Wolwedans in die skemer Flashcards

1
Q

Bespreek die titel van hierdie fliek: Wolwedans in die Skemer. (3)

A

Wolwe = diere met misterie, word gesien as slim, lojaal en jagters dra by tot die spanning van die film. Dans = gesinchroniseerde bewegings op maat van musiek Skemer = oorgang tussen dag en nag = die misterieuse uur van die dag = kan simbolies wees van die oorgang tussen lewe en dood.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Wat was Hotel Njala se naam voorheen? En waarmee is op die plaas geboer?

A

Wolwedans en dit was ‘n mango plaas.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Die Motto: ​“As ‘n Hadida oor ‘n huis vlieg en sy angsroep oor die vallei skeur, se hulle dat iemand gaan sterf. Dit is dan wanneer die wolf uit sy skuilplek kruip om op die roep te beantwoord..” ​- is die beginwoorde van die rolprent. Wat atmosfeer en verwagtinge skep hierdie woorde by die kyker.

A

Onheilspellende atmosfeer, pas by die riller tema. Ons verwag dood of moord of iets sleg.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Wie is die hoofkarakter van die fliek?

A

Sonja Daneel.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Waarheen is sy oppad aan die begin van die vliek?

A

Sonja is oppad na Hotel Njala.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Wat sou sy daar gaan doen?

A

Sy is die nuwe ontvangsdame.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Wat gebeur met haar langs die pad en watter gevolge het hierdie gebuertenis?

A

Iemand kap ‘n boom af wat haar laat uitswenk (uitdraai) en die kar laat rol. Sy stamp haar kop in die ongeluk en verloor haar geheue.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Die hoofkarakter kry terugflitse wat vir ons grepe uit die verlede wys. Die terugflitse toon progressie, aangesien elkeen meer en meer inligting weergee. Noem drie dinge wat ons uit die terugflitse leer.

A

Ons leer dat haar ma vermoor is, ons sien dat sy ‘n jonger broer het, ons sien die begrafis van haar ma en die ring aan Ryno se hand wat aan die einde haar geheue laat terugkom.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Watter werk doen Ryno by Hotel Njala?

A

Ryno is die toergids.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Teken ‘n familieboom wat aandui hoe almal aan mekaar verwant is.

A
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Wie is die Hotelbestuurder?

A

Adele Joubert bestuur die hotel

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Wie is die eienares van Hotel Njala?

A

Diana Joubert is die eienaar van die hotel

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Wat het met Arista gebeur?

A

Arista is in haar bad met ‘n byl vermoor

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Wat is die name van die twee speurders wat die geheime moet ontrafel?

A

Conrad Nolta en Bertha

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Waar speel hierdie film af?

A

Speel af in Mpumalanga, Hazyview, Graskop-area

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Noem die name van die mense wat vermoor word in die volgorde wat hulle vermoor word.

A
  • Arista
  • Jan Joubert
  • Ryno
17
Q

Wie is die “Rooikappie-figuur” wat al die moorde pleeg?

A

Maggie Joubert is die moordenaar

18
Q

Hoekom pleeg hierdie figuur die moorde? Verduidelik die motief vir elkeen van die moorde.

A

Arista se moord: Maggie het geweet dat haar pa en Arista steeds lief was vir mekaar. Sy was jaloers en wou van Arista ontslae raak sodat haar ouers sal ophou om te baklei.

Jan se moord: Maggie het haar eie pa vermoor omdat hy nie in haar geglo het nie, ook omdat sy intussen uitgevind het dat sy ‘n halfsuster het (Sonja) en dat hulle almal saam beplan het om die hotel terug te kry en vir haar (Maggie) en Adele uit te sny. Sy was jaloers.

Ryno se moord: Maggie was verlief op Ryno en omdat sy geweet het dat hy verlief was op Sonja en OOK omdat hy verloof geraak het aan Adele, was sy jaloers en het besluit dat as sy hom nie kan kry nie, dan kan niemand anders hom kry nie.

19
Q

Die Rooikappie-figuur word simbolies van die dood en word vergelyk met die Doodsengel (Grim Reaper). Bespreek hierdie stelling.

A

Die Rooikappie se kleed/gewaad/jas, skep die beeld van die Doodsengel (Grim Reaper).Die kleed is simbolies van die onsigbare (invisible), die noodlot (fate), die dood, en die bose (evil). Die Doodsengel dra ‘n sens/sekel (scythe) en in die film is die moorwapen ‘n byl (ax). Die Rooikappie-figuur wat dus in die donker rondsluip en waarvan die identiteit versteek word, is soos die dood wat wegkruip en toeslaan wanneer dit nie verwag word nie.

20
Q

Die kleur rooi het talle simboliese waardes: dit is die kleur van liefde, die kleur van passie, die kleur van gevaar en die kleur van bloed en die dood. Gee voorbeelde uit die film wat hierdie stelling bewys.

A

Rooi is simbolies van die liefde en passie = ons sien dit wanneer Jan ‘n rooi roos op Sonja se bed sit. Hy is lief vir haar want sy is eintlik sy dogter.

Ons sien dit ook in die simboliek van die rooi steen in die ring.

Ringe is simbolies van liefde en trou EN die rooi steen is ook. Ryno gee die ring aan Adele wanneer hulle verloof raak.

Gevaar/bloed/dood = die rooikappie dra ‘n rooi kleed, ons sien die bloed van die byl af drup, die bloederige water wat uit die bad oor die vloer vloei, die bloeddruppel op die swart en wit foto as Sonja haar vinger sny.

21
Q

Hierdie film het baie raakpunte met die oorspronklike Rooikappie en die Wolf sprokie.Noem n paar.

A

Rooikappie en die wolf se sprokie, het ‘n Rooikappie, ‘n wolf en die houtkapper met sy byl.

Wolwedans het ook ‘n Rooikappie, ‘n wolf (of twee), die persoon met die byl en selfs die boshut in die bos. Ironies, is die persoon met die byl in die fliek nie die held nie maar die moordenaar.

22
Q

Wat is Sleutelgat beligting?

A

Key-hole lighting.