NASIONALE KREDIETWET Flashcards
1
Q
Doel van die NKW (4)
A
- Bevorder die sosiale en finansiele belang van verbruikers.
- Bevorder ‘n billike, maar mededingende kredietmark.
- Verseker dat verbruiker weet wat ingesluit is in hul kredietkontrakte.
- Maak voorsiening vir die stigting van die NKT.
2
Q
Positiewe impak van die NKW (4)
A
- Gemagtigde kredietverskaffers mag meer kliente lok.
- Laer slegte skuld wat lei tot beter kontantvloei.
- Beskerm besighede teen nie-betalende verbruikers.
- Roei roekelose uitleen uit en voorkom dat besighede bankrot word.
3
Q
Negatiewe impak van die NKW (4)
A
- Die papierwerk en administratiewe proses wat deur die wet vereis word, is duur en tydrowend.
- Minder kliente koop op krediet omdat dit moeiliker is om krediet te verkry.
- Besighede sukkel om krediet te kry, soos banklenings.
- Besighede wat nie aan die NKW voldoen nie, kan regstappe in die gesig staar.
4
Q
Diskriminerende aksies volgens die NKW (2)
A
- Weiering van krediet aan kliente gebaseer op geslag en ras.
- Swartlys kliente sonder om te poog om die skuld te verhaal.
5
Q
Maniere waarop aan die NKW kan voldoen (4)
A
- Kredietverskaffers moet by die Nasionale Kredietreguleerder geregistreer wees.
- Besighede moet ‘n jaarlikse voldoeningsverslag aan die NKR voorle.
- Kredietverskaffers moet prosedures in plek he om aan die bepalings van die FICA te voldoen.
- Openbaarmaking van alle koste van die lening.