WET OP GELYKE INDIENSNEMING Flashcards
1
Q
Doel van die WGI (4)
A
- Werknemers wat dieselfde werk doen moet dieselfde betaling ontvang.
- Geen diskriminasie op grond van geslag in die werksplek.
- Bevorder gelyke geleenthede en regverdige behandeling in die werksplek.
- Voorsien vir werknemers om onopgeloste geskille na die KVBA te verwys.
2
Q
Positiewe impak van die WGI (4)
A
- Bevorder gelyke geleenthede en regverdige behandeling in die werkplek.
- Bevorder die implementering van regstellende aksiemaatreels om die wanbalanse in indiensneming reg te stel.
- Voorsien werknemers met regsverteenwoordiging indien hulle glo dat hulle onbillik gediskrimineer is.
- Besighede is in ‘n beter posisie om kontrakte met die regering te onderhandel.
3
Q
Negatiewe impak van die WGI (4)
A
- Duur om iemand wat min van die wet weet, op te lei.
- Boetes vir nie-voldoenende besighede kan duur wees vir die besigheid.
- Besighede moet ‘n voldoening sertifikaat indien voordat hulle sake doen met staatsbesighede.
- Dikwels word posisies nie gevul omdat daar geen GI-kandidate is nie.
4
Q
Strawwe vir nie-nakoming van die WGI (2)
A
- Besighede kan na die Arbeidshof geneem word vir vervolging.
- Boetes mag opgelê word aan besighede wat versuim om aan sy verslagdoeningsverpligtinge te voldoen.
5
Q
Diskriminerende aksies volgens die WGI (2)
A
- Weier om ‘n persoon in diens te neem omdat hulle sterk godsdienstige oortuigings of ‘n gestremdheid het.
- Om mense toegang tot die werksplek te weier op grond van geslag, ras of kultuur.
6
Q
Maniere waarop kan voldoen aan WGI (4)
A
- Besighede moet waak teen diskriminerende aanstellings.
- Bevorder gelyke geleenthede en regverdige behandeling
- Redelike akkomodasie van mense uit aangewese groepe.
- Stel ‘n indiensnemingsplan in oorleg met werknemers op.