Gedig - Een sprong vir ... Flashcards

1
Q

Waarmee word die maan tradisioneel in verband gebring?

A

Liefde

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Hoe sluit die verwysing na die eerste maanlanding hierby aan?

A

Die eerste maanlanding het tot gevolg gehad dat die maan nie meer as iets misterieus en romanties beskou is nie - die mens weet immers nou die ‘maan is beslis nie van kaas’. So weet die spreker ook dat wat sy gedink het liefde was, dit nie was nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

In die gedig is daar duidelik ‘n spel met clichés, reëls, uitsprake, gedagtes, gedigte en gegewens in verband met die maan. Ook die populêre liedjie ‘Could it be trule love/ No it was moon love’, weerklink in die gedig. Wat is die suggestie hier?

A

Haar liefde was ‘maanliefde’, by implikasie nie egte liefde nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Verduidelik die spreker se antwoord op die geliefde se vraag waarom sy nie herstel nie.

A

Die ‘jy’ het haar die ‘maan,/sterre en uitspansel beloof’. Die versreëls verwys na die bekende uitspraak ‘to promise someone the moon and stars’ wat verwys na beloftes wat entoesiasties gemaak word, maar nie nagekom word nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Watter ooreenkoms is daar tussen die spreker en Neil Armstrong se ervaring van die maan?

A

Albei ervaar die ontmaskerende en deillusionerende realiteit van die maan: die bekoorlike glans en misterie wat die maan van ‘n afstand gehad het, was nie realiteit nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Met watter realiteit bring die besoek aan die maan die spreker in aanraking?

A

Die onaangename realiteit eerder as ‘n romantiese droomwêreld: daar is sprake van ‘kraters’ en ‘stil verwoesting’ wat die ‘jy’ saai.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Wat doen die spreker nog in nabootsing van Neil Armstrong?

A

Sy plant ‘n vlaggie

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Hoe verskil hierdie daad (van nabootsing) van haar van dié van Neil Armstrong?

A

Hare is ‘n ‘vlaggie van rekapitulasie’

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Waardeur word die spreker se terugkeer na die aarde uiteindelik moontlik gemaak?

A

deur haar poësie

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Watter metafoor gebruik die spreker vir die poësie?

A

‘die lugskip van glas’

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Watter effek het die vonds wat die spreker van die maan af saambring?

A

Dit verplaas vir haar uiteindelik, skrikwekkend, die maanlandskap na die aarde.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Wat is die implikasies van die vonds wat die spreker van die maan af saambring?

A

Ontvlugting is vir haar nie moontlik nie - die na-effekte van die ongelukkige liefdesverhouding kan nie ontvlug word nie, maar word eerder voortgedra deur die poësie waarin dit beskryf word.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Watter verandering kom voor in die vraag wat herhaal word in die slotstrofe?

A

‘herstel’ word verander na ‘vergeet’

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Watter antwoord gee die spreker hierdie keer op die vraag?

A

Sy sê sy weet dat die maan beslis nie van kaas gemaak is nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Verduidelik die betekenis van hierdie antwoord binne die konteks van die gedig.

A

Om te glo dat die maan van kaas gemaak is, is om uitsonderlik liggelowig te wees en jou enigiets te laat wysmaak. Die spreker gee met dié antwoord finaal haar ontnugtering met al die fantasieë rondom die maan te kenne. Na haar ervaring van die onherbergsame maanlandskap, simbolies van die destruktiewe liefde, glo sy geeneen van die fabeltjies in verband met die maan meer nie. Sy weet dat die maan nie van kaas is nie en dat dit weinig romantiese illusies vir haar inhou.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Waarna verwys die titel van die gedig? (1)

A

Dit verwys na die ruimtereisiger Neil Armstrong se beroemde woorde toe hy in 1969 die eerste man geword het om sy voet op die maan te sit.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
17
Q

Die digter laat die woord ‘reuse-‘ of ‘groot’ in die titel weg. Dink jy die weglating beïnvloed die betekenis van die titel? Motiveer jou antw. (2)

A

Moontlike antw.: Die weglaat van ‘groot’ kan impliseer dat die sprong nie ‘n groot sprong is nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
18
Q

Waaroor handel die gedig? (2)

A

Dit handel oor ‘n gebroke verhouding.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
19
Q

Wie is die spreker in die gedig? (1)

A

Dit is iemand wat deur haar geliefde verlaat is.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
20
Q

Wie is die aangesprokene? (1)

A

Dit is die geliefde wat die spreker verlaat het.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
21
Q

Wat het die ‘jy’ by implikasie vir die spreker gevra waarop sy dan in die gedig reageer? (2)

A

Die persoon het gevra waarom die spreker nie herstel en vergeet nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
22
Q

Waaraan ly die spreker waarvan sy nie ‘herstel’ het nie? (1)

A

Sy ly aan ‘n gebroke hart.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
23
Q

Wat is die funksie van die aandagstreep in reëls 2 en 18? (2)

A

Dit vestig die aandag op die antw. wat die spreker in die volgende reël gee.

24
Q

Wat beteken dit om iemand die maan en sterre te beloof? (2)

A

Dit beteken om entoesiastiese beloftes te maak wat nie nagekom gaan of kan word nie.

25
Q

Wat is die effek daarvan dat die spreker sê sy is die ‘maan, sterre en uitspansel’ beloof? (2)

A

Sy impliseer dat die geliefde haar selfs meer as net die maan en sterre beloof het, wat die verbreking van die beloftes selfs erger maak.

26
Q

Hoekom herstel die spreker waarskynlik nie na hierdie belofte nie? (2)

A

Hoe groter die beloftes was, hoe moeiliker is dit waarskynlik om oor die teleurstelling en gevoel van verwerping te kom.

27
Q

Watter verskillende betekenisassosiasies het die uitdrukking ‘na die maan’? (reël 5) (3)

A

Om iemand na die maan te stuur beteken om die persoon weg te jaag. As iets ‘na die maan’ is, is dit verlore of verby. As ‘n mens sê iemand kan ‘na die maan vlieg’, gee jy nie om wat met die persoon gebeur nie.

28
Q

Watter tweeledige betekenis het dit dat die ‘jy’ die spreker ‘na die maan’ stuur? (Hou die romantiese konnotasie van die maan in gedagte) (2)

A

Dit beteken letterlik dat die verhouding verbreek is. Die uitdrukking suggereer ook iets positiefs: om ‘na die maan’ gestuur te word kan ook beteken om iets van die euforie en verrukking van die liefde te ervaar.

29
Q

Op watter ironiese manier kom die spreker se geliefde tog sy of haar belofte na? (2)

A

Die spreker is onder andere die maan belowe en nou word sy weliswaar ‘na die maan’ gestuur.

30
Q

Wat beteken ‘á la Neil Armstrong’? (1)

A

Net soos Neil Armstrong

31
Q

Watter ooreenkoms is daar tussen Neil Armstrong en die spreker? (1)

A

Albei is ‘na die maan’: eersgenoemde letterlik en die spreker figuurlik.

32
Q

Hoe ervaar hulle albei die maan? Verduidelik. (2)

A

Albei ervaar dat die maan in werklikheid nie die bekoorlike glans en misterie het wat dit van ‘n afstand het nie. Dit is geen romantiese milieu nie, maar ‘n wêreld vor ‘kraters’ en ‘verwoesting’

33
Q

Wat is ‘n mens se eerste assosiasie met ‘n ‘lugdrukvrye atmosfeer’? (2)

A

Dit het waarskynlik eerstens assosiasies met onbesorgdheid en kommerloosheid.

34
Q

Wat is die realiteit van die uitwerking van ‘n lugdrukvrye omgewing op die mens? (2)

A

Beserings wat uiteindelik lei tot die dood.

35
Q

Kan jy nou aflei wat die sprong in die titel vir die spreker beteken (2)

A

Dit is waarskynlik ‘n sprong van insig: sy leer dat die liefde nie so wonderlik en romanties is as wat dit gelyk het nie en ook dat dit nie duur nie en dat dit net ‘n illusie is. Soos die maan bring dit ‘n mens in kontak met verwoesting en seerkry.

36
Q

Wat is die funksie van die enjambemente in reëls 5 tot 7? (2)

A

Dit ondersteun die beweging wat gesuggereer word deur die ‘stuur’ na die maan.

37
Q

Wat is die funksie van die k-alliterasie in reël 8? (2)

A

Dit verbind die twee woorde wat volgens hul betekenisse by mekaar aansluit, naamlik ‘karteer’ en ‘kraters’.

38
Q

Watter voorbeeld van Neil Armstrong volg die spreker? (1)

A

Sy plant ook ‘n vlaggie op die maan.

39
Q

Hoe verskil die vlaggie wat Neil Armstrong geplant het van die vlaggie wat die spreker plant? (2)

A

Haar vlaggie is nie ‘n simbool van oorwinning nie, maar van ‘rekapitulasie’.

40
Q

Verduidelik wat ‘n “vlaggie van rekapitulasie” waarskynlik beteken. (3)

A

Die vlaggie is ‘n samevatting, opsomming (rekapitulasie) van hul verhouding: die vlaggie sê ‘dis verby’, soos dit in die daaropvolgende parentese weergegee word. In die woord ‘rekapitulasie’ herken ‘n mens egter ook ‘kapitulasie’ wat ‘oorgawe’ beteken en ‘re’, ‘n voorvoegsel wat ‘weer’ beteken. Die woord ‘rekapitulasie’ kry dus ‘n addisionele betekenisnuanse, naamlik ‘herhaaldelike oorgawe’. Sy het misluk in haar poging om die verhouding te red en moet aanvaar dat dit verby is.

41
Q

Wat is die funksie van die herhaling in die parentese? (2)

A

Dit beklemtoon vir die spreker die finaliteit van die einde van die verhouding.

42
Q

Wat is die funksie van die beletselteken in die parentese? (2)

A

Dit suggereer dat die werklikheid van die beëindiging voortdurend aan haar bevestig word. Dit is asof die woorde in haar kop bly eggo. Sy kan nie ontsnap aan die seerkry nie.

43
Q

In Hambidge se gedig verwys die ‘klein silw’rige planeet’ nie na die maan nie, want die maan is nie ‘n planeet nie; dit is ‘n satelliet van die aarde. Hoe verklaar jy die diskrepansie in strofe 2? (Die ‘jy’ het immers die spreker ‘na die maan’ gestuur waar sy die ‘stil verwoesting’ aanskou het. Nou plant sy haar vlaggie op die ‘klein silw’rige planeet’, net om in die volgende strofe terug te keer na die aarde. (4)

A

Dit hang moontlik saam met haar vergissing.
Net soos die liefde nie dit was wat sy gedink het dit is nie, so is die maan nie die planeet wat sy gedink het dit is nie.
Dit het bloot gelyk soos ‘n planeet vanuit haar toestand van verliefdheid.
Die plek wat sy met die euforie van die liefde geassosieer het, was eintlik niks beter as die aarde nie.

44
Q

In die metafoor ‘lugskip van glas’ resoneer DJ Opperman se gedig ‘Digter’. In die gedig vergelyk die spreker die digter met ‘n krygsgevangene wat op Ceylon sit en ‘n skippie in ‘n bottel bou waarmee hy dan in sy verbeelding terugreis na sy vaderland. In die gedig word die skippie in die bottel simbool van die gedig wat die digter, as gevolg van sy verlange na sy vaderland, ‘snags in die geel gloed van die kers elke woord laat skik tot klein stellasies vers’. Watter ooreenkoms(te) is daar tussen ‘n ‘lugskip van glas’ en die poësie? (4)

A

Die lugskip is ‘n vervoermiddel, soos wat die gedig vir die spreker ‘n vervoermiddel is - iets waarmee sy buite die grense van ruimte en tyd kan reis, in die streke van die fantasie.
Dit bied dus ontvlugting uit die werklikheid en in ‘n mate ook beveiliging.
Maar die lugskip is van glas en dus breekbaar, wat suggereer dat die geborgenheid nie so onaantasbaar is nie.
Glas is natuurlik ook deursigtig, wat beteken dat mens van buite af kan inkyk - net soos in die gedig - om hul eie afleidings te maak en oordele te vel.

45
Q

Die spreker keer nie werklik letterlik terug na die aarde nie. Wat word dus gesuggereer deur die tergkeer na die aarde in reël 12? (2)

A

Daar is iets van die suggestie van die uitdrukking ‘terug aarde toe kom’ wat beteken om van jou illusies ontneem te word.
Hier is dus weereens die besef dat die liefde bloot ‘n illusie was.

46
Q

Wat is die implikasie van die spreker se handeling om, by wyse van spreke, foto’s en ‘stukkies maankors’ van die maan saam terug te bring? (2)

A

Dit beteken dat sy die maanlandskap, wat in die teken van verwoesting staan, met haar saambring aarde toe en dat sy gevolglik nie kan ontvlug uit die hartseer van die gebroke verhouding nie.

47
Q

Watter insig bereik die spreker ‘ná maande’? (1)

A

‘die maan is hiér’

48
Q

Verduidelik wat jy dink die spreker bedoel wanneer sy in reël 16 sê ‘die maan is hier’ (2)

A

Sy het die herinneringe aan die liefde, die foto’s en ‘stukkies maankors’ met haar saamgebring! Sy kon dus nie regtig ontvlug nie. Die skryf van poësie as ontvlugting het ironies presies die teenoorgestelde uitwerking: dit laat die seerkry en ongelukkigheid voortduur.

49
Q

In watter opsig verskil die vraag in die slotstrofe van die vraag in strofe 1? (2)

A

Die woord ‘herstel’ word verander na ‘vergeet’

50
Q

Hoe beantwoord sy nou die vraag? (2)

A

Sy sê sy weet die maan is nie van kaas gemaak nie.

51
Q

Hoe word die gedig besonder heg afgesluit? (2)

A

Die slotstrofe eggo die eerste strofe in vorm en feitlik ook wat betref die inhoud.

52
Q

Wat beteken die uitdrukking om te glo dat die maan van kaas gemaak is? (2)

A

Dit beteken om alles te glo wat jy hoor of om baie liggelowig te wees.

53
Q

Wat sê die spreker dus met haar antwoord? (2)

A

Sy sê dat sy haar liggelowigheid verloor het, dat sy dus nie meer die mites omtrent die liefde glo nie.

54
Q

Wat dink jy is die verband tussen die bundeltitel ‘Kriptonemie’ en die gediginhoud? (3)

A

Byvoorbeeld: Die spreker ontluister die liefde en die geheimenisse daarvan in en deur die gedig. Ook die leser kry via die ‘geheimskrif’ van die gedig insae in die raaisels van verhoudings en die liefde.

55
Q

Hoekom sou jy die vorm van die gedig as funksioneel beskou? (3)

A

Die versreëls word toenemend langer na die middel van die gedig en dan weer korter na die einde - wat saamhang met die …(einde v bl. Vraag 15 - Is jy skerp genoeg?)