Derde Bedryf Toneel 7&8 Flashcards
Wie skryf die brief wat hulle vir Benjamin wil stuur?
Kittie
Hoekom wil Fiela hoor of dinge verkeerd gegaan het?
Sy wil meer kan doen as net bid vir hom.
Watter goeie raad gee sy vir Benjamin in die brief?
Sy sê dat dit maklik is om te val, maar dat as jy eers weer opstaan, kry jy nuwe krag om op te bly.
Wat gebeur op die ander grond wat Fiela vir Benjamin gekoop het?
Hulle het daarop begin bou.
Wat het met Tollie gebeur?
Hy is in die tronk omdat hy dronk was en iemand met ‘n mes gesteek het.
Watter interessante nuus het Selling om oor die volstruise vir Benjamin te vertel?
Iemand het Pollie en Skopper se kuikens gekoop en wil hulle Australië toe neem.
Vir wie stuur Fiela groete?
Nina
Watter nuus kom deel Lukas met John Benn. Noem twee dinge.
Sy naam is eintlik Benjamin Komoetie en dat hy net gaan uithelp tot Kaliel weer reg is om sy spaan te vat.
Wat leer ons oor die van “Komoetie”?
Dit is ‘n eerbare Hottentotnaam.
Hoekom wil Lukas na Nina toe gaan? Noem twee dinge.
Hy wil vir haar sê dat hulle nie regtig broer en suster is nie en dat hy verlief is op haar.