Sterrekyker Flashcards
- Hoe kan ons uit die gedigte aflei dat die ek-spreker moontlik vroulik is?
Briefskrywery (en veral lang briewe) word eerder met meisies as met seuns geassosieer.
- Vertel kortliks hoekom hierdie meisie ‘n “sterrekyker” is.
Sy stuur ‘n brief na die man op die maan en kyk hoe die brief deur die lug trek tot by die
maan.
- Wat is die funksie van herhaling / repetisie in die tweede reël?
Dis ‘n baie lang brief; die meisie het dus baie dinge om vir die maan te vertel.
- Waarna verwys “dit” in
4. 1 reël 3?
die brief
- Waarna verwys “dit” in
4. 2 reël 4?
die koker
- Waarna verwys “dit” in
4. 3 reëls 5, 6 & 7?
die pyl
- Beskryf stap vir stap wat die meisie doen om haar kort tot deur die man op die maan te kry.
- sy rol die brief op.
- sy plaas dit in ‘n koker.
- sy bind die koker aan ‘n pyl vas.
- sy skiet die pyl met brief in die met ‘n wilgerboog af.
- sy hou die pyl dop terwyl dit in die lug inseil op pad maan toe.
- Watter teleurstelling wag daar egter op die meisie wanneer haar kort die maan bereik?
Wanneer die brief daar aankom, word ‘n duisend briewe skielik deur die donker lug gesaai.
- Watter vertwyfeling ervaar sy skielik?
Sy wonder of háár brief ooit die man op die maan sal bereik, en of iemand anders dit dalk gaan lees.
- Hoekom is die spreker moontlik ontsteld daaroor dat iemand anders dalk nou die briewe lees en nie die man op die maan nie?
Dalk was die brief baie persoonlik en net vir die man op die maan se oë bedoel.
- Op watter manier betrek die spreker die leser deur die inhoud van die gedig, en watter woorde dui dit aan?
Sy wonder of die leser ook wonder of iemand anders dalk die briewe lees en nie die man op die maan nie. “-en wonder jy?-“
- Watter soort rym kry ons in die laaste vier versreëls van die gedig? Kies jou antwoord uit die volgende:
A paarrym
B omarmde rym
C kruisrym
D gebroke rym
A (paarrym)
- Gee ‘n voorbeeld van ‘n hiperbool wat in die gedig gebruik word.
“ ’n duisend briewe”
- Wat beteken dit as ons sê dat iemand soveel van ‘n saak weet “soos die man in die maan”? Kies jou antwoord uit die volgende en skryf die korrekte antwoord neer:
A Die persoon weet niks van die saak af nie.
B Die persoon is nie baie intelligent nie.
C Die persoon weet alles van die saak af.
D Die persoon is wys, soos die man in die maan.
A (Die persoon weet niks van die saak af nie.)
- Watter soort spreker / verteller kry ons in hierdie gedig?
Eerstepersoonspreker/verteller