TOTALE GEHALTE BESTUUR Flashcards
1
Q
Beskrywing van TGB
A
- TGB is ‘n geintegreerde stelsel wat reg deur die organisasie toegepas word, wat help om kwaliteit produkte aan kliente te lewer.
- Dit is ‘n gedagterevolusie in die bestuur, waar die hele besigheid met alle klientebedrywighede, klientegeorienteerd is.
- TGB stel besighede in staat om voortdurend te verbeter op die lewering van produkte ten einde die behoeftes van kliente te bevredig.
- Bestuur verseker dat elke werknemer verantwoordelik is vir die kwaliteit van hulle werk.
2
Q
TGB elemente (5)
A
- Deurlopende vaardigheidsontwikkeling.
- Totale klantetevredenheid.
- Voldoende finansiering en kapasiteit.
- Deurlopende verbetering van prosesse en stelsels.
- Monitering en evaluering van gehalteprosesse.