Pryselied Flashcards
Maak ‘n lys van Nelson Mandela se fisiese eienskappe wat in die gedig genoem word. Noem ook in water reels die eienskappe genoem word.
skraal skouers (r.4); hare wat swart en grys is (r.5); sandkleurige vel (r.6); vlesige palmkussings (r.8)
Hoekom, sou jy se, dat dit belangrik is om in pryselied te noem dat die persoon uit ‘n gevestigede familie kom?
Omdat hy/sy ‘n belangrike rol gaan speel, laat dit almal gemaklik en veilig voel as hulle weet die persoon kom uit ‘n gevestigde familie.
Wat sou ‘n moontlike definisie kon wees van “heelmaker”?
Iemand wat dinge regmaak tussen mense en vrede bring.
Verwys na strofe 3. pas telkens die aanhalings in Kolom A by die beskywings in Kolom B
- 1 “hy wat nie lag en nie huil nie”
- 2 “eerste ratelaar van Umkhoto we Sizwe
- 3 “die swart pimpernel”
A. Dis deel van sy politiese geskiedenis
B. ‘n Bynaam wat daarop dui dat hy soms weggekruip het
C. Hy is standvastig en kan sy eie emosies onder beheer hou.
- 1 C
- 2 A
- 3 B
(a) Waarom word daar in reel 23 verwys na ‘n “getrokke tak”?
(b) Bespreek die metafoor in reel 23 en 24
(a) Nelson Mandela se naam beteken “getrokke tak”
(b) Blare wat van ‘n tak afval en wyd versprei, word vergelyk met die wydverspreide invloed wat hy op mense gehad het.
Hou sou jy ‘n “opspoorder van harte” beskryf?
Iemand wat dit regkry om ander lief vir mekaar te maak.
Vervang die woorde tussen hakies met jou eie woorde “hy maak die (7.1 parte) bymekaar van ‘n (7.2 verskeurde) land”
- 1 dele
- 2 stukkende
Kies telkend die korrekte beskrywing:
Hy draai ons NA mekaar vir (8.1 aanvaarding/aantygings) en VIR mekaar vir (8.2 onderwerping/ondersteuning)
- 1 aanvaarding
- 2 ondersteuning
Watter idee word geskep met die gebruik van “stig” vrede?
Hy maak vrede oral; dit is baie belangrik vir hom.
Waarom kan vrede as die ma van groot nasies gesien word?
Die mees suksesvolle nasies sal die nasies wees waar vrede heers.