Tweede Bedryf Toneel 7 Flashcards
Hoekom besoek Boswagter Kapp die Van Rooyens?
Hy wil namens die magistraat uitvind of die kind tevrede is en aanpas.
Wat is Barta se reaksie op Boswagter Kapp se vraag?
Sy sê Lukas is gesond en tevrede.
Elias het uitgevind Lukas kan lees en skryf. Hoekom is dit ironies?
Elias is rassisties teenoor Lukas se bruin familie, maar niemand in sy familie kan lees of skryf nie.
Wat wil meneer Goldsbury, die magistraat, weet?
Hy wil weet of Lukas baie oor die mense in die Lange Kloof praat.
Hoe reageer Barta as sy hoor Fiela wou die kind opsoek?
Sy skrik en voel onrustig.
Wat gaan Elias doen as Fiela moeilikheid maak?
Hy gaan self moeilikheid maak.
Watter guns vra Elias vir Boswagter Kapp oor Nina?
Hy vra of Boswagter Kapp kan uitvind of daar nie werk vir Nina as kinderwagter op die dorp is nie.
Hoekom kan Elias bly wees dat Lukas nie tuis was tydens sy besoek nie?
Al die merke van Elias se slae is nog nie van sy bene af nie.
Hoekom is Lukas so ontsteld as Elias sy goed vir hom gee?
Hy besef Fiela was daar en hy kon haar nie sien. (so-iets)
Wat wil Lukas doen as hy die nuus kry?
Hy wil agter hulle aangaan
Watter waarskuwing gee Elias vir hom?
Hy sê hy sal die bruingeid uit hom slaan.