Gedig - Nuus uit die binneland Flashcards
Skryf twee woorde uit strofe 1 neer wat op moontlikheid dui en die leser sodoende voorberei op die totstandkoming van ‘n ‘onwerklikheid’
soms, as
Verduidelik hoe die volgende woorde bydra tot die totstandkoming van ‘n romantiese onwerklikheid: ‘saamvloei’ (reël 6), ‘versink’ (reël 6), en ‘vou’ (reël 10).
‘saamvloei’ - die visuele beeld kry ‘n magiese, wasige beeld
‘versink’ - die mens versink in ‘n wasige droomwêreld
‘vou’ - dui op die verbeelding wat oopvou
Wat is die funksie van die s-alliterasie in strofe 1?
Dit suggereer die klank van die reën wat neerstuif
Hoe beïnvloed die staanhorlosie ons emosies volgens strofe 2?
Dit kalmeer ons
Watter verwysings gebruik die digter om Brittanje en Nederland onderskeidelik aan te dui?
Surrey, Delftse
Verklaar die metafoor ‘alle mure wat ons opstapel’ in strofe 3
Dit kan dui op die afsondering wat ons skep teen die binnelandse geweld en onrus.
Watter sintuig word vooropgestel in strofe 3?
Reuk
Let op die rymskema: Skryf die rymskema van strofe 1 neer
a b a b c c d e d e
Let op die rymskema: Benoem die mees deurlopende rymskema in hierdie gedig
kruisrym (ons verwys na die paarryme in die middel van elke strofe as binnerym)
Wat is die funksie van die teenstellende voegwoord ‘maar’ aan die begin van strofe 3?
Dit lei die kontras wat die binneland skep, in
Watter tyding bring die nuus uit die binneland vir die leser aan die einde van hierdie gedig?
tyding dat hy weet op watter vasteland hy boer