Strelitzia Flashcards
Volgens die eerste reël van albei strofes was dit “riete te laat vir verskonings maak”. Waarvoor sou Susan van Breda verskoning wou maak, soos jy na die gedig as geheel kyk?
Sy sal verskonings soek vir die feit dat haar verhouding met haar seun so swak is.
Watter karaktertrekke van Susan van Breda, dink jy, word beklemtoon deur haar “mevrou” in die gedig te noem? Noem enige twee.
formeel/afsydig/onbetrokke/kil
Watter aanduiding is daar dat die Van Breda se moontlike ryk mense is?
Haar motor is ń ‘luukse sedan’.
Noem enige twee dinge in die gedig wat aandui dat Susan van Breda gewoond is aan orde / perfeksionisme in haar lewe.
Elke oggend ry sy presies om sewe-uur by haar oprit af. Haar naels is perfek versorg. Haar oprit is sometimes en met siersteen geplavei.
Ons lees in strofe 1 dat Susan van Breda geskok is. Wat sien sy wat haar skok? Sê kortliks.
Haar seun wat die blomme skop.
Wat sou Susan van Breda dalk besef het dat sy nie gedurig besig was om verskonings uit te dink nie?
Dat haar seun met wil slaked/praat of dat hy will hê dat sy ń beter ma moet wees; hy het haar nodig.
Waarvan is die feit dat Susan van Breda ‘n roker is, moontlik ‘n aanduiding?
Sy ervaar dalk baie stres en hanteer dit deur rook.
Die gedig is in die afgelope tyd geskryf. Dink jy die situasie is beter in die hede, of dat dit beter in die toekoms sal wees? Sê ook hoekom jy so dink.
Ek dink nie so nie, omdat sy selfs dan nie kon besef dat sy die probleem is.
Watter klank allitereer dwarsdeur die gedig?
Die s klank
Wat is moontlik die rede vir die alleenplasing van die twee woorde in reëls 7 en 8 van strofe 1?
Dit beklemtoon hoe omverwags en hoe groot die skok was toe sy haar blomme so sien.
Wat beteken dit om iets te “kop”?
Om iets te begryp/verstaan.
Watter leestekens gebruik die digter om ‘n ouerlike aan te dui in
strofe 1?
aandagstrepe
Watter leestekens gebruik die digter om ‘n ouerlike aan te dui in
strofe 2?
hakies
Van watter persone kan die strelitzia wat so mishandel word, waarskynlik ‘n simbool wees? Gee twee moontlike verklarings.
Van die ma. Dit is die immers ‘haar’ strelitzias, en die seun haal sy frustrasies en woede en verlange op die blomme uit wat sy ma simboliseer.
Kies die regte antwoord: By reëls 1 en 11 kry ons 'n voorbeeld van A repetisie B personifikasie C onomatopeee D hiperbool
A