemekkas waar haar potensiaal (as model) raakgesien is.
Die insig waartoe Iris kom oor haar naam en wat dit beteken ‘om te blom’
• Sy kom tot die besef dat ʼn naam net ʼn naam is.
• Aan die einde van die verhaal wag sy geduldig op die-kwart-voor-sewe-lelie om te
blom soos wat ʼn mens ook geduldig op selfverwesenliking moet wag.
• Sy besef dat ʼn mens se hele lewe ʼn blomtydperk kan wees: nie net één oomblik
nie.
• Die realiteit van ʼn geroetineerde voorstedelike bestaan kan net so magies wees
soos die beste fantasie.
Identifiseer die milieu/omstandighede waarin Iris haar bevind.
• Die roman speel in ’n anonieme stad in Suid-Afrika af.
• Die roman speel in die tagtigerjare af/tydens die apartheidsjare af.
• Die grootste deel van die roman speel in Iris se ouerhuis af/in dr. Anders se spreekkamer af/in Peter se woonstel
af.
• Iris groei op in ’n huis met sterk vroue.
• Sy groei op in ’n liberale huishouding.
• Die verhaal speel ook in Frankryk, New York en Vermont af.
• Hierdie milieu dien as agtergrond vir die gebeure.
• Iris voel sedert haar geboorte dat niemand na haar luister nie.
• Iris as laatlam (6 jaar na die geboorte van die ander susters) het haarself as ’n alleenloper beskou wat op
oorskietkos geleef het.
• In haar gesin is Iris as ’n aardigheid beskou.
• Iris voel in hierdie milieu dat niemand na haar luister nie en hierdie gevoel beïnvloed Iris se keuses wat sy
uitoefen.
• Teen die agtergrond waarin Iris grootword, word sy aangesê om stil te bly.
• Iris skep ’n fantasiewêreld waar sy ’n stem het.
• In Iris se omstandighede maak die Engel deel van haar lewe uit/die magies-realistiese deel van haar lewe uit.
• In Iris se gesin voel sy dat alles wat sy doen, reeds deur haar susters gedoen is.
• Sy beleef dus ’n bestaanskrisis/eksistensiële krisis.
Bespreek enige vier keuses wat Iris in hierdie milieu uitoefen.
• Iris besluit om na voltooiing van haar universiteitstudie by dr. Anders as sy assistent te gaan werk, aangesien sy
naam haar amuseer./sy nie ’n werk wil hê wat haar gedagtes in beslag neem nie.
• Iris oefen die keuse uit om met Peter seks te hê met hul eerste ontmoeting, omdat sy hunker na ’n romantiese
verhouding.
• Iris se besluit om vir Peter in Amerika te gaan kuier, het ’n ingrypende invloed op haar toekoms.
• Sy aanvaar nie die modelwerk nie/omdat sy uiteindelik met met Peter trou.
• Iris kies om die Engel in haar lewe te hê aangesien sy iemand nodig gehad het om na haar te luister/raadgewer
te wees/haar te help om besluite te neem/verantwoordelikheid te aanvaar vir die keuses wat sy uitoefen.
• Iris kies om in ’n fantasiewêreld te leef om haar lewe op te kikker.
• In New York ontmoet Iris vir Joe wat van haar ’n model wil maak, maar aangesien Peter daarteen gekant is,
besluit Iris om nie die modelkontrak te aanvaar nie en gaan saam met hom na Vermont toe.
• Iris en Peter besluit om te trou en sy en Peter leef rustig voort.
• Iris neem die besluit om van haar fantasiekarakters (behalwe die Engel) ontslae te raak.
• Iris kies om deur die eksistensiële krisisperiode te gaan/vormloos aan te trek omdat sy ’n soeke het na wie sy
is/wat haar blomoomblik is en sy nie soos die huisgesinlede wil wees nie.
• Haar beheptheid met haar naam se betekenis is verantwoordelik vir die keuses wat sy uitoefen, bv. die
modelkontrak wat moontlik haar blomgeleentheid is.
Elsa se keuses in kontras met dié van Iris
• Elsa maak die keuse om met Hannes te trou. Ö Iris wil aanvanklik nie met Peter trou nie/maar slegs met Peter
seks hê.
• Elsa kies onderwys as beroep. Ö Iris kies ’n beroep waar sy vrye tyd het om te fantaseer./Iris werk by die
tandarts.
• Hulle beroepskeuses bewys dat Elsa beroepsgerig is. Ö Iris verkies om te fantaseer.
• Elsa besluit om kinders te hê. Ö Iris beskou dit as beheptheid met babas en dat sy (wat nie kinders het nie)
normaal is.
• Elsa voel dat ’n vrou nie agter ’n man moet aangaan nie. Ö Iris gaan agter Peter na Amerika toe.
• Elsa kies om haar eie troue te reël. Ö Iris laat toe dat ander mense haar troue vir haar reël.
• Elsa beskou Iris se fantasieë as drogbeelde. ÖIris glo haar fantasieë.