Aandeelhouer Flashcards
Hoe weet ons dat die spreker beslis ‘n seun is?
Hy word ‘n ‘jongeheer’ genoem.
Die woord ‘jongeheer’ is ‘n voorbeeld van ‘n
A anglisisme
B argaïsme
C oksimoron
D eufemisme
B argaïsme
Wat beteken dit om in iemand se voetspore te volg?
Om dieselfde te doen as wat die ander persoon gedoen het.
Wat dink die jong seun van al die termonologie van die sakewêreld?
Dit het geen waarde vir hom nie en dit beïndruk hom nie.
Verduidelik wat ‘n ‘beurs’ vir die seun beteken.
Dit is die houer waarin jy jou geld ronddra.
Waar bring die seun skynbaar baie tyd deur, en wat doen hy daar?
In ‘n gimnasium waar hy sy spiere ontwikkel.
Hoekom is dit goed vir hom om sy tyd en energie daar te belê?
Sy spiere maak hom gewild onder meisies omdat sy lyf hulle opgewonde maak.
Wat verstaan die seun onder ‘stewige lopies’?
Dit is lopies wat met ‘n kolf deur krieketspelers aangeteken word. ‘Stewige’ lopies verwys na ‘n baie suksesvolle kolfbeurt of kolfgemiddeld.
Noem twee dinge in die gedig wat vir die seun geen waarde het nie.
- Die finansiële wêreld
- Die heersende prys van kommoditeite in die vorm van gewasse (koring, mielies, sonneblom).
Wat noem ons ‘n strofe wat uit twee reëls bestaan?
‘n Koeplet
Wie, dink jy, is die persona in die eerste strofe?
Iemand van ‘n ouer generasie – moontlik ‘n onderwyser, oom van die seun, sy pa se vennoot, ens.
Hoe verskil die toon en register van die twee strofes?
In strofe een is die toon baie formeel en die Afrikaans baie korrek. In strofe twee is dit informeel en vol Engelse woorde.
Watter woorde gebruik die spreker vir ‘beslis nie’ in die tweede strofe?
‘no ways’
Interest (belangstelling/rente)
Betekenis vir die pa
Rente is geld wat die bank as beloning betaal vir hul kliënte om by hulle geld te deponeer of te belê OF die fooi wat iemand betaal om geld te leen.
Interest (belangstelling/rente)
Betekenis vir die seun
Die begeerte om aandag te skenk aan iets.
Finance (finansies)
Betekenis vir die pa
Die bedrywighede rondom die produksie en groei van geld.
Finance (finansies)
Betekenis vir die seun
Sy sakgeld in sy beursie wat hy op allerhande dinge kan
spandeer.
Rate (rentekoers/evalueer)
Betekenis vir die pa
Rentekoers is ‘n persentasie wat gebruik word om die rente mee te bereken.
Rate (rentekoers/evalueer)
Betekenis vir die seun
Die seun evalueer of waardeer (appreciate) nie die tegniese woorde van die finansiële wêreld nie – hulle is nie vir hom bvelangrik nie.
Beurs
Betekenis vir die pa
Effektebeurs – waar aandele in kommoditeite of besighede gekoop en verkoop word.
Beurs
Betekenis vir die seun
Beursie – die houer waarin ‘n mens jou geld en bankkaarte bêre.
Invest (belê)
Betekenis vir die pa
Die pa sit geld in (belê) sekere kommoditeite of maatskappye in die hoop dat die kommoditeite of maatskappye se waarde gaan verhoog en daarmee saam die waarde van sy aandele daarin.
Invest (belê)
Betekenis vir die seun
Die seun belê tyd in die ontwikkeling van sy spiere in
die hoop dat die meisies van hom sal hou.
Bates (assets)
Betekenis vir die pa
Dit sluit in kontant, motorvoertuie, aandele op die
effektebeurs, eiendom, ens. wat verruil kan word vir geld
Bates (assets)
Betekenis vir die seun
Sy spiere wat hy kan verruil vir die meisies se aandag.
Effekte
Betekenis vir die pa
Verwys na die effektebeurs (sien hierbo).
Effekte
Betekenis vir die seun
Die impak wat sy spiere het op die meisies.
Opwaarts neig
Betekenis vir die pa
Die markbeweging wat positiewe groei toon.
Opwaarts neig
Betekenis vir die seun
Die meisies se bloeddruk (belangstelling in hom) wat
styg.
Risiko’s
Betekenis vir die pa
Die faktore wat kan veroorsaak dat die kommoditeit of maatskappy waarin jy geld belê het, waarde verloor (soos bv. ‘n oormaat van enige kommoditeit wat dit minder skaars en dus minder gesog maak)
Risiko’s
Betekenis vir die seun
Sy aksies wat dalk negatiewe effekte op sy lewe mag hê.
Stewige lopies (firm runs)
Betekenis vir die pa
Wanneer jou aandele vir ‘n lang tyd waardevoller word.
Stewige lopies (firm runs)
Betekenis vir die seun
Wanneer ‘n krieketspeler baie lopies aanteken in ‘n wedstryd.