Kwart voor sewe lelie bl. 103 - 220 Flashcards

1
Q

Dit blyk ook uit Joe en die tweede taxibestuurder se reaksie dat Suid-Afrikaners nie baie gewild oorsee is nie. Hoekom, dink jy? (1)

A

Die roman speel af in die apartheidsjare, en gedurende daardie tyd was wit Suid-Afrikaners baie ongewild oorsee a.g.v. die destydse regering se beleid.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Iris se woorde aan Billy op bl. 104 is die sleutel tot die tema van die roman. Haal dit aan en formuleer dan die tema van ‘Die kwart-voor-sewe-lelie’. (3)

A

‘Ek glo al sedert my skooldae dat ek, soos my botaniese naamgenoot, die een of ander tyd moet blom en dat ek dus te alle tye gereed moet wees en nooit ‘n nuwe aanbod van die hand mag wys of ‘n potensiaal opwindende situasie onbenut mag laat nie.’
Die mens se hunkering na die groot oomblik in sy lewe, maar hy moet versigtig wees dat die nóú en híér nie verbygaan nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Die hotelpersoneel was allesbehalwe hulpvaardig. Verduidelik (2)

A
  • Toe sy vir koffie vra, het die ontvangsklerk snedig gesê dat dit nie die Hilton is nie.
  • Hy het nagelaat om haar in te lig dat daar koffie in haar kamer is
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

‘Kan tog nie wees nie,’ het hy gesê. ‘Die stad is logies uitgelê, die strate is genommer. As jy kan tel, sal jy regkom.’ (p.108) Watter stylfiguur kom hier voor? (1)

A

Sarkasme

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Hoekom het Iris se verbeeldingsvlugte weer oorgeneem in New York nadat sy lanklaas gefantaseer het? (1)

A

Sy was alleen en skrikkerig op ‘n vreemde plek

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Wat in die vrou in die koffiewinkel/deli se storie spreek tot Iris? Hoekom? (1)

A

Sy wou weet of die vrou lief was vir die man met wie sy moes trou. Die skepper van romantiese maaksels in haar het dit gevra.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Hoekom het Iris getwyfel of sy vir Peter wou sien toe hy haar in haar hotelkamer in New York bel? (1)

A

Sy het so lanklaas kontak gehad met hom (behalwe die poskaarte) en het nie geweet of sy nog lief is vir hom en hy vir haar nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Watter beloftes maak Joe alles aan Iris? (1)

A

Sy kan ‘n fortuin maak en die gesig van die jaar word.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Hoe uitoorlê die vuurhoutjiedosieversamelaar vir Iris? (2)

A

Hy bied aan om haar rekening te betaal en as sy aanbied om syne te betaal (omdat hy werkloos is), aanvaar hy dit en sy moet opdok vir sy toebroodjie en vele koppies koffie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Bespreek die lui van die telefoon as ‘n ‘deux ex machina’ tussen Peter en Iris. (4)

A
  • ‘n Deux ex machina is ‘n maklike, toevallige, ongemotiveerde oplossing vir ‘n moeilike situasie
  • Tussen Peter en Iris is daar ‘n sterk fisieke aantrekkingskrag, maar hulle ken mekaar nie goed nie en daar is geen emosionele band nie
  • Net voor Iris weer voor die fisieke versoeking swig, lui die telefoon en is die probleem tydelik opgelos
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Wat sou Iris eendag met al die irisse in haar tuin doen as sy met Peter sou trou? Hoekom? (1)

A

Sy sal dit uitspit, want hy en die kinders sal haar net daaroor terg.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Wat bring ‘n einde aan die ordelikheid van Elsa se lewe? (1)

A

Toe sy ‘n drieling kry

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Hoe raak Iris weer eens die buitestander toe Kara kom kuier met Michel? (1)

A

Sy is nie deel van Kara en Elsa se gesprekke oor babas nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

‘Hannes en sy beheptheid met sproete was maar die aanloop tot veel groter konfklik’. Hoe word hierdie vroeëre uitspraak (p.16) nou bewaarheid? (1)

A

Hy het ‘n buite-egtelike verhouding

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Hoekom verwyt Iris die Engel vir Elsa se ongelukkigheid? (1)

A

Hy moes ‘n ogie oor Hannes hou sodat hy nie sy vrou kan verkul nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q
Paar die studierigting in Kolom B af met die naam in Kolom. A. Skryf elke keer die volledige antwoord neer. (6)
KOLOM A
- Peter
- Frederik
- Jonsie
- Claude
- Iris
- Elsa
KOLOM B
- Kunsgeskiedenis
- Letterkunde
- Ingenieurswese
- Houtwerk
- Tandheelkunde
- Onderwys
A
  • Peter - Ingenieurswese
  • Frederik - Tandheelkunde
  • Jonsie - Houtwerk
  • Claude - Kunsgeskiedenis
  • Iris - Letterkunde
  • Elsa - Onderwyser
17
Q

Hoekom vertrou Peter se pa nie vir Iris naby sy voëls nie? (1)

A
  • Hy is bang sy toor hulle

- Hy sê Iris kan goël

18
Q

Hoe dink Peter se pa, kan Iris behulpsaam wees met die een wyfie wat haar eiers uit die nes gooi? (1)

A

Sy kan die dolosse gooi om uit te vind hoekom

19
Q

Hoekom beskou Merel vir Peter as ‘n chauvinistiese vark? (1)

A

Omdat hy Iris van haar groot geleentheid - om ‘n model te word - laat afsien het.

20
Q

Wat was die wesenlike verskil tussen Merel en Iris? Bespreek (3)

A
  • Merel het nie soos Iris vir die groot oomblik gesit en wag nie; sy was een wat daadwerklik optree
  • Sy was nie die soort mens wat sou sit en wonder wanneer sy eendag gaan blom nie; sy sou self die tyd, plek en datum bepaal, die gebeurtenis deeglik beplan en dan almal wat belangstel, inlig
21
Q

Verwag jy dat Merel en Elsa goed oor die weg sal kom? Motiveer jou antwoord (2)

A

Nee. Hulle altwee beplan altyd alles baie deeglik en hulle kan dalk mekaar irriteer. Hulle is albei ook militante feministe.

22
Q

Iris was allesbehalwe die prentjiemooi bruid op ‘n idilliese troudag met ‘n romantiese wittebrood daarna. Bespreek. (4)

A
  • Sy trou in Elsa se skoonma se gordyne en dra die grootste gedeelte van die dag ‘n trui bo-oor haar trourok
  • Ma het onpaar handskoene aan
  • Johan laat die trouringe val.
  • I.p.v. ‘n wittebrood doen sy die volgende dag ‘n moeilike stukkie kaakchirurgie.
23
Q

Hoekom wil Iris alleen wees wanneer sy haar trourok gaan uittrek? (1)

A

Sy wou vir oulaas met die Engel gesels

24
Q

Merel het nooit opgehou om bedenkinge oor Peter te hê nie. Gee ‘n voorbeeld. (1)

A

As Peter vir Iris sê hulle moet huis toe gaan, dink Merel dat hy oor Iris baasspeel.

25
Q

Wie blameer Iris vir Peter se ongeluk? Hoekom? (2)

A

Die Engel. Hy moes die sweisapparaat se vlam doodgeblaas het.

26
Q

Hoekom het Ma besluit om plaas toe te trek? (1)

A

Na Iris se troue het haar dae leeg geword en haar aande selfs nog leër.

27
Q

Ontleed die slottoneel. (p. 220) (5)

A
  • Tydens die slottoneel in die roman sit IRIS EN JOHANNA en wag vir die verskyning van die kwart-voor-sewe-lelie
  • Die ENGEL is ook êrens in die tuin en POLDER is saam met hulle
  • Dit blyk ‘n gereelde verskynsel te wees - die groepie wat wag op die lelie om te blom
  • Die IMPLIKASIE is dat Iris tot die besef gekom het dat ‘n mens se hele lewe ‘n blomtydperk kan wees; dit word nie net beperk tot ‘n magiese oomblik nie
  • Die REALITEIT van ‘n geroetineerde voorstedelike bestaan kan net so magies wees soos die beste fantasie