Gedig - 'n Tipe epistemologie van water Flashcards
Bespreek hoe die titel by die inhoud aansluit.
Die woord ‘epistemologie’ verwys hier na ‘n verslag van die verwoesting wat deur vloedwaters gesaai word eerder as na die studie van die bron, aard en beperkings van kennis.
Verduidelik die metafoor in ‘skeef gearseer’ (reël 2)
Die skuins vallende reën herinner aan die manier waarop skuins lyne gebruik word om arsering in tekeninge te doen.
Watter twee woorde in reël 3 sluit by mekaar aan?
‘getint’, ‘kleure’
Lewer kommentaar op die gebruik van die meervoudsvorm ‘waters’,
Die meervoudsvorm ‘waters’ word in reël 5 en 19 gebruik en beklemtoon die oorweldigende en onheilspellende aard van die vloedwater
Is die diere wat in reël 9 genoem word inderdaad ‘getem’? Verduidelik.
Nee, omdat die mense en diere almal gedwing is om veiligheid op dieselfde plekke te vind, is hulle gedwing om so na aan mekaar te wees.
Verduidelik die woord ‘peupel’ (reël 10)
Dit kom van die woord ‘gepeupel’ wat na die volksmense, die massas, verwys. Hier beteken dit ‘menigte’.
Bestudeer reël 11 en noem dan watter twee tegnieke gebruik word om sin 2 en sin 3 met mekaar te skakel.
Die gebruik van die voegwoord ‘En’ dui aan dat sin 3 direk met sin 2 skakel. Die feit dat sin 3 in die middel in plaas van aan die begin van ‘n versreël begin, dui ook ‘n verband tussen die twee sinne aan.
Kon daar werklik ‘arke’ gewees het tussen die voorwerpe wat in reël 12 tot 14 genoem word? Motiveer.
Waarskynlik nie, dit verwys moontlik na drywende voorwerpe wat gebruik is om aan vas te hou of waarin diertjies toevallig nog veilig is.
Bespreek twee maniere waarop die woord ‘vlotte’ beklemtoon word.
Die alliterasie van die fl/vl- en t-klank en die assonansie van die o- en e-klank in ‘flottielje vlotte’ veroorsaak dat albei woorde beklemtoon word, As gevolg van die enjambement tussen reël 14 en 15 is die ‘vlotte’ in ‘n beklemtoonde posisie aan die einde van reël 14.
Wat is die funksie van herhaling van die lang oo-klanke in reël 15?
Dit beklemtoon die woorde ‘nood’ en ‘dood’ en verbind die woorde klankmatig.
Wat is die funksie van herhaling van die woorde ‘laat rol’ in reël 19 en 20?
Dit beklemtoon dat die aksie aanhoudend plaasvind en dit versterk die onheilspellende toon.
Watter drie tegnieke word in reël 20 en 21 gebruik om die afgryslikheid van die lyke te beklemtoon?
- Die voorkoms van die lyke word grafies beskryf deur die woorde ‘glinsterende groen’.
?? (korrek?)
Bespreek die effek wat bereik word deur na die verdrinkte mense as ‘dooie vleis’ (reël 22) te verwys/
(? Nie antw op bl)