Palimpses Flashcards
Hoekom dink jy is palimpses in antieke tye gebruik?
Om papier of perkament te vervaardig, was ‘n lang en duur proses en dieselfde stukke papier kon herhaaldelik gebruik word.
Waarom is dit nie meer so algemeen nie?
Deesdae is papier vrylik beskikbaar teen min geld en mense hoef nie meer oor en oor op dieselfde papiere/ seildoeke/ te skryf nie.
Haal uit die eerste strofe ‘n voorbeeld van personifikasie aan.
“Bome skryf teen die blou kreukellose lug “
Hoe word die idee van “skryf” in die tweede strofe herhaal?
Die bome het in strofe 1 teen die lug geskryf en nou skryf die digter op die papier.
Waarom gebruik die spreker polisindeton (en…en…en) Gee twee redes.
Die funksie van polisindeton is om elke aspek afsonderlik te beklemtoon. Dit beklemtoon die lang proses
Hoe reageer die bome op al die dinge wat aan hulle gedoen word?
Hulle bly stil. “Stil is die bome;” “stil, net tot…”
Een van die belangrikste funksies van enjambament is dat versreels vinnig gelees word. Hoekom gebruik die spreker hierdie tegniek in die tweede strofe?
Dis asof die bome nou hulle “stemme” gekry het – hulle kan nou hulle gevoelens deur die skrywer se woorde weergee.
Haal een klanknabootsende woord aan uit die tweede strofe. Hierdie woord ruim met watter woord in strofe 1?
Kletterende ; plet
Watter woorde dui aan dat die hout van bome op vele maniere gebruik kan word? Haal drie verskillende woorde aan.
saag, maal, plet
Dis asof die skrywer die pyn van die boom verwoord. Stem jy saam met hierdie aanname? Gee ‘n rede.
Ja. Dis eers wanneer die skrywer op die papier sy “hele gamma van woord en pyn” tik dat die boom sy stem kry.