Talle Tonge Flashcards
Wat is die betekenis van “talle tonge” denotief?
Betekenisse: Denotief: Baie tonge
Wat is die betekenis van “talle tonge” konnotief?
Konnotief: Baie buie / Baie verskillende maniere om iets te sê.
Watter EEN WOORD sê dat jy jou tong op baie maniere kan gebruik?
“talle”
Hoeveel tonge het jy op èèn spesifieke tyd?
een
Haal SEWE APARTE WOORDE aan wat die soorte tonge wat die spreker het, beskryf. (7)
“heuningtong”, “bitter tong”, “tong stomp”, “skerp tong”, “suur tong”, “tong wat sny” en ‘n “tong wat salf”
Skryf NEGE APARTE WOORDE neer om te beskryf wat die spreker met die tonge wat hy het, kan doen. (9)
Swyg, keep, bloei, krimp, skend, sny, salf, brand, klap
Wat is die boodskap van strofe 1?
Ek kan baie goed met my tong sê, maar net een ding op ‘n keer.
Verduidelik ELKE KEER wat met die volgende tonge bedoel word:(8) ‘n heuningtong: ‘n bitter tong: ‘n stomp tong: ‘n skerp tong: ‘n suur tong: ‘n tong wat sny: ‘n tong wat salf:
‘n heuningtong : ‘n Tong wat mense komplimenteer ‘n bitter tong : ‘n Tong wat jaloers is. ‘n stomp tong : ‘n Tong wat stilbly ‘n skerp tong : ‘n Tong wat mense vloek / reguit vertel. ‘n suur tong : ‘n Tong wat wat lelike goed sê. ‘n snydende tong : ‘n Tong wat seermaak ‘n salwende tong : ‘n Tong wat beter laat voel.
Vergelyk die eerste versreël met die laaste. (3) Wat word in die eerste versreël beklemtoon? Wat word in die laaste versreël beklemtoon? Gee EEN WOORD om hierdie stylfiguur te benoem.
Talle Ek Inversie
Wat kan die volgende tonge alles doen? (2) ‘n skerp tong: ‘n stomp tong:
raas, seermaak, stilbly / niks sê nie.
Is die volgende stelling WAAR of ONWAAR? Motiveer jou antwoord. ‘n Bitter tong sê haatlike en nare goed aan vriende
Onwaar – ‘n Bitter tong sê negatiewe en lelike goed van enigiets of enigiemand.
NEGATIEWE TONGE (5)
bitter tong tong stomp (kan seermaak) skerp tong suur tong tong om te sny
POSITIEWE TONGE (3)
Heuningtong tong stomp (kan positief wees) tong om te salf
Tot watter gevolgtrekking kom jy as jy die twee kolomme met mekaar vergelyk?
Daar is meer negatiewe tonge as positiewe tonge.


Met watter sintuig word die tong geassosieer?
Smaaksintuig
Skryf al die woorde uit die gedig wat verband hou met diè sintuig, neer. (4)
heuning, bitter, brand, suur.
Wat is die tema van die gedig?
Elke persoon kan baie goed op baie tye op baie maniere sê / Almal het verskillende buie.
Watter verskuilde waarskuwing hou die gedig vir ons almal in?
Ons moet versigtig wees wat ons sê en hoe ons dit sê.
Kontras kom baie sterk in die gedig voor. Sê ELKE KEER watter woorde in kontras met mekaar staan in . . . .
strofe 1
Strofe 1: “talle”, “een”.
Kontras kom baie sterk in die gedig voor. Sê ELKE KEER watter woorde in kontras met mekaar staan in . . . .
strofe 2
strofe 2 : “heuningtong”, “bitter tong”.
Kontras kom baie sterk in die gedig voor. Sê ELKE KEER watter woorde in kontras met mekaar staan in . . . .
strofe 2 (een woord) en strofe 3 (een woord)
strofe 2: “stomp” en strofe 3: “skerp”.
Kontras kom baie sterk in die gedig voor. Sê ELKE KEER watter woorde in kontras met mekaar staan in . . . .
strofe 2 (een woord) en strofe 4 ( twee opeenvolgende woorde)
strofe 2: “heuningtong”, strofe 4: “suur tong”
Skryf TWEE vergelykings uit die gedig neer.
klap soos ‘n sweep ; brand soos asyn.
Gee ELKE KEER EEN voorbeeld van die volgende uit die gedig:
klanknabootsing (onomatopee):
klanknabootsing (onomatopee): klap soos ‘n sweep
Gee ELKE KEER EEN voorbeeld van die volgende uit die gedig:
herhaling:
herhaling: talle tonge
Gee ELKE KEER EEN voorbeeld van die volgende uit die gedig:
inversie (omgekeerde woordorde):
inversie (omgekeerde woordorde): talle tonge het ek.
Gee ELKE KEER EEN voorbeeld van die volgende uit die gedig:
Teenstrydigheid:
teenstrydigheid : Talle tonge en een tong.
Die gedig is baie klankryk as gevolg van alliterasie en assonansie
Gee EEN voorbeeld van assonansie.
Gee TWEE voorbeelde van alliterasie.
Assonansie : ‘n heuningtong ‘n bitter tong ‘n tong stomp genoeg om te swyg, / my skerp tong klap klap soos ‘n sweep en keep diep, / my suur tong brand brand soos asyn.
Gee TWEE voorbeelde van alliterasie: Talle tonge het ek, / ‘n heuningtong ‘n bitter tong ‘n tong stomp genoeg om te swyg, / my skerp tong klap klap soos ‘n sweep en keep diep, / my suur tong brand brand soos asyn en laat krimp inmekaar. / Talle tonge het ek, om te sny ‘n tong om te salf, Ek het talle tonge
Met die amper oordadige herhaling van die voegwoord “en” (polisindeton) beklemtoon die skrywer wat die tong alles kan doen. Sê wat die volgende tonge volgens die skrywer alles kan doen
die skerp tong
die skerp tong : “klap soos ‘n sweep” , “keep diep” , “laat bloei”.
Met die amper oordadige herhaling van die voegwoord “en” (polisindeton) beklemtoon die skrywer wat die tong alles kan doen. Sê wat die volgende tonge volgens die skrywer alles kan doen
die suur tong
die suur tong : “brand soos asyn” , “laat krimp” , “skend”.
Gee TWEE voorbeelde van personifikasie uit die gedig.
“’n tong om te sny”, “’n tong om te salf”