VERGOEDING VIR BEROEPSBESERINGS EN -SIEKTES Flashcards
1
Q
Doel van WVBS (4)
A
- Voorsien ‘n omvattende beskerming aan werknemers wat beseer is in die verrigting van hul pligte.
- WVBS is van toepassing op alle deeltydse en voltydse werkers wat of beseer word weens ‘n werksongeluk.
- Dit sluit werkers uit met opsetlike wangedrag en lede van die SA Weermag en Polisiediens wat buite Suid-Afrika werk.
- Dit maak voorsiening vir die instelling van ‘n Vergoedingsraad wie se funksie is om die Minister van Arbeid te adviseer oor die aansoek van WVBS.
2
Q
Positiewe impak van die WVBS (4)
A
- Bevorder veiligheid in die werkplek.
- Skep ‘n raamwerk vir aanvaarbare indiensnemingspraktyke en veiligheidsregulasies.
- Voorsien administratiewe riglyne vir die hantering van eise.
- Eisprosesse is relatief eenvoudig.
3
Q
Negatiewe impak van die WVBS (2)
A
- Eisporosesse kan tydrowend wees.
- Prosedures wat deur hierdie Wet veries word, kan duur wees aangesien papierwerk ‘n ekstra administratiewe las op besighede plaas.
4
Q
Diskriminerende aksies volgens die WVBS (4)
A
- Werkgewers wat omkoop of voorkom dat werknemers die ongeluk rapporteer.
- Verskaf vals inligting oor vorige ernstige ongelukke.
- Werkgewers wat nie bydra tot die Vergoedingsfonds nie.
- Werkgewers wat nie eise vir beserings toelaat nie, diskrimineer teen beseerde werknemers.
5
Q
Strawwe vir nie-nakoming van WVBS (4)
A
- Besighede kan beboet word vir die weiering om die eis in te dien.
- Besighede kan gedwing word om groot betalings te maak indien hulle nie die nodige voorsorgmaatreels ingevolge die Wet geneem het nie.
- Hulle mag gedwing word om enige herstelkoste wat deur die Vergoedingsfonds vereis word, te betaal.
- Werknemers mag besighede na die hof neem omdat hulle nie die beseerde by die Kommisaris van die Vergoedingsfonds geregistreer het nie.
6
Q
Maniere waarop die WVBS voldoen kan word (4)
A
- Besighede moet ‘n veilige werksomgewing bied.
- Registreer by die Vergoedingskommissaris en verskaf die besonderhede van die besigheid.
- Rapporteer alle voorvalle wat die besering van werknemers veroorsaak.
- Heffings moet aan die Vergoedingsfonds betaal word.