Hemel Flashcards
Gee die twee vergelykings wat die digter gebruik om die kat te verduidelik.
So geel soos ʼn papawer met oë nes botterblommetjies
Watter sintuiglike waarneming gebruik die digter om die kat en die mossie te verduidelik?
Sig
Is die ʼn wrede kat volgens die digter se beskrywing van hom? Motiveer jou antwoord?
Nee, blomme is skadeloos en die kat word vergelyk met blomme.
Wat beteken die “voetstap ligter as ʼn sonstreep oor water”?
Dat jy nie die kat kan hoor nie
Wat is die vergelykings wat die digter gebruik om die mossies te verduidelik?
Koppies rond soos okkerneute en lyfies soos gepunte blare
Watter reël sê vir ons die kat het die mossie gevang?
Skerp naels tussen fyn veertjies
Gee ʼn sinoniem vir meteens?
Skielik
Watter beeldspraak word gebruik in reël 11?
Onomatopee
Wat is ʼn kwint?
ʼn Musiek noot.
Gee ʼn voorbeeld van alliterasie uit die gedig.
Dis dan dat
Waarom wil die persoon botter op hulle voete smeer?
Om langer hier te bly
Waarna verwys “daardie land”?
Die hemel
Reël 15 verwys na watter boek?
Die Bybel
Wat is die digter se idee van die hemel?
Dis waar die mossie haar eiertjies tussen die pootjies van die kat kan lê.
Wat bedoel reël 16-17?
Dat almal in vrede saam sal leef.