Die nuwe kind Flashcards
Watter tipe strofes kom hier voor?
Kwatryne
Benoem die tipe rympatroon
paarrym
Om watter twee redes is die kind nuut?
Nuut in die skool, die eerste swart seun in ’n oorwegende wit skool.
Op watter twee maniere word “ons” in strofe 1 beklemtoon?
Herhaling en akuut.
Wat word met hierdie beklemtoning bereik?
Die nuwe kind word nie as deel van die skool beskou nie, hy is ’n outsider.
“Die nuwe kind is voor op die wa” Haal drie afsonderlike woorde aan om te bewys dat hierdie stelling onwaar is.
“skaam”, “bedees”, “stil”
Watter twee woorde in strofe 3 bewys dat die seun nog nie aanvaar word nie.
“eenkant”, “alleen”
Hoe word die woord, “alleen”, in strofe 3 uitgelig en beklemtoon
Dit staan tussen kommas.
Wat beteken versreel 1 in strofe 1?
Dit dui op die vyandige kyke van die kinders.
Verduidelik die metafoor wat in strofe 4 gebruik word.
Die pen is die mas van ’n seilboot en daarmee kan hy wegvaar, miskien na ’n plek of tyd waar dinge anders is.