Skipskop Flashcards
Hierdie gedig is deur 1.1. _______________ (naam en van) geskryf, getoonset en gesing. Die lied besing die lot van die inwoners van Skipskop. Die pleknaam is ‘n samestelling van drie woorde, 1.2. _________________ _____ ________________. Die storie word vertel deur 1.3. ________________. Die spreker praat met 1.4.______________________________.
1 – David Kramer, 2 – Skip se Kop, 3 – die inwoners, 4 – ons / almal.
Hoekom word “Pak op” herhaal?
Beklemtoon dat hulle nie baie tyd het nie / gou moet maak.
In strofes 1,3,4,5 en 6 beveel die spreker die “jou” om iets te doen. Skryf neer wat die bevel in elke strofe is:
strofe 1: Pak op en maak gereed om te gaan. strofe 3: Verkoop jou goed en sê totsiens. strofe 4: Groet die plek / gaan weg. strofe 5: Kry die kinders bymekaar. strofe 6: Verkoop jou goed en pak op.
In strofe 2 is daar nie ‘n bevel nie. Wat gebeur in die strofe?
Die spreker vertel van sy geskiedenis op Skipskop en hoekom dit moeilik is om weg te gaan.
Haal ‘n versreël uit strofe 1 aan wat vir ons sê dat hulle maar min aardse besittings het.
“sit jou goedjies op jou kop”.
Hoe vervoer hulle dit wat hulle het na hul nuwe blyplek toe?
Op hul koppe.
Watter EEN WOORD sê elke keer vir ons dat hulle . . . . min besit? nie lang tyd het om te trek nie?
1 – “goedjies”, 2 – “môre”
Weet die mense waarheen hulle trek? Motiveer jou antwoord deur uit die gedig aan te haal.
Nee – ”Asseblief meneer,sê tog weer” /”Linkerhand,regterhand, watsekant” / “is dit die pad wat ons moet môre vat”.
Waarna verwys? “Wanneer hou die dinge op”.
Hulle wil weet wanneer gaan die regering ophou om mense se grond dommer net so van hulle weg te vat.
Sê of die volgende stelling WAAR of ONWAAR is. Motiveer jou antwoord deur EEN SIN uit strofe 1 aan te haal “Die plek waarheen hulle trek is naby die see.”
Onwaar – “verkoop jou bootjie” OF “Die Blouberge oor”
Dink jy hulle gaan malik ‘n lewe kan maak in Misverstand? Motiveer jou antwoord met EEN sin uit strofe 1.
Nee – “Wat ken ek anders as die bloudam se branders”
Gee ‘n bewys uit die gedig dat die spreker en sy familie al vir baie lank op Skipskop bly.
“stukkies van my lewe lê nou deurmekaar” / “nes my pa en sy pa ook”.
Voltooi : Die verteller is gebore in die (13.1.)_____________ distrik op die dorpie (13.2.) _____________.
1 – Overberg, 2 – Skipskop
Wat is die “bloudam”? (reël 15)
Die see.
Waarvan is die baie spore op die duine by Skipskop ‘n simbool?
Alles wat hulle gedoen het op Skipskop – hul lewe.
Wat is die simboliese betekenis van die naam Misverstand?
Die feit dat dit nie reg is nie om hul daarheen te stuur. / Iemand moes ‘n fout gemaak het.
Weet die inwoners waar dit is? Motiveer jou antwoord indeur DRIE OPEENVOLGENDE WOORDE uit die gedig aan te haal.
Nee – “sê tog weer”
Haal ‘n versreël uit strofe 6 aan om te bewys dat hulle nie meer in Misverstand ‘n lewe sal kan maak uit visvang nie.
“verkoop jou bootjie”
Skryf die EEN WOORD word herhaal om aan te dui dat dele van sy lewe reg oor Skipskop versprei lê?
“stukkies”
Die spreker is anstig/bekommerd oor die kinders. Noem TWEE maniere waarop dit in die gedig uitgebeeld word.
“Tel op, tel op vir Shorty en vir Pop, gaan haal vir Apie en hou daai kindjie dop”
Gee TWEE voorbeelde van tipiese Kaapse taal uit die gedig aan.
“sê ma’ so long”, “beach”, “deurie”, “onse”.
Wat is die toon van die gedig?
Hartseer, onsekerheid.
Wat sou jy sê is die tema van die gedig?
Die onregverdigheid van die vorige regering wat mense van hulle grond af weggejaag het..
Stem jy saam met die volgende stelling: “Die spreker is verward en hartseer.” Motiveer jou antwoord deur TWEE opeenvolgende versreëls aan te haal.
Ja – “Linkerhand regterhand watsekant lê die plek Misverstand” OF “Asseblief meneer sê tog weer is dit die pad wat ons moet môre vat”
Voltooi : Die spreker vra baie vrae wat nie beantwoord word nie. So kan onsself ______________ wat van Skipskop en sy mense geword het.
Besluit / uitvind / dink / wonder
Watter woorde sê vir ons dat die spreker nie finaal van Skipskop afskeid neem nie ? _________________
So long
Herhaling is belangrik in die gedig want dit beklemtoon dat die vissers hartseer en moedeloos is deur die woorde _________________ te herhaal. skep ‘n spesifieke atmosfeer van mense wat (kies: opgeruimd/bly/hartseer/moedeloos) __________ is. vorm die refrein in die gedig, naamlik ____________________________________________.
1 – “pak op”, 2 – hartseer, 3 – sê ma’ so long, Skipskop, Skipskop sê goodbye .
Hoekom word die woord “Skipskop” so baie herhaal?
Die spreker se hele lewe was daar, hy wil nie weggaan nie.
Hoekom word die woorde “pak op pak op” herhaal?
Om te beklemtoon dat hulle geen keuse het nie en gou moet maak.
Alliterasie en assonansie kom baie voor aangesien dit eintlik ‘n gedig wat klankryk is,is.Haal TWEE voorbeelde van elk aan uit strofe 3.
Alliterasie: So long Skipskop, Skipskop, sê goodbye, Assonansie: So long Skipskop, Skipskop, sê goodbye,
Personifikasie: Hoe word Skipskop word in die laaste versreël gepersonifeer?
Die spreker sê dat die plek Skipskop moet groet /goodbye sê.
Woordspeling is wanneer ‘n woord meer as een betekenis kan hê. Verduidelik die woordspeling in: Skipskop. Misverstand.
Skipskop. Denotief: Skop die skip, verkoop die skip want waar hulle heengaan is ‘n skip (bootjie) nie nodig nie – hulle gaan weg van die see af. OOK Hulle is uitgeskop, moet trek. Ook samestelling: skip-se-kop. Misverstand. Pleknaam. Hulle wil nie daarheen gaan nie. Hulle hoop alles was ‘n misverstand / ‘n fout.
Noem VIER voorbeelde van Kaapse streektaal uit die gedig.
“sê ma’ so long”, “beach”, “deurie”, “onse”.
Gee TWEE voorbeelde van inversie (omgekeerde woordorde) uit die gedig.
“môre gaan ons weg”, “die blou berge oor”
Verduidelik die denotiewe (letterlike) en konnotiewe (figuurlike) betekenis van versreël agt.
Denotief – Die berge is blou, Konotief – Die berge is vêr weg.
Wat is n voorbeeld van Elisie?
Reël 12: deurie; reël 35: ma
Wat is n voorbeeld van Apostroof?
‘n Derde Persoon (subjektief), een van die inwoners, praat met die ander inwoners en sê vir hulle om op te pak en weg te gaan.
Wat is n voorbeeld van Herhaling / Repitisie?
Die herhaling van die woorde; So long; Skipskop; en sê goodbye.
Reël 15 en 29: Wat ken ek anders as die bloudam se branders
Wat is n voorbeeld van litotes?
Pak op jou goedjies
Verkoop jou bootjie
Wat is n voorbeeld van n refrein?
Sê maar So long Skipskop Skipskop sê goodbye
Sê maar So long Skipskop Skipskop sê goodbye.
Wat is n voorbeeld van n Retoriese vraag?
Reël 6: Wanneer hou die dinge op, reël 15: maar wat ken ek anders as die bloudam se branders, reël 21 en 22: watsekant lê die plek, reël 24: is dit die pad