Gedig: Finis Flashcards

1
Q

Wat beteken “Finis”

A

Latyn:

“Einde”. Dit dui daarop dat dit waaroor die gedig handel, beëindig is; dit is reeds verby.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Waaroor handel hierdie gedig?

A

Die gedig handel oor ‘n verhouding wat verbreek is.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Intertekstualiteit

A

Intertekstualiteit verwys na ‘n ander teks wat in die gedig of roman betrek word.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Wat is die rol van die interteks in ‘n gedig?

A

Die rol van die interteks is om die interpretasie van die gedig te vergemaklik. Jy moet bewus wees van die interteks om die gedig te kan verstaan.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Watter interteks word in die gedig betrek?

A

Die volksliedjie, “Apie se bruilof”.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Hoe word die interteks uitgehef en beklemtoon?

A

Die volksliedjie “Apie se bruilof” word in ‘n afsonderlike strofe geplaas, dit word ingekeep en is in skuinsdruk.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Wat impliseer die bywoord van tyd “Nou”?

A

“Nou” impliseer dat die gedig sal gaan oor hoe die omstandighede op hierdie oomblik of oor hoe die spreker nou voel.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Wat bedoel die uitspraak: “Nou maak ek self nie meer so baie saak nie”?

A

Sy bedoel dat sy nie meer vir haar geliefde saakmaak nie; hy steur hom nie meer aan haar nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Haal die voegwoord aan wat aandui dat die rede waarom sy self nie meer so baie saakmaak nie, gaan volg.

A

“want”

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Wat word metafories met reël 2 bedoel?

A

in die oorspronklike volksliedjie is dit die begin van ‘n heerlik lawwe en byna absurde liedjie waarin die spot gedryf word met diere en hul kamma eienaardige gebruike.
In hierdie gedig, oor die verbreking van ‘n verhouding, het baie van die woorde waarskynlik ‘n dieper betekenis.
die verwysing na “bobbejaan” is waarskynlik ‘n bedekte bespotting van die persoon se gebrek aan intelligensie.
Die “briefie in sy bek” kan beteken dat die persoon gesels of verduidelik het - of sy bek verbygepraat het.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Hoekom word strofe 2 uit die volksliedjie aangehaal?

A

die volksliedjie gee die inhoud van die briefie wat bobbejaan vir haar gebring het. Deur die gebruik van die vrolike volksliedjie of volksrympie wil sy die verbreking van hul verhouding minder pynlik maak.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Hoekom word daar na “Apies se bruilof” verwys?

A

In die oorspronklike liedjie word die spreker uitgenooi na “die Apie se bruilof”. Daar moet dus ‘n rede wees waarom die meervoud hier gebruik word.
Waarskynlik is die uitnodiging na die bruilof of huwelik van die spreker se geliefde met iemand anders. Steeds is daar die spot: die twee is in haar oë “Apies”.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Watter woorde in strofe 3 skakel met die aanhaling in strofe 2?

A

“die liedjies van my kindertyd”

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Wat kan jy uit reël 7 aflei van hul verhouding?

A

Ons lei af dat sy so gelukkig soos ‘n kind was, of sy het hom vertel van haar kinderjare, of dat hulle albei lief was vir musiek.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Na watter gesegde word daar in reël 8 verwys?

A

Jakkals trou met Wolf se vrou.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Wat is die betekenis van “Jakkals trou met Wolf se vrou”?

A

Dit reën op ‘n sonskyndag

17
Q

Wat is die funksie van die gesegde in reël 8?

A

Die aangesproke “jy” het veroorsaak dat die Jakkalse elke dag in haar hart getrou het. Terwyl hulle nog in ‘n verhouding was, het die aangesproke “jy” dus elke dag gesorg vir figuurlike sonskyn in haar lewe.

18
Q

Vind daar in reël 9 ‘n wending plaas?

A

Ja

Die reël begin met die voegwoord “maar”.

19
Q

Op watter 3 maniere word reël 9 - wending - beklemtoon?

A
  • Reël staan alleen as ‘n strofe.
  • Dit is ‘n vraag wat aan die aangesprokene gevra word.
    In teenstelling met die vorige strofe wat oor haar herinneringe handel, val die fokus nou op die aangesprokene.
20
Q

Verduidelik reël 9:

A

Die spreker vra die vraag wat die “jy” van háár gaan saamneem, noudat hul verhouding verby is.
sy wil weet wat sy vir hom beteken het en of sy enigsins vir hom belangrik was.

21
Q

Watter woord in strofe 5 dui aan dat sy net kan bespiegel oor wat die toekoms vir hom sal inhou?

A

Die woord “Miskien”

22
Q

Wat kan die woorde in reëls 10 en 11 beteken?

A

Dit sal dalk met hom goed gaan: hy sal figuurlik ronddans en “lekker wals”.
Die “Apies se bruilof” kan verwys na sy huwelik of dalk feestelike geleenthede in sy lewe, of dalk na sy lewe in die algemeen.

23
Q

Wat hoop die spreker dat haar vorige geliefde sal onthou?

A

Sy hoop dat hy onthou dat hy die lewe vir haar mooi gemaak het sodat sy selfs op dae wanneer alles nie figuurlik voorspoedige sonskyndae was nie, kon lag.

24
Q

Waarom is die woorde in reël 13 tussen aandagstrepe?

A

Dit beklemtoon die woorde “- die wolke altyd bietjie voor die son -“. Hy het vir haar haar probleme help oplos sodat sy weer kon lag.

25
Q

Hoe verstaan jy die laaste woorde: “En jy sal lag”?

A

Die “jy”, sal waarskynlik, net soos die spreker, ná die verbreking van hul verhouding, kan lag oor dit wat verby is. Sy kan, ten spyte van al die hartseer en ongelukkigheid, lag (“ten spyte van die reën kon lag”). Sy kom tot die slotsom dat hy ook die positiewe dinge van hul verhouding sal onthou - “En jy sal lag.”

26
Q

Hoe sal jy die tema van die gedig omskryf?

A

Geliefdes moet, selfs na die verbreking van ‘n verhouding, steeds die goeie en mooi dinge onthou.

27
Q

Wat is die funksie van die (onvaste) rympatroon van die gedig?

A

Dit kan op die gebrokenheid van die verhouding of die spreker se verwarde gedagtes dui. In teenstelling met die gedig, het die oorspronklike volksrympie ‘n rymskema van abcb.