Die Kwart-voor-sewe Lelie 1.63-1.86 Flashcards
Waarom is sowel Iris as Peter ontsteld oor die kabelgram wat sy ontvang?
Pieter is kwaad omdat dit ‘n huweliksaansoek van Frederik is.
Iris is kwaad omdat sy aanvanklik gedink het dit is slegte nuus van die huis af.
Wat is Iris se besware om Peter se hand vas te hou of by hom in te haak?
As hulle hande vashou, lyk dit of hulle gekys is.
As hulle ingehaak loop, lyk dit of hulle getroud is.
Watter advies gee die Engel haar oor ‘n toekoms in die mode-wêreld?
Die Engel sê dat sy dwaas sal wees indien sy die kans aanvaar.
Watter advies gee Peter haar?
Peter raai haar af.
Hy sê dat hy nie vir haar gaan wag nie; hy stap aan in jare.
Sy het ook nie ‘n groen kaart om in Amerika te werk nie. Hy wens haar naam was nooit Iris nie.
Waarom is Peter en Iris se kennismaking met Brian se huis allesbehalwe romanties?
- bedompige reuk
- kakkerlakke
- vetspatsels
Glad nie die romantiese beeld van houthut in die sneeu nie.
Hoekom wou Iris ‘n privaat gesprek buite met die Engel hê.
Sy wou hom roskam omdat hy haar verkeerde advies gegee het om Vermont toe te kom.
Sou jy sê dat Bettie ‘n gewone beroep beklee?
Nee, dis ongewoon vir ‘n vrou.
Sy is die eienaar van ‘n ysterwarewinkel.
Hoe manipuleer die twee kinders vir Brian?
Hulle wou nie hê hy moes met Bettie trou nie - haar selfs nie uitneem nie - en het dan groot dramas veroorsaak.
Hy het skuldig gevoel oor die egskeiding en omdat hy dikwels weg is by die werk.
Wat was Bettie se reaksie toe sy van die modelleerkontrak hoor wat Iris nie aanvaar het nie?
Sy sê Iris moes dit nooit gedoen het nie, want so ‘n kans kry mens net een keer in ‘n leeftyd.
Hoe slaag Iris uiteindelik daarin om Bettie uit haar depressiewe toestand te kry en selfs te laat lag?
Sy vertel haar van die engel en meen dat die jare dat hy weg was tussen Iris en haar ouma, hy waarskynlik vir ‘n reoriëntasiekursus was.
Wat dink Iris was Bettie se “moment van volmaakte sintese?
Toe Bettie Brian ontmoet het toe sy warmwatertenk ontblof het.
Wat is Brian en sy buurman se oomblik van glorie of blomoomblik?
Brian wil net van dag tot dag voortgaan, werk, sy kinders om hom hê en vakansie hou.
Vir my buurman is dit wanneer sy kaktus blom.
Waarvan maak Iris ‘n notatjie as sy Peter saam met Brian se kinders sien?
Hy sal ‘n goeie pa maak.
Bettie se gifdrinkery word deeglik voorberei deurdat daar drie keer vooraf verwys word na gif. Bespreek.
Bettie se ouers is dood toe hulle per ongeluk miergif ingekry het nadat bure vir hulle oorskietkos gegee het.
Brian se kinders wil Bettie vergiftig. Iris en Bettie kom af op ‘n hele kas vol gif in die kombuis.
Watter insig gee die Engel vir Iris i.v.m. Bettie se gifdrinkery?
Bettie het nie werklik gif gedrink nie en sy was waarskynlik siek van te veel eet en drink.
Benoem die stylfiguur:
Volgens Ouma het die Engel “haar aangeraai om haar onheiligheid met Oupa te staak”
Eufemisme.
Assesseer Johanna se geloof aan alternatiewe medisyne.
Antibiotika was gif in Johanna se oë en haar druppels en boererate was nog altyd vir haar voldoende.
Met rou eiers, asyn, brandewyn, bruinsuiker en Jamaikagemmer het Johanna baie dinge reggedokter.
Niemand het raad geweet met Kara se uitslag nie, maar Johanna het dit vinnig reggedokter deur ‘n pap daarop te smeer.
Dit is duidelik dat Johanna redelik kennis van allerlei boererate het en redelik suksesvol daarmee was. Miskien deel ons nie haar geloof aan alternatiewe medisyne nie, maar ons kan dit respekteer.
Watter ander twee beroepe geval Iris ook? Hoekom, dink jy?
Posbode en buskondukteur. Dit gee haar tyd om te dink en sy is buite.
Evalueer die ironisering van die sosiale konvensie dat moeders hulle dogters leer handwerk doen en klavier speel.
Iris droom van haar lewe saam met Peter en dat sy haar dogters wil leer handwerk doen en klavier speel, maar dan besef sy dat hulle eerder vir haar sal moet leer, aangesien sy nie een van die twee vaardighede kan doen nie.