Gedig - Busrit in die aand Flashcards

1
Q

Hoe word die afgesonderdheid en swye van die werkers in strofe 1 beklemtoon?

A

Elkeen sit langs ‘sy yl weerkaatsing’; dus afgesonderd van ander mense. Hulle monde is ‘moeg gesluit’, wat beteken hulle het nie lus of die energie om te gesels nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Bespreek die implistiese kommentaar wat op die werkers se huislike lewe gelewer word.

A

Hulle huislike lewe kan nie bevredigend wees nie, want hulle toon geen teken dat hulle bly is om huis toe te gaan nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Wat is die funksie van die alliterasie in reël 2?

A

Die s- en m-alliterasie beklemtoon die woorde ‘sit’ en ‘suf’ en ‘monde moeg’ - dus die willose moegheid van die werkers.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Bespreek die vergelyking in strofe 2.

A

Die beweging van lig op die nat, blink teer word met die weerkaatsing van lig op ‘n dam vergelyk, wat ‘n positiewe beeld oproep. By implikasie word ‘n ooreenkoms tussen die stad en die platteland getoon, wat plattelanders wat slegs in die stad is om daar te werk, nostalgies kan maak.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Lewer kommentaar op die woordkeuse van ‘ploeg’ in strofe 3.

A

Dit dui op moeisame beweging.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Bespreek die beeldspraak in strofe 3.

A

In die metafoor is die bus ‘n seerowerskip, die busbestuurder ‘n stuurman en die passasiers die buit/slawe. Die passasiers word dus uitgebeeld as willoos oorgelewer aan hulle omstandighede.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Watter doel dien die personifikasie in strofe 4?

A

Die woorde ‘waggel’, ‘gekners’, ‘hyg’, ‘snork’, ‘swoeg’ gee aan die bus menslike eienskappe en personifieer dit dus.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Bespreek die verskil tussen die werkers en die twee verliefdes.

A

Die verliefdes is kinderlik, gelukkig, laggend, het glinsterende oë en is saam. Die werkers is moeg, swygend en op hulle eie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Lewer kommentaar op die strukturele funksie van die slotstrofe

A

Omdat die slotstrofe ‘n gewysigde herhaling van strofe 1 is, beklemtoon dit die uitsiglose omstandighede van die werkers wat vasgevang is in hulle daaglikse roetine. Die herhaling gee aan die gedig ‘n hegte eenheid.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Beskryf die rymsoort en die rympatroon in die gedig.

A

Die soort rym wat in die gedig gebruik word, is kettingrym. Die rymskema is aab ccd aab ddb eed aab.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Hoe ondersteun die soort eindrym in die gedig die tema?

A

In die gedig word manlike rym gebruik, behalwe die vroulike rym in reël 13 en 14, waar die verliefdes beskryf word. Die kontras tussen die werkers en die verliefdes word dus deur die rymvorm ondersteun.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly