Die Kwart-voor-sewe Lelie Kontekstuele Vrae 1.22-1.37 Flashcards
Som die uitgebreide verbeeldingsvlug op wat Elsa se swangerskap by Iris veroorsaak:
Die heldin in Iris se verbeeldingsvlug, Greta, laat een aand ‘n goeie vriend, maar rokjagter, Pieter, sy hart oor ‘n meisie uitpraat
Die een ding lei tot die volgende, nege maande later is sy swanger, Peter sterf in ‘n motorongeluk en sy ouer broer, Eduard besluit teen sy sin om haar op te soek
Terwyl hy haar een aand besoek, moet hy haar inderhaas hospitaal toe neem waar sy kraam.
Teen sy sin raak hy in Greta geinteresseerd
Watter twee groot gebeure kompliseer Iris se verbeeldingsvlug
Elsa kraam
Iris ontmoet ‘n nie-fiktiewe Peter
Verduidelik: Alles wat Iris gedoen het, was mosterd na die maal vir haar ouers
Alles wat Iris beleef het was ou nuus vir haar ouers omdat haar twee susters alreeds iets soortgelyks beleef het
As die sesjarige Iris bv. vir haar ma se hul hondjie lyk soos ‘n teddiebeer, se Ma dat hy vir Elsa soos ‘n tiertjie gelyk het
Waarmee imponeer Peter dadelik vir Iris tydens hul kennismaking
Hy het nie net geweet dat haar naam na ‘n Griekse godin verwys nie; hy kon haar nog verder inlig
Iris staan ook bekend as die Griekse godin van die reënboog
Iris as embleem is gebruik o.m. as die fleur de lis op die Franse vlag
Wat het gebeur met Iris se fantasieë tydens haar besoek aan Peter se woonstel?
Haar fantasieë verdwyn; dit word oorheers deur die werklikheid - Peter se reuk en die hare op sy liggaam
Evalueer Johanna se bydrae tot die huishouding
Johanna lewer ‘n onmisbare bydrae tot die huishouding:
Sy leer Ma kook
Sy leer meisies hul eie hare vleg en
sy sit al die sleutels bymekaar in ‘n bak langs die voordeur
Wat lei jy af uit die manier waarop Ma vir Johanna help om die owerheid tov ‘n pas ontduik?
Ma het die owerheid gefrustreer met haar vae antwoorde en opmerkings soos dat Johanna familie van haar is
Dit blyk duidelik Ma se liberale politieke denke; sy is allesbehalwe ‘n rasis
Watter betekenis heg Iris aan dr. Anders se naam
Sy het gewonder in watter opsig hy “anders” was
Analiseer die gebrekkige kommunikasie tussen Iris en Peter tydens sy eerste besoek aan Iris-hulle se huis
Iris vra 2 vrae wat Peter heeltemal betrap en tekenend is van die gebrek aan begrip tussen hulle
Sy vra: Is jy ‘n student? en Peter dog sy het hom nie herken nie
Sy vra: “Bly jy in hierdie woonbuurt?” omdat sy nie gedink het dat hy hier is omdat hy vir haar kom kuier het nie
Hy wonder weer of haar ouers nie sou omgee as hy saameet nie. Sy verstaan sy vraag of haar ouers ook van die lemoenhoender hou.
Met hul ontmoeting lyk dit asof Ma ‘n verhouding met Peter aanmoedig: Waaruit blyk dit?
Sy is sjarmant teenoor hom, wil graag he hy en Iris moet alleen wees en moedig hulle aan om te gaan swem.
As hy haar vra of daar ‘n man is wat sal omgee indien sy vir hom in Amerika gaan kuier, verstaan sy hom weer verkeerd. Hoe antwoord sy hom?
Sy sê dat haar Pa en dr. Anders nie sal omgee nie.
“Waarom, waarom het jy daardie aand saam met my gegaan?” Hoe beantwoord Iris Peter se vraag?
Hyt haar aanvanklik aan die karakter in haar verbeeldingsvlug laat dink, maar sy het toe later besef dat die realiteit beter as fantasie is
“En ek is deel van so ‘n versinsel?”
Hoekom, reken Peter, het Iris vir hom geval?
Omdat hy haar aan een van die karakters in haar stories herinner.
Waarom was dr. Anders bly toe Peter se vakansie verby was?
Iris se konsentrasie en gedrag het verbeter en haar lang etensure het verkort.