Gedig - Die straatkind Flashcards

1
Q

Wie is die spreker in die gedig?

A

Dit is iemand wat sien hoe ‘n straatkind om ‘n ‘vullisdrom snuif’, geraak word deur die kind se seer en wanneer sy wegdraai, ervaar dat daar ‘n ‘bloedveeg’ teen haar wang is.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Hoekom hou die spreker haarself ‘ongeërg’?

A

Sy weet nie hoe om op te tree teenoor die straatkind nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Lewer kommentaar op die keuse van die drie groepe mense wat die spreker in reël 2 noem.

A

Die spreker verwys na ‘bedelaars, pendelaars en hoere’. Dit is die groepe mense teenoor wie sy, net soos teenoor die straatkind, ongemaklik voel.
Bedelaars en hoere kan as randfigure van die sameleweing beskou word. Dit is nie heeltemal duidelik hoe ‘pendelaars’ by die groepe inpas nie. Miskien wil sy bloot suggereer dat haar verhouding met ‘pendelaars’ so oppervlakkig is soos haar verhouding met die ander groepe, omdat sy hulle nooit leer ken of betrokke raak by hulle nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Wat is die funksie van die dubbelpunt in reël 5?

A

Na die dubbelpunt volg ‘n uitbreiding van wat die spreker dink oor die straatkind se seerkry.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Verduidelik die teenstelling wat ingelei word deur die voegwoord ‘maar’ na die dubbelpunt.

A

In die versreëls voor die dubbelpunt sê die spreker wat haar voorneme was toe sy die straatkind sien, naamlik om verby te loop. Na die dubbelpunt beskryf sy wat gebeur wat haar laat huiwer voor sy uiteindelik wegdraai, naamlik dat sy bewus word van die hartseer wat agter die skouers van die straatkind skuil.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Op watter woorde het die betreklike voornaamwoord ‘waar’ (reël 9) betrekking?

A

Dit kan terugverwys na die ‘toegepleisterde wêreld’ in reël 7, wat beteken dat reël 9 tot 11 beskrywend is van dié wêreld.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Watter drie dinge assosieer die spreker met ‘n ‘toegepleisterde wêreld’?

A
  • bome wat steun terwyl dit afgesaag word
  • konyne wat as proefdiere in laboratoriums gebruik word
  • lammers wat geslag word
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Watter verband is daar tussen die dinge wat die spreker assosieer met ‘n ‘toegepleisterde wêreld’ en die ‘toegepleisterde wêreld’ van die straatkind?

A

In elkeen is daar ‘n onskuldige slagoffer:
- die bome is die slagoffers van mense wat die omgewing ontwikkel ten koste van die omgewing
- die konyne is die slagoffers van wetenskaplikes wat navorsing doen ten koste van diere
- die lammers is die slagoffers van slagters wat ‘n vleisetende massa wil voed.
Die straatkind is die slagoffer van ‘n siek samelewing waar die straat die rol van die ouers oorgeneem het.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Watter woorde in reël 9 tot 11 beeld die onvermoë van die onderskeie slagoffers uit om hulle te verset teen wat met hulle gebeur?

A
  • Dit is ‘n ‘bevel’ wat die bome tot niet maak en ‘n bevel word nie verontagsaam nie.
  • Die konyne ‘spartel’ - ‘n handeling wat magtelose verset uitbeeld.
  • Reël 11 roep die uitdrukking ‘soos ‘n lam na die slagbank gelei’ op, wat beteken om jou ondergang sonder verset tegemoet te gaan, maar die sintaksis suggereer eerder dat die lammers, net soos die konyne ‘spartel’ en dus slagoffers is.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Watter klank is oorheersend in die versreëls 9 tot 11 en wat is die funksie daarvan?

A

Die s-klank oorheers.
In reël 9 is die s-alliterasie klanknabootsend van die ‘steun’-geluid van die sae.
In reël 10 en 11 bind die s-klanke die woorde wat semanties verband toon: ‘spartel in steriele laboratoriums’ en ‘lammers teen die slagterslem’.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Watter moontlike verband kan daar tussen reël 11 en 12 wees?

A

Die ‘lammers teen die slagterslem’ roep ook die beeld op van Christus as die Lam van God ter slagting gelei vir die sondes van die mensdom. Dit is moontlik dat die beeld die ‘wysheid’ bring. Sy beleef die ‘wysheid in die lug’ en ‘uit wolke’; die ‘lug’ is die blyplek van engele en God, en die ‘wolke’ is die simbool van God se teenwoordigheid in die Ou Testament.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Waarvan draai die spreker weg in die slotstrofe?

A

Sy draai weg van die straatkind

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Wat beleef die spreker toe sy wegdraai?

A

Sy hoor ‘n ‘geruis’ in haar ore en sy voel ‘die bloedveeg / van ‘n vlerk’ teen haar wang.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Wat veroorsaak die ‘geruis’ in die spreker se ore? Motiveer jou antwoord uit die slotstrofe

A

‘n ‘(G)eruis’ is ‘n geluid wat geassosieer word met die sagte beweging van vlerke.
Sy sê in die slotstrofe dat sy ‘n vlerk teen haar wang voel vee. Of voel sy dalk duiselig na die ervaring van ‘n Godsverskyning in die vorige strofe?

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Deur wie/wat dink jy is die spreker aangeraak in die slotstrofe? Motiveer jou antwoord uit die gedig.

A

Daar is suggesties dat sy deur ‘n engel aangeraak is. Sy sê dat die ‘bloedveeg’ teen haar wang, afkomstig van ‘n ‘vlerk’, ‘onverklaarbaar’ is. Die gebruik van ‘onverklaarbaar’ dui op die onpeilbare, bonatuurlike aard van wat sy ervaar - die aanraking deur ‘n engel. Net voor die aanraking het sy (in strofe 3) bewus geword van ‘n ‘wysheid in die lug’, asof die wysheid afkomstig is van engele, God se boodskappers.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Verklaar die ‘bloedveeg’ wat die vlerk teen die spreker se wang gelaat het (reël 17)

A

Die ‘bloedveeg’ is die hoogtepunt in die reeks woorde wat met die bloedmotief verband hou. In die vorige versreëls is die bloed in verband met die kind gebring. Wanneer dit in die slot die spreker as’t ware merk, kan dit suggereer dat sy die bloed van die kind nou op haar dra - ‘n teken van haar aandadigheid aan die toestand van die straatkind, ‘n simbool van kollektiewe skuld. Of kan dit ‘n teken daarvan wees dat sy die insig gegee is en dat die onus op haar rus om nie ‘verby’ te kyk nie, maar om iets te doen en ‘n verskil te maak.