Gedig - Vroegherfs Flashcards

1
Q

Bespreek die beeldspraak in reël 1.

A

In die metafoor ‘Die jaar word ryp’ word daar na die natuur se veranderingsproses in die herfs verwys. Dit sluit aan by die manier waarop daar na jong mense as in die lente van hulle lewe, en na ouer mense as in die winter van hulle lewe verwys word.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Haal sewe dinge uit die oktaaf aan wat by die titel en die seisoenveranderinge aansluit.

A
'goue akkerblare'
'wingerd...verbruin'
'witter lug'
'nuwe wind'
'elke blom word vrug'
'blare val'
'takke van... populiere ... witter'
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Watter funksie het die herhaling van die lang a-klanke in die oktaaf?

A

Dit dra by tot die rustige toon en stadige tempo van verandering; dit beklemtoon ook die betekenis van woorde, soos ‘traagstes’, en dit verbind woorde klankmatig, soos ‘vaal’ en ‘laan’.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Hoe sluit die herhaling van ‘witter’ (reël 2, 8) aan by die tema?

A

Die kleur ‘wit’ sluit aan by die suiweringsproses wat die spreker begeer, en die vergrotende trap ‘witter’ beklemtoon die suiweringsproses.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Bespreek die funksie van die enjambement aan die einde van reël 3

A

Dit verdoesel die sterk rympatroon en sorg dat die woorde ‘klare’ en ‘son’ in ‘n beklemtoonde posisie is.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Bespreek die funksie van die enjambement aan die einde van reël 12

A

Dit verdoesel die sterk rympatroon en help om die afwaartse proses van ‘stort’ visueel uit te beeld.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Bespreek die funksie van die herhaling van ‘word’ in die gedig.

A

Dit beklemtoon die wordingsproses in die natuur en die proses van aktiewe verandering wat die spreker in homself verlang.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Waarna verwys ‘hierdie dae’ (reël 9)?

A

Die tydperk van suiwering en verandering in die spreker se lewe - sy figuurlike herfs.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Evalueer die doeltreffendheid van die gebruik van die woorde ‘O Heer’ (reël 9).

A

Dit is ‘n duidelike aanduiding van die ‘grens’ tussen die oktaaf en die sestet.
Dit maak dit duidelik dat die sestet ‘n gebed is.
Dit beklemtoon die innigheid en dringendheid van die spreker se gebed.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Ontleed die funksie van die h-alliterasie in reël 9.

A

Dit beklemtoon veral die woorde ‘Here’ en ‘heilig’ en verbind dit klankmatig.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

By watter twee ander woorde sluit ‘pronk’ (reël 10) aan?

A

‘sieraad’, ‘waan’

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Watter woord vorm ‘n kontras met die woord ‘pronk’ en ander woorde wat by ‘pronk’ aansluit?

A

‘hoogheid’

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Watter woorde/frases sluit aan by die stropingsproses wat die spreker in hom begeer?

A

‘laat alles val…’; ‘laat stort my waan’

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Wat word deur die herhaling van ‘laat’ in reël 12 bereik?

A

Dit versterk die dringende toon en beklemtoon die veranderinge waarvoor die spreker bid.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Beskou die spreker pyn as positief of negatief? Verduidelik.

A

Pyn is vir hom positief, want hy wil die dinge wat ‘ver was van die pyn’, prysgee. Hy beskou pyn as ‘n integrale deel van die suiweringsproses.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Ontleed hoe woordkeuse ingespan word om die parallel tussen die oktaaf en die sestet uit te beeld.

A

Die herhaling van presiese woorde in die oktaaf en die sestet beklemtoon die parallelle proses in die natuur en die mens:
Oktaaf: ‘Die jaar word ryp..’ (reël 1);
Sestet: ‘laat ryp word Heer’ (reël 12).
Oktaaf: ‘die nuwe wind..’ (reël 3);
Sestet: ‘Heer, laat U wind waai’ (reël 12).
Oktaaf: ‘Die eerste blare val’ (reël 5);
Sestet: ‘laat alles val’ (reël 10); ‘laat stort’ (reël 12).

17
Q

Bespreek die rym en strofebou in die gedig.

A

Dit is ‘n Italiaanse sonnet wat bestaan uit ‘n oktaaf met twee kwatryne, en ‘n sestet met twee tersines. Na die oktaaf, wat oor die veranderingsproses in die natuur handel, is daar ‘n wending, waarna daar vir ‘n suiweringsproses in die mens gebid word. Die rymskema is abab/cdcd/efg/efg (dus kruisrym in die oktaaf) en daar word deurgaans manlike eindrym gebruik, behalwe in die geval van ‘blare’ - ‘klare’ in die eerste kwatryn.