Taylor Swift Flashcards

1
Q

Gee ‘n moontlike rede waarom die digter die gedig aan sy dogter Liebet opgedra het.

A

Liebet het aanmekaar na Taylor Swift en spesifiek haar liedjie “The best day” geluister omdat sy aanklank daarmee gevind het: nes Taylor in die liedjie, het Liebet ‘n baie hegte band met haar gesin gehad, maar was ongelukkig by die skool en het troos by haar gesin gevind.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

“jy herhaal haar woorde van melancholie”

Na wie dink jy verwys “jy” in die aanhaling (volgens wat ons in die agtergrondinligting gelees het)?

Na wie verwys “haar”?

Na watter “woorde” word hier verwys?

A

Liebet

Taylor Swift

Dis die lirieke van Swift se liedjie “Best Day”

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Met watter emosie assosieer jy “melancholie”? Kies jou antwoord uit die volgende:

A opgewondenheid
B swaarmoedigheid
C teleurstelling
D vrolikheid

A

B swaarmoedigheid

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Vul net ‘n paslike woord in: As ‘n mens iets “vir die hoeveelste keer” doen, doen jy dit____.

A

Herhaaldelik / aanmekaar / onophoudelik

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Hoekom, dink jy, word die woord “weer” as ‘n alleenstaande reël gebruik?

A

Dit plaas die fokus op / beklemtoon hoe dikwels / herhaaldelik / oor-en-oor sy na
die liedjie luister.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Watter enkele woord verwys na die tyd wanneer die meisie se skooldag verby is?

A

nou

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Hoekom is pouse nie ‘n tyd waarna die meisie by die skool uitsien nie?

A

Pouses is sy alleen / sy het nie vriende by wie sy pouse kan sit nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Watter tegniek gebruik die digter om die meisie se eensaamheid by die skool aan te dui?

A

Alleenplasing. (Die woord “alleen” word alleen geplaas in ‘n reël om te wys hoe
alleen sy voel.)

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Haal die woord aan wat beteken dat die lirieke die hele dag deur die meisie se gedagtes maal.

A

draal

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Watter aanduiding kry ons dat die melesie baie moeg is wanneer sy smiddae tuiskom?

A

Sy val op haar bed neer / gaan lê op haar bed

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Gee ‘n sinvolle verduideliking waarom die meisie se skooluniform as “taai van skool” gebruik word.

A

Dit is asof die skooldag nog aan haar klou / aan haar vassit. Sy kan dit nie sommer afskud nie. Die skooldag was ook moeilik vir haar.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Vanaf reël 16 tot reël 19 is daar tekens van regressię in die meisie se gemoedstoestand. Verduidelik hierdie stelling kortliks.

A

Sy begin eers saggies snik, maar huil dan al hoe harder en harder totdat sy onkeerbaar grens.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Wat sien die meisie wanneer sy in die spioen kyk?

A

Sy sien haar pa se oë.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Gee ‘n sinvolle verklaring vir die slotreël van die gedig.

A

As tiener is sy in n seisoen van verandering en kan dit nie gekeer word nie dat iets van haar kinderjare verlore sal gaan soos haar verhouding met haar pa verander en sy meer onafhanklik en selfstandig word.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Hierdie gedig is vrylik geskryf. Watter eienskappe van vrye vers kry ons in die gedig? Noem enige twee.

A

Daar is geen vaste rymskema / rympatroon nie.

Die reëls wissel in lengte / is nie almal ewe lank nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Waar (by watter woord) kom daar ‘n wending in die gedig?

Hoekom kan dit as ‘n wending van keerpunt beskou word?

A

Want (reël 20)

Die meise verstaan / besef vir die eerste keer dat dinge verander en dat dit onafwendbaar (unavoidable) is.

17
Q

Jy het die gedig en die lirieke van Taylor Swift se liedjie bestudeer.

Dui nou enige vier raakpunte / ooreenkomste aan tussen Taylor Swift se omstandighede (volgens die liedjie) en dié van die meisie in die gedig.

A
Beide Taylor Swift en die meisie...
● is alleen en ongelukkig by die skool
● huil as hulle by die huis kom
● het ‘n hegte band met hulle gesinne
● voel beter omdat hulle ouers hulle ondersteun
18
Q

Jy het die gedig en die lirieke van Taylor Swift se liedjie bestudeer.

Waarin lê die groot verskil tussen die twee meisies se omstandighede egter?

A

Tayor is geboelie by die skool en die meisie sit pouses alleen.

Taylor se ma het haar help beter voel. Die meisie se pa help haar beter voel.