WET OP ARBEIDSVERHOUDINGE Flashcards
1
Q
Doel van die WAV (4)
A
- Verskaf ‘n raamwerk vir arbeidsverhoudinge tussen werkgewers en werknemers.
- Bevorder kollektiewe bedinging by die werksplek.
- Vestig Arbeidshowe en Arbeidsappelhof.
- Bevorder regverdige arbeidspraktyk tussen die werkgewers en werknemers.
2
Q
Positiewe impak van die WAV (4)
A
- Beskerm die regte van besighede in arbeidsverwante kwessies.
- Arbeidsgeskille word vinniger vereffen en minder duur.
- Voorkom onbillike diskriminasie in die werksplek aangesien dit gelyke geleenthede vir alle werknemers bevorder.
- WAV maak voorsiening vir die beginsels van kollektiewe bedinging en stel strukture in plek waarmee geskille in die werksplek afgehandel kan word.
3
Q
Negatiewe impak van die WAV (4)
A
- Produktiwiteit kan afneem as werknemers tydens werksure aan die aktiwiteite van vakbonde mag deelneem.
- Koste vir arbeid styg as gevolg van wettige stakings.
- Verminderde globale mededingendheid as gevolg van laer produktiwiteit.
- Stakingsaksies lei altyd tot verlies van produksie waarvoor werkgewers nie mag eis nie.
4
Q
Diskriminerende aksies volgens die WAV (4)
A
- Onwettige ontslag van werknemers.
- Weiering van die vestiging van werkplekforums.
- Dwing werknemers om vakbond-lidmaatskap op te gee.
- Voorkoming van werknemers om by vakbonde aan te sluit.
5
Q
Strawwe vir nie-nakoming van die WAV (2)
A
- Die werkgewer kan gedwing word om ‘n geskilbeslegtingsproses te betree.
- Besighede sal beboet word indien hulle nie voldoen aan die ooreenkomste wat tydens die geskilbeslegtingsproses bereik is nie.
6
Q
Maniere waarop WAV kan voldoen (4)
A
- Besighede moet werknemers toelaat om vakbonde te vorm.
- Ondersteun die vestiging van werkplekforums.
- Werknemers moet nie onwettig ontslaan word nie.
- Werkgewers moet nie enige kollektiewe ooreenkomste oortree nie.
7
Q
Regte van werkgewers volgens WAV (4)
A
- Werkgewers het die reg om werknemers uit te sluit wat onwettige stakings beoefen.
- Vorm werkgewersorganisasies.
- Vorm ‘n bedingingsraad vir kollektiewe bedingingsdoeleindes.
- Ontslaan werknemers wat betrokke is by ‘n onwettige staking.
8
Q
Regte van werknemers volgens WAV (4)
A
- Werknemers mag by ‘n vakbond van hul keuse aansluit.
- Begin wettige stakings as ‘n oplossing vor griewe.
- Verwys onopgeloste werkplek geskille na die KVBA.
Verwys onopgeloste KVBA geskille na die Arbeidshof of appel.