Proseskryf Flashcards
Introduction
Dit was die jaar 2017, en dit was my eerste jaar op hoërskool. Die wêreld was vir my ‘n baie verwarrende plek. Ek was nie meer die hoofseun nie en moes nou matriekleerders ‘meneer’ noem. Daar was ook nuwe woorde wat ek vir die eerste keer begin hoor het, woorde soos “diskriminasie” en “vooroordeel”. Ek weet nou dat hierdie woorde die onregverdige behandeling van verskillende kategoriee mense beteken – veral op grond van ras, ouderdom, geslag of gestremdheid.
Body 1
Ek kom uit ‘n baie bevoorregte agtergrond. Ek is nooit aan enige vorm van diskriminasie onderwerp nie. Ek het nog net op TV van rassisme gehoor toe hulle oor Donald Trump gepraat het. Ek het nooit regtig voorheen verstaan wat rassisme is nie. In Julie 2017 was St John’s egter in die nuus weens ‘n rassistiese voorval. ‘n Aardrykskunde-onderwyser is skuldig bevind aan rassisme. Ek onthou hierdie voorval asof dit gister gebeur het. Leerders het die jaarlikse interhuisatletiek geboikot, terwyl ouers aan ‘n protesoptog buite die skool deelgeneem het. Die voorval was uiters belangrik, want ek het uiteindelik geweet wat rassisme is.
Body 2
Die manier waarop St John’s op hierdie gebeurtenis gereageer het, was fantasties. Die voorval het die weg gebaan vir leerders om ‘n groter rol in skoolsake te speel. Die skool het ‘n Studenteraad as ook ‘n Prefek vir Studentesake ingestel. Dit het verseker dat seuns op ‘n veilige plek oor enige diskriminasie in die skool kon praat. Die raad van 2021 het ook leerder-vakbonde gestig wat vir leerders van diskriminasie soos rassisme geleer het. Hierdie vakbonde sluit die BSU in. As sekretaris van die raad vir 2021 was ek baie trots om deel te wees van die stigting van hierdie vakbonde. Ek was ook trots dat ek St. John’s help om diskriminasie te beveg.
Conclusion
Die klas van 2021 moet ‘n nalatenskap agterlaat om te help om diskriminasie op St. John’s uit te wis. Ons moet die jonger seuns leer dat diskriminasie nie aanvaarbaar is nie. Ons moet die leuse van die skool “light”, life en love” uitleef, en ons moet ook nooit Robert Green Ingersoll se woorde vergeet nie, naamlik dat ”ons aan elke ander mens alle regte moet gee wat ons vir onsself eis”.