Selfportret- Lucas Malan Flashcards
Waarna verwys “hierdie genre” in versreël 1?
Skilderkuns - spesifiek die selfportret genre.
Haal twee woorde uit strofe 1 aan wat wys dat Rembrandt ‘n meesterlike skilder was.
“So vaardig”/ genre vervolmaak.
Hoe het Rembrandt van Rijn homself as jongman uitgebeeld? Gebruik jou eie woorde om te verduidelik.
Jonk, trots, aantreklik, hoogmoedig, welgesteld, ryk
Waarom lyk Van Rijn se laaste twee selfportrette anders as die voriges?
Ons sien hom as ‘n ou man wat moeg en hartseer lyk.
Kies die regte antwoord: In sy laaste selfportrette beeld Rembrandt homself … uit. A op ‘n vleiende manier B hooghartig C eerlik, soos hy regtig is D skilderagtig jonk
C - eerlik
Wie word in die rymende eindkoeplet aangespreek?
Ons, die leser.
Wat is die tema van hierdie sonnet?
Dit gaan oor die aftakeling van tyd. Met tyd word almal ouer.
Wat is die tema van hierdie sonnet?
Rymskema, die struktuur: 3 kwatryne met rymende koeplet, verdieping in koeplet.
Rembrandt het nie net portrette van die rykes geskilder nie. Vir wie het hy, volgens die gedig, ook geskilder?
Van homself, talle selfportrette.
Waar sal ons deesdae na Rembrandt en ander bekendes se skilderye kan gaan kyk?
Museums, gallerye, kunsgallery, internet.
Na strofe 3 word die fokus van Rembrandt verskuif. Op wie fokus die spreker in die laaste strofe?
Ons: die leser : introspeksie
Die gedig beeld die oudwordproses uit. Hoe behoort ons die proses te ervaar sodat ons nie bang daarvoor is nie? (Baseer jou antwoord op die laaste reël van die gedig).
Ons word almal deur die “kunstenaar”, TYD, hermaak, oorgemaak, oorgeskilder in ‘n “meesterlike” kunswerk. Tyd is die kunstenaar wat ons almal skilder sodat ons eerlik, openlik, braaf en uniek kan wees. Tyd is nie die vyand nie, dit is ‘n kunstenaar.