Gert Yster Flashcards
Waar speel hierdie kortverhaal af?
JG Strydom seunskoshuis op ‘n klein dorpie In Modimolle (Nylstroom)
Google bietjie die volgende verwysings: (3)
- 1 Ertjies Bezuidenhout
- 2 Mike Schutte
- 3 Pink Floyd se The Wall
- 1 Ertjies Bezuidenhout was een van SA se top resiesfiets renjaers. Hy het die Rapporttoer gewen in 1981, 1982, 1984, 1986.
- 2 Mike Schutte was die SA swaargewig bokskampioen in 1975.
- 3 Pink Floyd se The Wall - Engelse rock-groep het in 1979 die Album The Wall vrygestel. Die album was verban in SA.
Wat is die verteller se tuisdorp se naam vandag en waarom dink jy het die dorp se naam verander?
Mookgophong - In die nuwe demokratiese SA het talle name van dorpe verander.
Hoekom dink jy kan die verteller nie onthou wat Gert se van was nie?
Almal het byname gehad en regte vanne was nie belangrik nie.
Waarom se hy : “Die een wat how (Gert) die bynaam gegee het, het dit waarskynlik ironies bedoel?”
Yster is ironies want dit word gewoonlik geassosieer met krag, ‘n sterk persoon en iemand wat gespierd is. Gert was klein, maer en seningrig.
Vir hoeveel geld het die verteller sy fiets aan Gert verkoop?
R30
Hoekom het Gert nie dadelik die volle bedrag betaal nie?
Hulle was arm en Gert het nie die geld gehad nie.
Die woord “glo” word baie gebruik wanneer dit by Gert se huislike omstandighede kom. Die woord in hierdie konteks beteken…
A beslis
B glad nie
C blykbaar
D dalk
C blykbaar - (apparently)
Die dorp se naamverandering vertel vir ons dat die verteller vanuit die hede terugkyk in die verlede. Wanneer speel die hoofmomente van hierdie verhaal af?
Laat 70 vroeë 80’s. (Toe Gert die fiets koop / Toe die spreker Gert begin boelie / Toe gert se pa die res van die geld vir die fiets betaal)
Hoekom het Gert-hulle nie baie geld nie?
Gert se pa het loswerkies gedoen en het nie ‘n vaste inkomste gehad nie.
Hoekom se die verteller kan hy nie n Storie oor die onskuldige koshuispret van sy skooljare skryf nie?
Al sy skoolherhinneringe kom terug na Gert toe aangesien die skuldgevoel teenoor Gert so sterk is. Hy voel nie “onskuldig” nie.
Hoekom het sy ours how koshuis toe gestuur?
Hy was ‘n enigste kind en hulle het gedink hy sal meer vriende maak en meer sosiaal verkeer.
Hoekom het die ander vir die verteller Dik Daan of Mike Schutte genoem?
Hy was oorgewig en vet soos die karakter “ Dik Daan” in die strokiesboek: Bollie; en groot soos Mike Schutte- ‘n swaargewigbokser.
Wat bedoel hy as sy se : “Dit het mak begin”?
Dit het onskuldig en klein begin, en later vererger.
Hoekom het hy gevoel hy mag maar vir Gert boelie?
Gert het hom geld geskuld.
“Hoe min verstaan n seun tog van himself.” Hoekom dink verteller nou in retrospek het hy vir Gert Yster geboelie?
Hy was ook ‘n buitestander en wou aandag en guns van die ander seuns wen. Hy wou in wees.
Skryf n sinoniem vir die werkwoord BOELIE uit die teks neer.
“Afknou”
Hoe het die boeliery eindelik gestop?
Die pa het (R20) die geld gebring wat nog op die fiets betaal moes word.
Hoekom word die koevert as “vuil” beskryf en die R20 as “kleingeld en note”?
Die vuil koevert en muntstukkies en note dui aan hoe armoedig hulle was en dat die geld oor ‘n lang tyd met groot moeite bymekaar geskraap is.
“Ek weet nou hoekom kry ek nie n Storie oor Gert Yster geskryf nie.” Waarom is dit vir die verteller moeilik om oor Gert te skryf?
Skuldgevoelens oorheers en hy weet nie wat van Gert geword het nie. Hy kon nooit om verskoning vra of die situasie afsluit nie.
Daar word nie dikwels vanuit die perspektief van die boelie geskryf nie. Het jy simpatie met die verteller of was hy in jou oe maar net n onvergeefbare boelie?
Ja - voel jammer vir die verteller, want dit kan maklik met enigiemand gebeur en hy voel skuldig en het berou.
Hoe dink jy het die verteller gevoel toe Gert se pa vir hom die koevert met geld in gee?
Skaam / skuldig / sleg