Tien haikoes vir die Vredefortkoepel Flashcards
Haal drie bewyse aan dat die idee van ‘n hand of ‘n vuis ‘n deurlopende tema in hierdie reeks haikoes is.
Meteoriet: ” klief ’n klipvuis en klap…” Grond: “die bakhand van jou lyf” Tien: “Vuis van swael en vuur…”
Hoe weet ons uit die eerste haikoe dat die Aarde baie hard getref is deur die klipvuis
Die alliterasie van die kl-klanke is effektief om hierdie slag te beskryf. Dit was so hard dat alle lewe verdwyn het.
Verduidelik wat die twee elemente van die metafoor is wanneer ons lees “Deur die donker klief ‘n klipvuis.”
Die meteoriet wat die Aarde tref is soos ’n vuis wat baie hard teen iets slaan.
Daar is verskeie metafore wat suggereer dat die Vredefortkoepel “lewe”. Soek een van hierdie metafore en verduidelik dit in Wind.
Die asem wat jaag is die metafoor wat impliseer dat iets lewe en weer begin asemhaal.
Soek ‘n voorbeeld van kontras in Water. Hoe word die beeld verder gevoer.
Water (wat nat is) is kontrasterende met droë woorde. Water maak ook skoon. Hy is skoon verstom – heeltemal sonder woorde.
Verduidelik wat bedoel word met “die bakhand van jou lyf” in Grond.
Die koepel kry amper ‘n liggaam van sy eie – die vorm van die koepel word met ‘n hand wat bak gehou word vergelyk en dit het water en grond daarin.
Wat “dwarrel” gewoonlik in die herfs. Watter beweging word deur die woord suggereer?
Blare wat van die boomtakke afval. ’n Draai-beweging.
Watter idee van die Skeppingsproses word in Mens gesuggereer?
Die mens is van stof gemaak. Die mens het opgestaan uit die stof en oorheers die Aarde.
Watter woord in Werelderfenis suggereer die idee van die mens as vernietiger?
skeur
Watter woord in Besoedeling beteken dieselfde as betaal?
boet
Tien is profeties. Dit hou verband met met die feit dat “asem haal” as twee woorde geskryf word. Verduidelik.
Dit beteken dat asem gevat of weggeneem gaan word.