Vraagteken (?) Flashcards

1
Q
  1. Hierdie gedig is uit die perspektief van ‘n soekende tiener geskryf. Waarna, dink jy, soek die spreker?
A

Sy wil graag ‘n verhouding met ‘n seun hê, maar sy weet nog nie met wie nie en of hy dieselfde oor haar sal voel nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q
  1. Met wie praat sy in hierdie gedig, wie is dus die aangesprokene?
A

Sy praat met ‘n (denkbeeldige) seun met wie sy graag ‘n verhouding sal wil hê. Op hierdie stadium bestaan hy nog hoofsaaklik in haar gedagtes, want sy weet nie wat sy gevoelens vir haar is nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q
  1. Noem al die plekke waar sy sy naam skryf.
A

strand, motorvenster, spieëls, hand, passerblik, tuiswerkboek, tas, swartbord, straathoek

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q
  1. Wat het die meeste van die bostaande plekke met mekaar gemeen?
A

Dis plekke waar ander mense dit kan raaksien.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q
  1. Waar vind ‘n mens gewoonlik spoelklippies?
A

In water, byvoorbeeld in ‘n stroom, ‘n rivier of in die see.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q
  1. Gee vyf naamwoorde wat as werkwoorde in die gedig gebruik word.
A

vinger, braille, doodle, pen, graffiti

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q
  1. Wat en hoekom skryf mense gewoonlik op hul handpalms?
A

Dis gewoonlik iets belangriks wat hulle bang is hulle sal vergeet. Dis om hulle voortdurend daaraan te herinner.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q
  1. In die derde strofe kry ons twee vergelykings.

8. 1 Watter twee dinge word eerste met mekaar vergelyk en wat is dieselfde aan hulle?

A

Die seun en meisie se name word met kraletjies vergelykwat aanmekaar geryg en as ‘n versiering om die nek gedra word.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q
  1. In die derde strofe kry ons twee vergelykings.

8. 2 Watter twee dinge word in die tweede vergelyking met mekaar vergelyk?

A

Die spreker vergelyk die graffiti wat sy op elke straathoek aanbring, met ‘n hond wat sy been teen lamppale of bome lig om daarmee sy gebied af te baken.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q
  1. Die spreker sê: “Ek braille dit in my passerblik”.

9. 2 Wat het die oppervlak van haar passerblik met braille gemeen?

A

Braille is verhewe knoppies wat op papier uitstaan en wat blindes kan lees. Gaatjies/duikies in ‘n passerblik veroorsaak ook verhewe knoppies wat uitstaan wat ‘n mens met jou vinger kan volg.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q
  1. “Jou naam pen ek oor ‘n swartbord sodat niemand dit ooit weer af kan was”
  2. 1 Op watter drie plekke in strofe 1 kan die naam wel afgewas word?
A

Die motorvensters, spieël en (haar hand), die klippies op die strand

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q
  1. “Jou naam pen ek oor ‘n swartbord sodat niemand dit ooit weer af kan was”
  2. 2 Hoekom kan die naam op die swartbord nie afgewas word nie?
A

Dit is met ‘n pen (ink) geskryf en nie met bordkryt nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q
  1. “Jou naam pen ek oor ‘n swartbord sodat niemand dit ooit weer af kan was”
  2. 3 Watter ink in strofe 4 kan ook nie afgewas word nie?
A

Die ink van ‘n tatoeëermerk

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q
  1. Wat dra die spreker soos kraletjies om haar nek?
A

Haar naam en sy naam wat aanmekaar geryg is en nou as ‘n nekversiering dien.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q
  1. In strofe 3 vergelyk die spreker haarself met ‘n hond.

12. 1 Hoe dui ‘n hond aan dat hy die baas van ‘n gebied is?

A

Hy lig sy been teen ‘n boomstam of lamppaal en urineer daarteen.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q
  1. In strofe 3 vergelyk die spreker haarself met ‘n hond.

12. 2 Hoe dui die spreker dieselfde ding aan?

A

Sy skryf hulle name as graffiti op elke straathoek.

17
Q

13 “Want jy is ál my uithangborde”

Wat is die funksie van die aksenttekens in hierdie reel?

A

Dit dui aan dat sy niemand anders wil hê nie. Dit kan ook aandui dat hy alles vir haar beteken, dat haar hele bestaan van hom afhang. Hy gee vir haar rigting en sy kan die wêreld verstaan as gevolg van hom.

18
Q
  1. Watter twee enkele woorde in strofe 4 dui aan dat die spreker se obsessie haar verstandelik en emosioneel oorheers?
A

“brein” en “hart”

19
Q
  1. Is die volgende stelling WAAR of ONWAAR? Staaf jou antwoord deur ‘n enkele woord aan te haal.
    Die T-hemp dra ‘n positiewe boodskap uit.
A

ONWAAR. “pyn”

20
Q
  1. Watter moontlikhede noem die meisie in strofe 5?
A

Dalk voel hy nie dieselfde oor haar nie; hy wil dalk niks met haar te doen hê nie. Miskien voel hy dieselfde oor haar en skryf en versier hy ook haar naam.

21
Q
  1. “Miskien het jy my naam al uitgevee. Uitgetippex!”
    Wanneer sal ‘n mens iets op papier
    17.1 kan uitvee?
A

As dit met ‘n potlood geskryf is.

22
Q
  1. “Miskien het jy my naam al uitgevee. Uitgetippex!”
    Wanneer sal ‘n mens iets op papier
    17.2 moet uittippex?
A

As dit met permanente ink geskryf is.

23
Q
  1. “Of dalk versier jy dit met smiley faces(©©) en ‘n soentjie-x”
  2. 1 Hoekom is smiley faces eintlik ironies in hierdie gedig?
A

Die spreker se onsekerheid maak hoar morbied en sy het geen rede om te glimlag nie.

24
Q
  1. “Of dalk versier jy dit met smiley faces(©©) en ‘n soentjie-x”
  2. 2 Waar gebruik party mense ‘n “soentjie-x”?
A

Aan die einde van ‘n persoonlike brief of geskrewe boodskappie.

25
Q
  1. “Ek sal verstaan as jy my nog nie kan spel nie” Hoekom kan hy nog nie haar naam spel nie?
A

Hy voel dalk nie dieselfde oor haar nie, of miskien weet hy nie eens van haar gevoelens vir hom nie.

26
Q
  1. “nie eens met leestekens kan vertel nie”

Met watter leesteken vertel sy vir hom dinge? Skryf die naam van die leesteken as ‘n woord.

A

‘n vraagteken

27
Q
  1. In die bespreking en verklarings van die gedig word daar aangeneem dat die spreker ‘n meisie en die aangesprokene ‘n seun is. Dis egter nie noodwendig so nie. Is daar enige beelde of ander aanduidings wat moontlik kan aandui dat dit andersom is? Noem twee, indien moontlik.
A

Gewoonlik is dit ‘n seun wat sy passerblikkie vol gaatjies druk en nie ‘n meisie nie. Seuns is ook meer waaghalsig en geneig tot die skryf van graffiti op openbare plekke.

28
Q
  1. Haal vier woorde uit die tweede strofe aan wat na die skool as milieu kan verwys.
A

passerblik, tuiswerkboek, tas, swartbord

29
Q
  1. Watter woord in die gedig verwys na

23. 1 muurskrif?

A

“graffiti”

30
Q
  1. Watter woord in die gedig verwys na

23. 2 punktuasie?

A

“leestekens”

31
Q
  1. By watter versreëls kom daar enjambement voor? Skryf slegs die nommers van die versreels neer.
A

7,8; 9,10; 11, 12; 15,16

32
Q
  1. Watter woord dui aan dat die tienermeisie spyt is dat haar “geliefde” nog net ‘n vraagteken is?
A

'’jammer”